Teen die tyd is julle seker al moeg gelees en geluister na die nuwe baba! Wel ek nie… dis altyd lekker om van nuwelinge te hoor!
Ek is net bly ons het darem al ‘n foto gesien! Nie dat ons al een van North West gesien het nie, shame haar ouers is seker besig om te kyk wie die meeste geld vir hulle sal gee vir daai eerste foto!
So wat dink julle gaan die klein of te wel groot mannetjie se name wees? Sy Pa se name is William Arthur Philip Louis… Oupa is Charles Philip Arthur George en Oupagrootjie Philip.
Almal dink George… wat dink julle?
Vraag vir die dag: Die nuwe Prins is nou 3de in lyn vir die kroon, wat beteken Harry is nou 4de… wie is lucky number 7?
Klip! Klip! Het jy gesien? Hy het n oulike blink kaalkoppie. Is sy naam nie george michael nie? Sewende in die ry? Eugenie? Beatrix?
Oepsie. Die arme kind dra hom ook lam aan die name. George Alexander Louis.
Sy koppie lyk amper soos onse president s,n.
Skuus vir my onsmaaklike opmerking. Ek besef weereens dat ons almal in God se ewebeeld geskape is.
Gaga ou nagskof so ini koue Klip? Sterkte en leke werk.
Dankie Olga , lyk my klasvakie het ook nog nie sy draai daar by jou gemaak nie.
Klaas vakie is na al die jare nog vreeslik stief met my.