Eie Planeetjie

7 07 2013

Julle weet teen die tyd dat dit nie veel vat om my klein brein heeltemal te fassineer nie.  Die onlangse sirkus omtrent Kleinfontein het juis weer my grysstof laat oortyd werk.

Vir diegene wat dit dalk gemis het.  Kleinfontein is ‘n dorpie buite Pretoria waar net blanke Afrikaners wat afstammelinge van die Voortrekkers en tot die regte geloof (kerk dalk?) welkom is.  Hulle het die koerante gehaal omdat hulle nie ‘n swart man wou toelaat om in hulle plek grond te koop nie.  Natuurlik het almal weer ‘n plekkie op die seepkissie gesoek om die bal tot hulle voordeel te speel.

Eerlik verstaan ek nie die hele obsessie van ‘n volkstaat nie.   Dit is amper asof die Groot Trek nog nooit einde gekry het.  Iewers het iets deur gedring dat daar nie ‘n “eienaarlose” plek is nie.  Nogtans word daar gehoop vir ‘n mishopie waarop goedgekeurde Afrikaners wat aan sekere kriteria voldoen kan koning kraai.

Die voorstaanders vir die konsep sê dit gaan nie oor velkleur nie.  Eerder ‘n geval van soort soek soort.  Die teenstaanders reken weer dat dit net nog ‘n vorm van apartheid is en dat dit niks minder as rassisme is nie.  Daar is mense wat die Volkstaat bittereinders staande toejuig en ander wat hulle oë rol.  Soos julle al seker afgelei het, is ek van die groep wat my oë rol.

Die dae van kolonialisme is lankal verby.  Ek vind dit half simpel dat mens in ‘n land waar die meerderheid van die bevolking swart is, jou eie land wil begin.  Elke land in die wêreld het ‘n gemengde bevolking tot ‘n mindere of meerdere mate.  As elkeen hulle eie leef leef, is dit nie ‘n krisis nie.  Gaan jy regtig gelukkiger wees as almal om jou een taal praat, dieselfde ras as jy is en saam met jou Sondag in die kerk sit?  My nederige mening is dat dit ‘n resep is om eng lewensuitkyk te verseker.  Vaal en vervelig.

Aan die ander kant is ek nou ook nie juis lus om die heinings om Kleinfontein of Orania te gaan afbreek nie.  As hulle niemand kwaad doen nie, hoekom die mense nie in vrede los nie?  Niemand word tog daarin gedwing nie?

Soos ek verstaan het Kleinfontein ontstaan toe ‘n groep mense twee plase gekoop het om hulle eie dorp aan te lê.  As hulle niemand in die proses na gekom het nie, kan hulle seker maar leef soos hulle wil.  Daar is natuurlik die kwessie van diskriminasie op grond van ras.  Ek wonder egter of die swart koper regtig ‘n intense begeerte het om daar te bly en of dit net gedoen is om die gemeenskap daar af te pis.  Dit is moedswilligheid.  Wat hoop hy of sy om daarmee te bereik?

Kom dit daarop neer dat ons elkeen net hulle eie stukkie son moet gun?  Niks wat forseer word dra ooit goeie vrugte nie?  Tog moet daar iewers ‘n streep getrek word.

Wat dink jy van ‘n Volkstaat?  Nuwe apartheid?  ‘n Naiewe drogbeeld?  Of soort soek soort?

Hoe sal jy jou mishopie wil bevolk?

Breinvasbrand:  Wanneer is Kleinfontein gestig?

Breinlosbrand:  Olga was reg met 2011

 


Aksies

Information

6 responses

7 07 2013
Olga

EERSTE!!!!
1992???????

Het jy opgemerk? Die groepie witmense het nie hulle ma se pa se tatta se oempie se ouma se moer aangehaal as rede dat hulle die twee plase gratis en mahala moet kry nie. HULLE HET DIE GROND GEKOOP. Hulle kan daarmee doen wat hulle wil!!!!!!!!!!

Verder, is 100 eenhede krag in die lokasie en 0 tot 50 eenhede in die dorp nie NEPOTISME sowel as rassisme nie?

Wat noem jy R200 000 000 wat uit staatskas op een mens se eie private woning uitgegee word?
Dit kon amper n Grootfontein gebou het.

10 07 2013
Olga

Hier voel ek lus om soos Mannemarak te sing. Op my planeet, eisj Bessie. Is dit nou nodig om so beledigend te wees?

10 07 2013
gerdajansen1

het bessie gese jy moet ver van idols wegbly?

10 07 2013
gerdajansen1

daar is niks fout met ons planeet nie. maar wel met die mense wat die planeet bewandel. ek is seker 3 uit elke 4 mense in sulke volkstate suig aan die agter speen. ons blankes kan ongelukkig nie bestaan as ons nie kan verdruk nie.

12 07 2013
Olga

Ag ne? Praat vir jouself.🙄

20 07 2013
gerdajansen1

hello? wat gaan hier aan? hoekom gaan daar weke verby sonder n nuwe post? wie of wa hou jou so besig dat die beste blog al begin rigor mortis kry?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: