Vliegervaringe

1 07 2013

jetsetter (450x640)

Ek sal myself nou nie ‘n jetsetter noem nie, maar ek het nie genoeg vingers om elke vlug waarop ek was te tel nie.  Ek het daarmee ‘n paar ervaringe opgetel waaroor ek nou nie sal spog nie.  Ek was al die laaste passasier op ‘n vliegtuig waarvoor al die ander hande geklap het terwyl hulle my saggies vloek.  Nou nie juis een van my gunsteling herinneringe nie, maar dit is stukke beter as om die vliegtuig heeltemal te verpas. 

Soos reeds genoem, is ek nou nie heeltemal onervare nie.  Ek sal nie begin bid wanneer die vliegtuig begin skud nie, ek was al vasgekeer of ‘n vlug waar die toilette nie meer wou spoel nie en ek het al een van elke soort as buurman/vrou gehad.  Gewoonlik is daar nie veel om oor te vertel van ‘n vlug nie, maar ek het darem iets om eendag met my kleinkinders te deel. 

Vandag wil ek hoor wat was die vreemdste vlug waarop jy al was. 

Ek sit eendag op ‘n vliegtuig, doodverveeld en baie dankbaar toe ek voel dat die wiele uitskop.  Dit is enkele oomblikke van landing af, toe ‘n nar besluit om nou uit die badkamer te kom.  (Dit kan dalk wees dat die kelners al ‘n ruk lank sy gat gelek het om uit te kom, maar tot op die punt was dit nog redelik privaat.)  Die kelners versoek hom toe dringend om in die naaste stoel te sit, maar die idioot weier.  Op een of ander manier laat weet die kelners agter in die vliegtuig, die kaptein voor in die vliegtuig en ons amper-landing word gekanselleer. 

Daar begin ons om die lughawe te sirkel, terwyl die sot weier om sy agterent in ‘n stoel te druk.  Die kelners praat mooi, maan ernstig, pleit, dreig, soek booie – maar niks.  Die man weier om te gaan sit.  Hulle dreig later geweld, maar hulle kon net sowel met die sitplek gepraat het.  Die man het besluit hy staan en al sirkel ons al vir 20 minute, sy besluit is finaal. 

Die een kelner is toe na die bestuurskajuit om (neem ek aan) die kaptein se toestemming vir geweld te kry.  Skielik dring iets tot ‘n baie dik kop deur en die outjie gaan sit. 

Tot vandag weet ek nie wat sy storie is nie.  Die kelners is ook seker nog steeds in die donker oor hoekom hy nie wou gaan sit het nie.  Ek is nie eers seker of hy self weet wat in hom gevaar het nie.  Hoe dit ook al sê, met die wat hy gaan sit het, kon ons uiteindelik land.  Waar ons toe ook mooi vriendelik versoek is om te bly sit tot die polisie hulle ding kom doen het.  Natuurlik het niemand eers gedink om hulle bene te rek nie, seker bang hulle mis iets. 

Gelukkig was daar ‘n hele troep polisielede naby om die moedswillige vent van die vliegtuig af te gaan haal.  Wat hy bereik het, weet ek nie.  Dalk wou hy net heel eerste van die vliegtuig afkom. 

Net nog ‘n geval van hoe Hollywood ons denke besoedel.  Ek het aangeneem daar is ‘n polisielid op elke vlug.  Die storie is nou met feite bederf. 

Vertel ‘n bietjie wat het jy al op ‘n vliegtuig of lughawe ervaar.  Wat sal jy graag nog wil ervaar of wat hoop jy om nooit te ervaar nie? 

Ek


Aksies

Information

21 responses

1 07 2013
Olga

EERSTE!!!!!!!!!!
NIKS VRAAG NIE?

2 07 2013
Xena Phoenix

Skies

1 07 2013
Olga

Ek kan die kere wat ek gevlieg het, op die vingers van een hand tel. (Die wat ek kan onthou.) Ek wil tog nooit beleef hoe die vliegtuig val nie. Ek wil ook nie die lughawe sirkel nie. As ek daar is wil ek kan afklim en wegkom. Ek wil nooit enige iets belewe wat my langer op die vliegtuig gaan hou as wat nodig is nie.

2 07 2013
Xena Phoenix

Mens sirkel nogal dikwels ‘n lughawe. Het al baie met my gebeur. 😉

Ek soek net ervarings waaroor ek kan praat. As die vliegtuig val, dink ek nie ek sal veel te sê hê nie. So ek sal dit skip. Ek wil graag ook nie deel van ‘n gyselaardrama of kapery wees nie.

1 07 2013
MaanKind

Ek het twee baie erge ervarings gehad. Eendag blog ek daaroor.

2 07 2013
Xena Phoenix

Sien uit daarna. 😀

1 07 2013
seegogga

Wel, die eerste keer toe ek vlieg, gooi die redery mos my tas met al my kleertjies vir my eerste oorsese trippie weg. Ek was 6 weke in Europa met net die klere aan my lyf. Genadiglik het ek my warm sybokhaartrui en my ma se all weather jassie as handbagasie saamgeneem, want met my kortmou T-shirt sou ek dit nie in die Europese winter oorleef nie.
En baie vlugte later het ons so 2 jaar gelede ‘n nag in Istanboel oornag, omdat die lugredery dit nie veilig geag het om ons direk Kaap toe te neem nie. Dit was puur plesier!
Verder was parrty stamperig, party kalm, en party het mooi vlieeniers soos Ion de Vos gehad.

2 07 2013
Xena Phoenix

Touch Wood! Touch Wood!! TOUCH WOOD!!!!!

Dit is een ervaring wat ek met die grootste liefde skip. Ek en my tas beter onafskiedbaar wees.

2 07 2013
seegogga

ha1 dis die dinge wat die lewe intererssant maak!

2 07 2013
Korrelkop Kahuna

Twee weke gelede het die passasiers op die vlug waarop ek was ook hande geklap vir twee manne wat eers nog ‘n loopdop by die kroeg op die lughawe gevat het voor hulle die vliegtuig bestyg het. Een van die sittende passasiers het ‘n smalende aanmerking gemaak toe die twee in die gang afkom en toe gaan brandewyn se brieke los. Die woordewisseling wat gevolg het, en die tyd wat dit geneem het om die saak tot bedaring te bring het die vlug met ‘n halfuur vertraag.
Ek het al twaalfuur opgestyg van Lanseria af met ‘n vlug wat al sesuur moes vertrek as gevolg van mis. ‘n Baba het al sy bottel melk mondelings deponeer in my hemp se bosak, ek was al op ‘n vlug wat moes omdraai en weer gaan land weens tegniese probleme. Ek was al in die middelse sitplek ingeprop met Toks van der Linde en nog ‘n groot ou weerskante van my. Ons moes gesinchroniseerde draaibewegings uitvoer van een boud na die ander omdat ons drie bloot nie in die ry ingepas het nie.
Ek het eenkeer besigheidsklas gevlieg Windhoek toe, en ek sal nogal nie omgee om dit meer gereeld te doen nie. Ek was nog nooit in ‘n vliegtuig wat ‘n noodlanding moes uitvoer of wat moes uitwyk na ‘n ander lughawe nie, en ek het nog elke keer my bagasie ongeskonde teruggekry. Ek sal dit graag so wou hou.

2 07 2013
Xena Phoenix

My vlug van die Kaap van Storms was 18h30. Ons het eers 01h00 (let wel, die oggend) opgestyg. En ek moes iemand 05h00 die volgende oggend gaan optel het. Ek dink ek het gedreig ek sit nooit weer my voete in die Kaap nie.

2 07 2013
Klip

Daai ou het seker in sy broek geskyt toe wou hy nie weer daarin gaan sit nie.

2 07 2013
Sonlig

Ek het ook nogal dieselfde gedagte gehad…

2 07 2013
Xena Phoenix

Dit maak nogal sin. Ek wonder of hy nie hoog was nie – figuurlik bedoel ek nou.

2 07 2013
Klip

An atheist was seated next to a little girl on an airplane and he turned to her and said: “Do you want to talk? Flights go quicker if you strike up a conversation with your fellow passenger.”

The little girl, who had just started to read her book, replied to the total stranger: “What would you want to talk about?”

“Oh, I don’t know,” said the atheist. “How about why there is no God, or no Heaven or Hell, or no life after death?” as he smiled smugly.

“Okay,” she said. “Those could be interesting topics but let me ask you a question first. A horse, a cow, and a deer all eat the same stuff – grass. Yet a deer excretes little pellets, while a cow turns out a flat patty, but a horse produces clumps. Why do you suppose that is?”
The atheist, visibly surprised by the little girl’s intelligence, thinks about it and says: “Hmmm, I have no idea.”

To which the little girl replies: “Do you really feel qualified to discuss God, Heaven and Hell, or life after death, when you don’t know shit?”

And then she went back to reading her book.

2 07 2013
The Rider

Toe Sudan Airways onder onse gatte uitverkoop is terwyl ons in Europa was en dit eers op Gatwick uitvind toe ons wou terugvlieg… Ons was sonder geld- alles geblaas soos op ‘n goeie rugsaktoer. Toe moes ons in die lughawe wag vir geld om inbetaal te word deur die paniekerige familie, en toe wag vir plekke om oop te gaan op British Airways se repatriasievlugte… Dit was interessant daar op die lughawe sonder enige geld vir selfs koeldrank. Eers 24 uur later gevlieg, maar toe was British Airways se kos darem baie lekker! En in vergelyking met Sudan Airways se minus 5 ster diens was dit baie, baie lekkerder om so terug te vlieg. Die Sudan vlug se toilette was al erens oor Zimbabwe verstop, en die drinkwater het erens oor Kenya opgeraak, die lugversorging was stukkend en dit was helwarm in die DC 10 vliegtuig (die laaste een wat nog nie geval het nie…) In Khartoum was die vliegtuig omring deur die weermag met AK 47’s en niemand mag opgestaan het en badkamers toe gegaan het in die 2 ure oorstaan nie… So dit was nou ‘n verstopte toilet ervaring….

2 07 2013
Xena Phoenix

Nou dit is ‘n storie en ‘n half. Ek neem aan dat dit ‘n ervaring is wat jy nooit weer oor sal wil hê, maar wat jy graag oorvertel. Verseker ‘n onvergeetlike vakansie.

2 07 2013
Klip

Het eendag op vlug af Durban toe langs n indian gesit , en sy longe het beslis in die stront gehang , en die knaap kon nie sy bek hou nie. So gepraat van verstopte toilette…..

2 07 2013
Xena Phoenix

Mens kort ‘n medalje vir dapperheid as jy ‘n hele vlug langs iemand moet sit met stink asem.

Ek was eendag op ‘n vlug saam met ‘n ou wat vooruit gerook het vir ‘n vlug van 12 ure. Ek sou met graagte op die vlerk gaan sit het, ek sweer.

2 07 2013
Olga

Die menslike Maltesers.

13 08 2013
Toortsie

Ek het al meermale “turbulensie” ervaar, maar Desember verlede jaar was ek met die 4×4 vliegtuig roete Lanseria toe…

Lewer kommentaar op Klip Kanselleer antwoord