Flavia: Laviga en Lispiek

8 06 2013

Ek het hierdie brief van Flavia ontvang en ek moet dit net plaas. 

Ja, Laviga het uiteindelik haar kat gekry.  Omdat Lispiek ‘eyeliner’ het, het die dom heks besluit sy dra Lipstiek.  Wat in haar woordeboek Lispiek is. 

922744_10151662375343833_191496117_n

Goeie more Juff Phoenix

Ek sien my niggie Laviga, het klaar by haar vriendin Olga gaan spog oor haar …..harump….., perd.  Ek wil dit asseblief aan julle opklaar.  My dierbare niggie sukkel nou al ‘n geruime tyd op skool, maar ek dink tog meeste van julle weet dit reeds.

Die keer het sy egter haar kursus baie goed geslaag.  Dit was die kursus in VERSORGING VAN ‘n ANDER.  Of baie ander op een tyd.  Die
eksaminators het dit goed gedink om Laviga met ‘n …..harump….. perd te beloon.  Maar voordat julle almal haar nou wil aanstel as kinder oppasser ‘n woord van waarskuwing. Sy het een area waarin sy nie kan hond haaraf maak nie.  Dit is dissipline.

Elke keer as haar sorgelinge stout was, was Laviga die voorbok.  Sy het dus die PERsiese KAT gekry om die toepassing van dissipline te oefen.  Eers nadat sy die baie belangrike kursus geslaag het, sal sy met ‘n lapel kenwapen beloon wat haar sal eien as ‘n oppasser van lewende wesens jonger as syself.

Ons wil egter ‘n beroep op al haar blogvriende doen om haar te monitor en raad te gee oor hoe beste om dissepline toe te pas deur middel van
leiding neem.  Nie as voorbok in die kattekwaad wat gepleeg word nie, maar om hulle WEG van versoeking te lei voordat hulle kan kwaad doen.

Om af te sluit, VEELSGELUK AAN MEJUFFROU LAVIGA VAN AARDLEVEN MET JOU GOEIE PRESTASIE.  Ek sien uit om jou mentor op jou volgende kursus te wees.

Baie dankie vir u bereidwilligheid om Laviga se opleidings mentor te wees, goeie Juf Phoenix.  Ook vir almal wat haar gaan monitor, baie dankie.

Voorspoed
Die uwe
(Mej) Flavia 4Awl

Laviga dra die kat onder haar hoed rond.  Altyd geweet haar bossiekop is vir iets goed. 


Aksies

Information

6 responses

8 06 2013
Laviga Heks

😥 Julle is lelik met my! En ek is die enigste heks wat hier met die rekendingetjie speel! En Lispiek is g’n niks stout nie!!!😡

8 06 2013
Laviga Heks

👿 Tsk!!!

Wat is nou so vreeslik aan skattejag? Lispiek wonder maar net of daar n skat in die kas is en dan wonder ek ook!! Dan kan ons nie kondensmelk tot ons gaan seker maak nie!!

Sien?

Niks fout met my daisies nie!

8 06 2013
Olga

Ai Viga, julle moet KONSENTREER. Lispiek moet mos leer om soet te wees. Anders gaan sy die mooiste STOUTSTE katjie wees.

9 06 2013
Laviga Heks

Maar Tannie Ougat, sy is mos soet. Dissie haar skuld as my kossies lekkerder as hare is en sy wil proe nie.

9 06 2013
Olga

Ek glo nie sy mag jou kossies eet nie, Viga. Daarom moet jy fern wees en sê “Nee Lispiek.” Terwyl jy jou hande hard klap. Net een keer. Dis maklik, doen dit net.

12 06 2013
gerdajansen1

julle maak my net weer jaloers met dai mooi kat. askies, perd. maar baie geluk laviga.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: