Sharing is Caring ;-)

5 06 2013

As daar nou twee mense van die Bybel is met wie ek kan identifiseer, is dit Petrus en Thomas.  Ja, Ongelowige Thomas wat geweier het om te glo tot hy sy vinger in die spieswond kon druk.  Ek verstaan presies waar daardie denke vandaan kom.  Nie dat ek vanaand Bybelsake wil praat nie, kom ons volstaan maar dat ek nogal swaarsluk aan mense se slimstories.  Ek oorweeg alles, maar word eers met die nodige bewyse oortuig.  My bang hare het dalk uitgeval, maar my versigtiges sit nog pik.

Vreeslike lang aanloop, maar ek moet my lot vandag aan julle bekla.  Sien, gewoonlik dink ek dit is nogal ‘n goeie ding dat ek so katvoet is.  Toe Ayesha Gaddafi my ‘n paar weke terug geëpos het en vir hulp gesmeek het, het ek my daaraan afgevee.  Nie omdat ek daaruit genot put om ‘n ander hulp te weier nie.  ‘n Mens kan dit in elk geval seker nie hulp noem nie.  Sy het aangebied om enige iets wat sy met my samewerking sou kry met my te deel.

Die ongeluk is dat ek sommer summier (ironies genoeg sonder enige bewyse) aangeneem het dit is spam.  Ayesha het ‘n goeie vier kere vir my dieselfde epos gestuur.  Al wat sy gevra het is dat ek help om haar pa se fortuin in die hande te kry.  Dit is nou nie of Ayesha sommer net kan instap en haar erfporsie kan opëis nie.  Die CIA tel seker elke druppel wat sy piepie.  Ek hoef haar maar net toestemming te gegee het om my naam te gebruik.  En dan sou sy gedeel het: 50/50.

Toe vang slim sy baas.  Ek stuur elke een van haar desperate eposse reguit na Junk Mail.  Ek dog toe mos nog dit is spam.  Ek weet Gaddafi het geld gehad, soveel as die stofkorrels in sy land en meer as genoeg om te deel.  Hoekom sou Ayesha juis vir my gevra het om haar te help?  Sekerlik is daar iewers ‘n familievried of lojale bediende wat kan uithelp.

Die week kom ek toe mos effens te laat agter die kap van die byl.  Daar is meer as R10 miljard Gaddafi kontant, goud en diamante in Suid-Afrikaanse banke.  Sien, Ayesha het toe geweet wat sy doen.  Plaas het sy eerder net aan my deur kom klop.  Ek sou daarmee kon aftree het en alles kon doen wat ek in my wildste drome oor gedroom het.

As ek maar net op haar pleidooi gereageer het.  As ek nie summier goed sonder bewyse as spam gemerk het nie.  As ek maar net ‘n bietjie in die mensdom geglo het.

As . . . as is gebrande hout en ek het my kanse verbrou.

Nou wonder ek: het Ayesha een van julle dalk gekontak?  Ek sou jou help en ek vra net 10% van die totale wins.  Dit los jou nog met 40%.  4 keer meer as Suid-Afrika se begroting.  Moet nou nie suinig wees nie.

Breinvasbrand:  Wanneer is Muammar Gaddafi dood?

Breinlosbrand:  Olga was reg met ‘n teddiebeer.


Aksies

Information

3 responses

5 06 2013
Olga

EERSTE!!!!!!!!!!!!!!!!1

5 06 2013
Olga

20 /10/2011

Goeie aarde, ek sou haar ook graag wou help.

7 06 2013
Klip

Sy het my ook gekontak, haar foon nr gelos. Ek en sy het nou n sake ontbyt oor n week. Sy kry net haar pampiere reg. Ek het haar voorlopig my bank besonderdhede gegee as ook my pin , dan kan sy sommer self geld trek. Mev Klip is nogals in haar noppe dat ek ook nou sulke hooggeplaaste en ryk mense as vriende kan noem

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: