Goeie huis

3 06 2013

Ek kry noudie dag die BBM:  “Weet jy van iemand wat ‘n blinde, gestremde seun ‘n huis voor sal gee?”  My eerste gedagte was: “Flippen hel, is die kind dan nou ‘n hondjie?”

Almal het dit al teëgekom.  Sannie se kat het 4 kleintjies wat almal nou vir goeie huise soek of Pietie gaan trek en daar is nie plek vir sy geliefde boerboel nie.  Nou soek Pietie vir iemand wat sy Knersus sal inneem en baie goed sal versorg.  Sannie en Pietjie is altwee goeie mense en hulle soek regtig baie hard vir ‘n plek waar hulle dierevriende veilig, gelukkig en welkom sal wees.

Die Seuna het nie die luukse nie.  Sy ma sien doodeenvoudig nie kans om na ‘n ernstige gestremde seuntjie om te sien nie.  Sy het hom soos verlede week se koerant weggegooi.  Net vir hom, nie sy SASSA kaart wat hom toekom nie.  Dit kan sy baie beter benut as hy nie in die omtrek is nie.  Ek durf seker nie my mening gee van haar as moeder nie, maar die SASSA kaart storie ruik sterk na bedrog.

Nou hang dit van ‘n vreemde vrou, wat die familie nie eers ken nie, om vir die seun ‘n veilige huis te soek.  Die engel het self ‘n gestremde kind om na omtesien.  Die mense waar hy nou is, het blykbaar nie die hulpbronne om hom behoorlik te versorg nie.  Die hoop beskaam egter nie dat daar iemand sal wees wat hom in liefde sal kan inneem nie.

Ek verstaan dat ‘n kind ‘n ontsettende groot verantwoordelikheid is.  ‘n Kind met spesiale behoeftes nog meer so.  Tog behoort dit nooit nodig te wees om vir ‘n mense maaksel ‘n huis te soek nie.  Die ironie het my egter nie ontgaan nie.

Sien, hemel en aarde word altyd beweeg om ‘n erg getraumatiseerde dier ‘n goeie huis te gee.  As die Seuna ‘n hond was, het die diereregte organisasies vir hom ingespring, sy lot in elke koerant bekla en 10 000 mense gekry wat sou baklei om vir hom ‘n huis te gee.  Waar is daardie genade waar dit die mens aangaan?  Hoekom word daar nooit so fel geëis vir barmhartigheid waar dit mense aangaan nie.  Hoekom is daar om elke hoek en draai organisasies wat diere ‘n vesting bied, maar die vir mense word weggesteek?

Op die ou einde kan so ‘n dier uitgesit word as dit nodig is.  ‘n Erg gestremde kind kan nie.  Tog is daar baie min aktiviste wat vir sulke kinders (sulke grootmense en sulke ou mense ook, om nie eers te praat van gewone mense nie) vir genade gaan soek.

En dit voel verkeerd.  As Langehoven vandag gelewe het, sou hy geen nut aan ‘n gedig van “Ag wat, dis maar ‘n hond nie” gehad het nie.  Dit is seker maar vandag “Ag wat, dit is dan nie ‘n hond nie”.

So vandag lig ek my hoed vir mense wat die stryd saam met erg gestremdes stry, mense wat oorneem waar ander nie meer kans gesien het nie en mense wat nog genade het vir die wat dit die nodigste het.  Hulle word te min onthou.

Breinvasbrand:  Wat is Avril Elizabeth Home se mascot?

Breinlosbrand:  Girl interupted.

Advertisements

Aksies

Information

4 responses

3 06 2013
0716124844@mobileemail.vodafonesa.co.za

Amen ek voel net so! Hoe kan daai ma so iets doen?
Sent via my BlackBerry from Vodacom – let your email find you!

3 06 2013
Olga

Dit is so sad. Weet jy, ek sal die kind wou neem. Nou gaan dit klink asof ek ekskusies aanvoer. Die naaste plek waar so ‘n kindjie gespesialiseerde hulp sal kan kry, is oor ‘n 100km. Hoe gemaak as daar ‘n krisis is? ‘n Bietjie liefde en baie geduld maak alreeds ‘n goeie begin?????

3 06 2013
Olga

Verdwyn alles weer vandag? Ek moet die wind ‘n boodskappie los om daar AE beertjie te los.

4 06 2013
gerdajansen1

dit kan n wit kindjie wees. as dit n swark was het almal vuis geslaan om die kind te kry sodat hulle kan wys wat se goeie boetie of sussie he hulle geword wanneer hulle die gestremde blinde kind aan die hand deur die mall lei. binnekort gaan drop die “ma van die jaar” seker nog n kind om op dai sassakaart groot te maak.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: