Desperaat of Dapper

14 05 2013

As daar nou een ding is wat die Herriemerrie kan waardeer, is dit ‘n goeie geveg.  Ek kan seker ‘n boek skryf van al die vereistes waaraan ‘n goeie geveg moet voldoen.  Ek het bewondering vir iemand wat die durf het om teen die ondeurdringbare op te staan.  Hy of sy hoef nie eers te wen nie, die blote feit dat hulle tot die geveg toetree maak reeds ‘n impak.  Sou hy of sy as oorwinnaar uittree, maak dit my sommer liries.  Ek haal enige dag my hoed vir iemand af wat nie gaan lê nie – seker omdat ek self te dom is om op te gee.

Vandag het die wêreld gegons oor Angelina Jolie se voorkomende masektomie.  Jolie se ma is op 56 jaar weens borskanker dood.  Jolie het gevrees dat sy een of ander tyd in haar ma se voetspore gaan volg.  Waar gewone siele maar getrou voel vir knoppe, het sy gaan seker maak of sy die gevaarlike geen geërf het.  Haar vrese is bewaarheid, sy is ‘n draer van die BRCA1 geen.  Daarmee saam het sy ‘n 87 % kans gehad om borskanker en ‘n 50% kans vir eierstokkanker.  Nie juis goeie vooruitsigte nie.  Dit is amper nie eers ‘n kwessie of sy gaan borskanker kry nie, maar wanneer.

Jolie was egter nie van die soort wat gaan oë toeknyp en wag vir die beste nie.  Sy het ‘n masektomie vanjaar ondergaan om die skaal in haar guns te draai.  Nadat haar borste verwyder is, het sy nou minder as 5% kans om borskanker te ontwikkel.  In Amerika word 12.4 % van alle vroue getref deur borskanker – Jolie se kanse is dus onder die gemiddeld.  Die operasies het in die geheim geskiet, maar Jolie het dit self aan die wêreld verkondig nadat die proses afgehandel is.  Dit was haar besluit en dit was op haar terme gedoen.

Die aanvanklike nuusdraers het Angelina Jolie geloof vir haar dapperheid.  Tog het die gewone sterflinge dadelik gedink dat sy mal is.  Soos gewoonlik was ek ‘n draadsitter.

Aan die een kant voel dit verkeerd om iets wat niks makeer te laat verwyder.  Alle operasies is aan risiko’s verbonde.  Sou sy gereelde ondersoeke ondergaan, sou die kanker betyds opgetel geword het.  Sy sou dalk in elk geval nie ‘n kankerslagoffer geword het of daaraan gesterf het nie.

Tog, daar is net mooi niks romanties in die stryd teen kanker nie.  As jy dit kan vermy, hoekom nie?  Voorkoming was nog altyd beter as genesing.  Maar tot watter punt?  Mens kan nie alles laat uitsny wat jou moontlik in die toekoms ‘n kanker slagoffer gaan laat word nie.  Iewers moet daar ‘n lyn wees?  Nogtans is 87% seker ver oor daardie lyn.

Kanker het al baie mense baie desperate dinge laat doen.  Hoekom eers wag vir ‘n diagnose, as ‘n desperate optrede borskanker kan verhoed?

Daar is tog iets soos hoop?  Tog is daar niks verkeerd daarmee om hoop te verstewig nie?

Was Angelina Jolie se masektomie desperaat of dapper?

Dit maak seker nie saak wat mens dit noem nie.  Sy het opgestaan teen haar eie gene (volgens haar) ter wille van haar kinders.  Dit is ‘n geveg waarvoor ek my hoed sal lig.  ‘n Geveg wat ek hoop sy as oorwinnaar sal uittree.

Breinvasbrand:  Vir watter fliek het Angelina Jolie ‘n Oscar vir beste ondersteundende aktrise gekry?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Gill Marcus


Aksies

Information

17 responses

15 05 2013
pienkvolla

Volgens my was sy baie dapper en kan ek verstaan hoekom sy dit gedoen het. Mens se borste maak jou nie vrou nie.

15 05 2013
Flavia

o, waar is my niggie
my niggie
my niggie.
o, waar is my niggie
dai niggie van my.

15 05 2013
Flavia

re die onderwerp …. kan wat in jou gene is, verwyder word?

15 05 2013
Twilight

As ek oortuig was dit sou gehelp het, sou ek haar staande toegejuig het. Maar dit maak net nie logies sin nie… Hoeveel van jou lyf gaan jy kan wegsny as vookomende maatreel as jy wel ‘n draer van ‘n genetiese “setup” is wat meer geneig is tot kanker? Hoekom nie liewer jou gene probeer kul deur jou lewenstyl te verander nie? Nee wat, ek dink die besluit was nie ‘n baie slim een nie.

15 05 2013
Olga

ek weet van ‘n vrou, in die hometown,, in die “80”s. Eers eierstok kanker gekry. Dit oorleef. Toe kry sy borskanker. Eers deur die hel van chemo, toe bestraling. toe seker twee jaar nadat haar hel begin ht, het hulle dubbele masektomie gedoen. Vir omtrent sewe jaar was sy in remissie, toe kom die kanker terug. In die weefsel van die bors wat kankerloos afgesit was. Kanker begin nie verniet met ‘n k nie.

16 05 2013
Natasha

Ek dink dat as my 35 jarige vriendin wat ‘n jaar gelede ‘n masektomie met chemo en bestraling moes deurgaan, ‘n keuse gehad het, sou sy net die masektomie laat doen het en die chemo en bestraling vermy het.

Dieselfde vir die 33 jarige vriendin wat 6 maande gelede ‘n radikale historektomie, chemo en bestraling moes deurgaan.

Albei vriendinne is gesond, drink nie, rook nie, is fisies aktief, leef “skoon” lewens, alles volgens die boek. Plus hulle is bloedjonk.

Die 33 jarige een moes saam met haar baarmoeder die hoop op haar eie kind laat uitsny. As sy vooraf geweet het, sou sy plan gemaak het om vroeer kinders te he of om eiers te laat vries.

Ek dink dis dapper. Dalk nie noodwendig nodig om dit aan die wereld te verkondig nie (dis bietjie Diva’rig dink ek), maar as ek die keuse gehad het sou ek dit ook doen.

16 05 2013
Selene Phoenix

Ek het gesien wat kanker aan ‘n mens en familie kan doen – as jy dit kan vermy hoekom nie!? Haar % was teen haar, en sy het aan haar kinders (daar is 6!!) gedink.

Ek vir een is dood bang vir kanker, en as ek dit kan vermy sal ek probeer!
My oom het gesê net voor sy dood, dat as hy geweet het wat chemo / bestraling aan hom sou doen, het hy dit eerder gelos! So as sy nou daai proses kan vermy, why not! Dit bly tot haar besluit, en haar man het haar bygestaan.

PS: Almal gaan nou tekere ja sy wou net groter borste gehad het ens ens… wat as jy breinkanker het – gaan sy haar brein ook verwyder? Maar ek dink nogsteeds dit was braaf.

18 05 2013
Flavia

nig laviga! is jy alweer gehek?

20 05 2013
Sonlig

My tienerdogter se beste maat se ma het verlede week uitgevind sy het borskanker. Saam met die trauma van die hele affêre, het die wete dat haar kanse om dieselfde paadjie te loop skielik ge”skyrocket” het, hierdie kind soos ‘n koue emmer water in die gesig getref.

Ek dink Angie was dapper – ook om dit aan die wêreld te vertel, want baie kritiek was onvermydelik..

Dis moeilik as mens nie self in daardie situasie is nie, maar wat is erger as om in vrees te lewe? Ek sou dalk dieselfde gedoen doen het – al is dit net vir my kinders. My ma het sonder haar ma grootgeword en ek sien die letsels elke dag.

28 05 2013
Toortsie

Sy was dapper. ‘n Buurvrou van my het dieselfde geen. Sy is nou so spyt dat sy nie destyds, toe haar susters kanker gekry het danksy dieselfde geen, maar voorkomend opgetree het nie. Nou moes sy al soveel verwyder, met die trauma daarmee saam. En kanker is ‘n nare ding. Selfs al is jy “skoon”, hang die swaard altyd. Is haar keel seer, vrees sy dis kanker. Nee wat, as jy reeds weet die moeilikheid staan in hoofletters vir jou en wag, wees hom een voor.

29 05 2013
Klip

Toets 123 Hallo daar

29 05 2013
Klip

Laat ek weer probeer

29 05 2013
Klip

Hoop dit gaan nog sommer baie goed met jou.

29 05 2013
Klip

A woman phones the Sandton Central police station and says,
“My husband went to buy potatoes two days ago and has not yet come back.”
There is a long pause before the cop says,
“Eish Meddem! Can’t you cook something else?”

29 05 2013
Klip

Die onnie lyk kwaad toe hy vra: “Jannie se nou dadelik vir my was dit jy wat gister in my appelboom geklim het om appels te steel?”
Jannie: “Meneer, ek kan nie lekker hoor hier in die agterste ry nie.”.
Die onnie antwoord sarkasties: “Nou maar goed. Laat ons ‘n bietjie sien. Kom sit hier voor op my stoel, dan sal ek op jou plek in die agterste ry kom sit en dan kan jy my iets vra.” Hulle ruil plekke en Jannie doen wat die onnie gese het,
Jannie:“Meneer, wie het gisteraand by my ma geslaap terwyl my pa nagskof gewerk het?”
Onnie: “My jinne , ou Jannie, jy is reg. Hier agter kan ‘n mens glad niks hoor nie. . .”

24 06 2013
Bonita Bezuidenhout

Kruie raak by die dag meer gewild in SA + USA. Essies tee is ‘n kruie mengsel wat genesing bring vir meeste kankers en byna alle ander kwale. Gaan lees meer oor ons produk by http://www.essiestee.co.za of kantak ons kantoor by 028 713 4843 vir meer inligting of ‘n gratis pamflet.

25 06 2013
Olga

is die “essiestee” nie vreeslik duur nie? Dan word verligting of resultate eers na ses maande waargeneem. Kom mens na ses maande agter dis maar net nog ‘n foefie, het die vervaardigers alreeds ‘n goeie bedrag uit ju gemaak.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: