Hoe konserwatief is liberaal

7 05 2013

Ek kan dit ‘n vreeslike diep, gekompliseerde inskrywing maak, maar ek soek eintlik net julle menings.

Die afgelope paar dekades het baie dinge wat eens taboe was, heel aanvaarbaar geword.  Ek kan self sover gaan om te sê dat goed wat voorheen taboe was, is in sommige gevalle die norm.  Ek gaan nie voorbeelde noem nie.  Tel maar enige tydskrif op of kyk na ‘n sepie.  Of gaan loop net ‘n draai deur ‘n inkopiesentrum of ‘n kroeg.

Goed of sleg, dit is ‘n debat vir ‘n ander dag.  Tog neem ek aan dat selfs die mees liberaalste mens iewers ‘n streep sal trek.  Ek wonder net waar die streep is.

Dus, na aanleiding van vanoggend se gesprek op Highveld, gee ek vir julle die volgende skets.

  1. Jou 15 jarige kind het ‘n seksuele verhouding.
  2. Dit is met ‘n onderwyser
  3. Van dieselfde geslag
  4. Van ‘n verskillende ras en / of geloof
  5. Jou kind is nie die enigste nie

Op watter punt kry jy die hartaanval, indien enigsins?  Wat is die verkeerdste punt volgens jou van die scenario?  Wat sou jy gedoen het as jy betrokke was?  Watter aanpassings aan die skets sal dit vir jou aanvaarbaar maak.


Aksies

Information

14 responses

7 05 2013
MaanKind

Dankie vir die perspektief!

7 05 2013
kanwilsal

Meeste van ons se Oumagrootjie se Oumagrootjie het al seks gehad teen die tyd wat sy 13 slaan en getroud teen 14 – Hulle was moer konserwatief daai tyd. Maar dit is waar dat geharde Kommuniste van die 1920’s vandag as konserwatief sou tel as dit by sosiale waardes kom. Ek dink egter verkiesings om sosiale kwessies is soos om duimpie stooi te speel in n hok vol slange.

7 05 2013
The Rider

Ai, moeilike vrae! Ek is seker baie konserwatief, ek pass al by die 1e vraag uit!

7 05 2013
alleman

Punt 2. Komaan, dit is nie, en sal ook nooit aanvaarbaar wees vir onderwysers of grootmense om met kinders verhoudings te hê nie.

Dis totaal iets anders as die ander drie goed, en het niks met konserwatief of liberaal te doen nie, maar basiese reg en verkeerd.

7 05 2013
Gert

Hartaanval = dadelik

7 05 2013
jagternw1976

Nr1 het my oge gerek, Nr2 het my mond oopgerek, Nr3 het ek van my stoel afgeneuk, Nr4 het ek verstik…….

7 05 2013
KarinaKrulkop se Trekjaar

En daar jy dit mooi als in een sin. My verbeelding kan dit nie verwerk nie.

9 05 2013
JWW

Ek is NIE liberaal nie – dis die kanker wat die samelewing en die mens stadig vernietig . . .

9 05 2013
Olga

Vraag is …. weet daardie vyftienjarige dat sy ‘n sekuele verhouding het met ‘n ouer feeks van dieselfde geslag maar ander ras, godsdiens en kultuur? Ek stem met JWW saam, die liberalisme is ‘n kanker, ‘n vretende kanker aan die wereld en haar mense. Waar het ons as ouers te kort geskiet? Hoekom weet ons kinders nie dat seks of enige seksuele omgang met iemand van dieselfde of teenoorgestgelde geslag, EGBREEK is nie? Hoekom is alles altyd geoorloof waar dit seks aangegaan? “Christene” wie met hulle maats saamlewe want mos reg, hulle gaan kamma trou. Hoekom weet hulle nie totdat hulle trou pleeg hulle egbreek nie. Olga, tula.

12 05 2013
vecksy1

Nee wat…… My klein merrie weet sy sal goed gebliksem raak sommer by punt no 1. Ek duld nie sulke stront nie! Daai juffrou sal ek sommer self inni tronk gat smyt en die sleutel by my hou.

12 05 2013
Olga

Jy beter daardie sleutel hou Wk. Wie weet, jy kry dit dalk nodig om my eendag te gaan ontset.

13 05 2013
Selene Phoenix

Klein Merrie is nou eers 15x maande… vra my weer oor so paar jaar! Ek het ampertjies ‘n oorval gekry… maar kyk daai onnie sal nie meer wees as ons klaar is met haar nie!

13 05 2013
gogga

Mmmm ek weet nie hoe kom nie maar ek sal tot by punt 2 kom vir ‘n seun. Maar ek dink as ek ‘n dogter gehad het sou punt even my al last wal gooi

22 05 2013
seegogga

mmmm miskien is ek outyds, Lees ma se seksboek…..

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: