Bacon met kaviaar huistoe bring

23 04 2013

Daar is geen sensus of wetenskaplike studie nodig om die gemiddelde salaris in Suid-Afrika te bepaal nie.  Almal is dit eens.  Hulle word hopeloos te min betaal.  Ook geen wonder nie – maar ek sal op ‘n ander dag daaroor teem.

Baie word gesê oor minimum lone.  Almal het ‘n sekere hoeveelheid geld nodig om darem ‘n deur tussen hulle en die wolf te kry.  (Terloops, hoekom het niemand al daaraan gedink om die wolf by die deur te slag en te eet nie?).  Wanneer ek die dag sover kom om inkopies te doen, wonder ek dikwels hoe mense met minimumloon sien kom klaar.  Dit is een ding om elke sent te rek, maar rek bring jou wragtig ook net so ver.  Goed en wel, baie goed word vir hulle gesubsideer.  Maar dit maak nog lank nie brood en melk goedkoper nie en dit maak ook nie ‘n honger maag vol nie.

Ek kan dus die nut van minimum lone insien.  Al strek my wiskunde nie elke dag ver genoeg om te kan sien hoe die werkgewers dit kan bekostig nie.  Dit is nogal ‘n bose kringloop.  Daar word – soms met geweld – op ‘n dubbelsyfer verhogings persentasie aangedring.  Dit jaag die bedryfkostes en dus ook die verhaalkostes op.  Wat basies daarop neerkom dat sente nog verder gerek moet word.  Dus word almal nog verder onderbetaal.  Maar ek dwaal af.

Hoewel almal te min betaal word, moet die mens seker nog gebore word wat reken dat hy/sy te veel betaal word.  Wat is te veel?  Wat is ‘n briljante salaris?  Kan iemand ooit te veel betaal word.

Ek lees vanoggend dat ten minste 80000 huishouding in Suid-Afrika meer as R100 000 ‘n maand verdien.  Die gelukkig dreksels.  Eendag as ek groot is en die baas met iets kan afpers kan ek dalk oor so iets hallusineer.  Toe bars my borrel heeltemaal.  30000 huishoudings het ‘n inkomste van meer as R200 000 ‘n maand.  R200 000?  Ek het nie woorde nie.  Maar dit is nog niks nie.  8000 huishoudings het ‘n inkomste van R500 000 ‘n maand.  Soos in ‘n halfmiljoen wat hulle elke maand huis toe vat.  Dit is om van naar te word.

Om myself te gaan troos, werk ek toe maar uit wat die belasting van R500 000 is.  Amper R200 000.  Nodeloos om te sê ek het dit weer oorweeg om ‘n kat te skiet.  Dit is twee van daardie gelukkige dreksels wat R100 000 kry se inkomste.  Inkomste waarby ek nie in die lewe gaan uitkom nie.

Ons praat nou nie eers hier van mense wat hulle eie besighede het en die vrug van hulle beleggings verdien nie.  Nee, 73 % van die ekonomiese ruimtevaardes is salaristrekkers.  Net 20% van hulle werk vir hulle self.  Ek het geen idee wat die ander 7% doen nie.  Hulle salarisse word met beleggings soos uittree-annuïteite, eiendomme en pensioenfondse aan.  Beleggings wat hulle iewers uit hulle salarisse kon bou.  16 % van hulle het ook net matriek.

Ek gun elkeen die vrug van hulle arbeid.  Ek erken dat ek grasgroen van jaloesie is, maar dit is hulle goeie geluk.  Tog wonder ek wat doen mens met ‘n 6 syfer getal maandeliks in jou bankrekening.  Wat doen jy met ‘n inkomste waarmee jy elke maand vir jou ‘n nuwe kar kan koop?  Hoekom het die mense huislenings en leef op hulle kredietkaarte?

Wat wed ek jou dat hulle ook gaan voel hulle word te min betaal?

Is daar so iets soos ‘n immorele salaris – al is dit eerlik verdien?

Breinvasbrand:  Wie is die president van die reserwe bank?

Breinlosbrand:  Olga was reg met tier.


Aksies

Information

8 responses

23 04 2013
Olga

EERSTE!!!!!!!!!!!!!
Gill Markus?
Liefen lofen!!!! En hulle het nog kredietkaarte en verbande nodig? Moet wees omdat hulle met hulle melkwit leefwyse van BBBEE dienste gebruik maak. Jaloers? Nee. Ek ken dit gelukkig nie, daarom mis ek dit ook nie.

23 04 2013
Olga

Buitendien, bacon doen dit vir my. Mens moet ‘n smaak vir kaviaar aankweek. My kiewe laat dit nie toe nie.

23 04 2013
Olga

Of is dit nou afguns wat praat? Wag, laat ek by die hekse gaan kers opsteek.

24 04 2013
MaanKind

Nou wonder ek hoeveel mense sou hulle job kon doen? Ek wed baie! Jy dalk ook.

24 04 2013
Toortsie

Ongelukkig is dit so dat die meeste mense voel hulle kom nie uit met hulle geld nie, ongeag wat hulle verdien. Ek hoop waaragtig dat hierdie mense nie so voel nie, dat hulle ‘n groot deel van daardie geld belê EN DAT HULLE MINSTENS 10% vir die kerk gee en sommer nog 10% vir die armes ook! En terloops, sê vir Viga sy moet lekker verjaar.

24 04 2013
Olga

Happy happy Viga. Ek bak vir jou koekies en koop baie rooi koelas hoor. Jy moet net kom. Jou presentjie sal ook vir jou wag.

25 04 2013
demoerin

Ongelukkig werk dit nou maar so…hoe meer mense verdien hoe groter en mooier moet die huise wees en hoe meer gadgets moet Pa, en Ma en kinders hê…en hoe duurder is die privaatskole..en dan is hulle maar weer terug waar hulle 30 jaar terug was, met ‘n klomp skuld. Die skuld is net groter.

9 12 2014
Jeras

Wag al minstens 5 maande het al baie geteken maar niks geld ontvang van arbeid nie wat maak jy nou

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: