Lispiek, my ou perd

19 04 2013

P1260714

Hallo Maatjies

Sjoe, eke was laaaaaaaannnnnnkkkkkkklaas hier gewees.  :D  Dit was nie my skuld nie, njannies!  :) Ekke het ‘n groot heksamen gehad waarvoor ek baie hard moes leer.  :(  Ouma Heldina het gekyk dat ek leer.  :roll:  Sy het my elke dag vrae gevra en alles!

Maar nou is dit alles verby.  :lol:  Ek het die heksamen gevlieg en ‘n servet en alles gekry. 😉 Ekke is ook nou gekatifiseer om my kat te kry.  :twisted:  Julle weet mos – alle goeie hekse het katties.

Dit is nie so maklik om ‘n regte egte hekse kat te kry nie.  :mad:  Die kat se mamma, oupa en tannie moes vir hekse gewerk het.  :!  As jy nog ‘n goeie heks soos ekke is, moet die katties by goeie hekse gewees het.  :shock:  As jou kattie se voortrekkers by die Perse gewerk het, kry jy dalk ‘n pers kat.  L Ekke soek nie ‘n pers kat nie.

My ouma Laviga se kat het kleintjies gekry.  :shock:  Maatjies, julle weet ek is nie ‘n heks wat jok nie.  :evil:  Maar daardie katties het onder haar stert uitgekom.  :roll:  Ek weet net nie wanneer hulle daar ingeklim het nie, maar ek sit my hand op die koffie dat hulle daar uitgekom het.

En hier is my kattie – Lispiek.

DSCF0824p

Sy bly nog by haar Mamma, maar sy trek een van die dae na my toe. :mrgreen:

Julle mag haar vryf, maar moet haar nie bang maak of stout leer nie.  Ek reuk vir julle. 👿

Tarra


Aksies

Information

29 responses

19 04 2013
Olga

EERSTE!!!!!!!!!!!!!!
Wow Viga, maar jou Lispiek is ‘n mooi heksekat. Mag ek ook ene kry?

20 04 2013
Laviga Heks

Mwah! Tannie Ougat!!!

Net hekse kan heksekatte kry!! Mens maatjies kry mens maatjie katte. 🙄

20 04 2013
gerdajansen1

aG nee laviga. ek wou dan ook my naam opgesit het vir so n mooi katjie. kan ons maar kom inskryf by die hekse skool sodat ons ook sulke mooi kieters kan kry?

20 04 2013
Olga

Dis n goeie idee Gerda. Waar kan ons inskryf Viga? Mwa.

20 04 2013
Laviga Heks

Ek weet nie so mooi van inskryf nie! Juffrou laat ons net inkleur!🙄

20 04 2013
Olga

Hoekom is jou kat se naam Lispiek Viga? Ek dink dis omdat sy lipstiffie aan haar neusie gesmeer het.

20 04 2013
Laviga Heks

Wat is lipstiffie, he, Tannie Ougat?

Lispiek speel altyd met Ouma se lispiek waarmee sy haar lippe rooi maak!

20 04 2013
Olga

1
2
3
Blok vir Lispiek waar sy by haar mamma lalas.
1
2
3
Geel blom, lang swart hoedpunt, krom toon daar by die boekrak. BLOK VIR VIGA.
1
2
3
Blok vir Gerda. Op die bank. Voor die tv. Onder die kombers.

20 04 2013
Laviga Heks

Tsk!!!

Al Lispiek se boeties en sussies gaan tog lekker vir Tannie Ougat blok!!😈

20 04 2013
Olga

Het hulle ook lipstiffie op hulle neuse gesmeer?

20 04 2013
Laviga Heks

Uh uh! Lispiek het hulle gesmeer

22 04 2013
Olga

Het Ouma met hulle geraas?

20 04 2013
gerdajansen1

kan ons gaan inkleur om in die hekse skool te kom laviga?

20 04 2013
gerdajansen1

sodat ons kan leer om hekse te word?

22 04 2013
Laviga Heks

Heksies word gebore🙄

22 04 2013
Olga

Ai, daar is my borreltjie gebars. Rusty, toemaar, daar gaan nie ‘n haarbol gelipstifde kietertjiekat by ons kom woon nie, hoor my ou perd.

22 04 2013
gerdajansen1

agge nee, ek het gedink as ek net kwaai genoeg is hoef ek net hekse skool toe te gaan om n goeie heks te word. 😦

22 04 2013
Flavia

nee tannie Olga en tannie Gertie (dis tannie se naam in hekretaal) julle kan nie by die skool kom leer om heksies (dames, in heks) te word nie. Maar julle kan kom leer om soos hekse te wees.

20 04 2013
gerdajansen1

ai

20 04 2013
Flavia

mirrag niggie myne. Ek is bly jy het jou ou perd, Lispiek katterkoe gekry.. Sy is stunning.

22 04 2013
Laviga Heks

Wat is jou kattie se naam, Neggie?

22 04 2013
Flavia

my kattie se naam is Koefyt nig Viga. Sy is so soet soos konfyt. En sy is ook dai mooi geel oranje kleur soos n kommetjie appelkoos konfyt, nes Oumie Lavika dit kan maak. Onthou jy hoe het Oums vir ons n broodtie met dik botter en konfyt gesmeer winter morens as ons moes kloterskool toe gaan?

22 04 2013
Selene Phoenix

Mooiste dingetjie!!!!!! Sal van my ‘n kat liefhebber maak!!!😉

22 04 2013
JWW

Ek wonder, gaan ons nog weer eendag ‘n blogjol hê ?

23 04 2013
Toortsie

SIEEEEEESSSSSS!!!! Jy sê ONDER HAAR STERT UIT? Sies!!! Ga! Brrrr!!!
Jy het ‘n mooi katjie. Ek wou net vir jou sê dat ek ook katjies het, regte heksekatjies wat jy kan kom haal vir jou.

24 04 2013
Toortsie

Viga’tjie!!!! LEKKER VERVEL!!!

24 04 2013
Olga

Veels geluk liewe Viga omdat jy virjaar.
Mag die Here jou seen
En nog baie jare spaar.
Klap
klap
klap
klap
klap
klap
klap
klap
klap
klap
klap
klap

24 04 2013
Flavia

veels geluk liewe niggie Laviga. Ek hoop jy het n wonderlike dag gehad. Ons gaan vanaand leker partydjie hou ne. Sit jou mooiste tjalie om.

24 04 2013
Laviga Heks

Dankie Dankie

Ons (gaan) ramtiekie tot die son opkom.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: