Ou Vuilbaard

15 04 2013

P1280800

Die wildtuin is lekker, die wildtuin is goed, maar wragtig!  Mens wil darem meer as net olifante, impalas en grasvlaktes sien.  Ek verwys nou spesifiek na die Krugerwildtuin, maar die frustrasie met gras en impalas bly.  Nie dat ‘n mens ondankbaar is nie, maar niemand gaan op Facebook jaloers raak dat jy ‘n rooibok gesien het nie.  Kry die prentjie?

Ek is nou nie een van daardie mense wat sal sien hoe ‘n luiperd sy eiers op ‘n koppie op die horison bak nie.  Ek is ook so gelukkig gebore dat die wildehonde met welpies en al in die pad sal speel soos ek die wildtuin binnery nie.  Dit is nou ook nie dat die wildtuin (of reservaat) iets teen my persoonlik het nie.  Ek het immers al ‘n jagluiperd in die Kruger Wildtuin gesien.  Toegegee, ek was ten tye saam met iemand wat al ‘n luiperd op ‘n openbare pad gesien het.  En die foto’s het om dit te bewys.

Punt wat ek wil maak is dat ek gewoonlik meer as impalas, olifante en grasvlaktes sien.  Nou nie elke lid van die groot 5 en elke bedreigde spesie nie.  Maar ek het gewoonlik nie rede om te kla nie.

Dit bring my nou tot die koning van die diereryk, of te wel vuilbaard.  Ek moet erken dat ek nou nie regtig verleë oor ‘n leeu is nie.  Dit is darem beter as ‘n impala, maar dit is beslis nou lank nie ‘n luiperd nie.  Ek gaan nie te hard kla as ek die leeus mis nie.  Net ‘n bietjie om te wys dat ek nog skop.

‘n Paar jaar gelede het ek op ‘n wildtoer na geblikte leeus gaan kyk.  Die oorsese besoekers het nie geweet dit is niks om oor opgewonde te raak nie.  Dit was gewaarborg dat hulle leeus gaan sien en die kameras was oorgehaal.  Daardie dag het ek egter geleer dat kamoeflering nie net ‘n woord is nie.  Ons het die troppie reg langs die kampdraad gekry.  Reg langs die kamp was daar ‘n openbare pad waar daar karre teen ten minste 120 km/h verby gejaag het.  Ek het dalk my neus opgetrek vir geblikte leeus, maar terselfde tyd het ek geweet dat as ek verby ‘n plaas ry en die leeu langs die heining sien, sou ek vir ‘n week lank oor niks anders gepraat het nie.  Dit is nie iets wat ‘n mens elke dag sien nie.  Daar was net een tegniese probleempie.  Ek sou nie die leeus in die lang gras geonderskei het nie.  Selfs nie eers as ek regs langs die kamp piekniek gehou het nie.  Al was hulle omtrent ‘n kopkrap afstand van my af.

P1280751

Daar is egter ‘n onlangse geval wat my sommer nuwe respek vir ‘n leeu gegee het.

Daar is ‘n gesegde van wat die oog nie sien nie, die hart nie seer maak nie.  Veral as jy ure lank in niks anders as gras vasgekyk het nie.  Dit is gewoonlik wanneer die koelkas in die kattebak hard sal begin roep.  Ek ly ook nie aan paranoia nie en ek het al in ‘n wildtuin / -plaas / reservaat uit ‘n kar geklim.  Nie altyd waar dit toegelaat was nie.  Ek het altyd vertrou dat solank ek niemand pla nie, die diere my ook nie sal pla nie.  Ek sal nou nie tussen die olifante of selfs impalas kanse vat nie, net soms so in die middel van nêrens.

So daag ons toe by die kamp op.  Tot almal se teleurstelling sien ons nie eers ‘n Impala langs die pad nie.  Wonderlike belofte wat die naweek inhou – natuurlik in die mees sarkastiese toon waarin ek kan dink.  Net mooi waar mens afdraai na die kamp waar die gedagte my tref.  Nodeloos om te sê, ek sou sonder om twee keer te dink daar uitgeklim het.

‘n Paar uur later vertrek ons op ‘n wildtoer.  Presies daar waar ek gedink het die naweek gaan ‘n mors van goeie fototyd wees, ry die veldwagter in die veld in.  Nie baie ver nie.  Baie trots om ons die leeus te wys wat al van die vorige dag op die sebra smul.

Dit laat my wonder, hoeveel diere lê nie lekker verskuil in die lang gras om karre te kyk nie.  Hulle het verseker meer sukses as die arrogantes in die kar.

Wat wil jy graag nog in die wild sien?  Wat was jou grootste oomblik toe jy vir wild gesoek het?  Wat het jou nog altyd ontwyk?

Breinvasbrand:  Wat is die grootste dier van die kat familie?

Breinlosbrand:  Rider was reg met man, woman.


Aksies

Information

4 responses

15 04 2013
Olga

Tier.
Herinner diere jou nnie ook aan die uitverkorenes van hierdie land suid Afrika nie? Die vroue moet al die werk doen, dan loop ubabwhaki in en vreet hom trommel dik. Vriendin het my en Homer die ander dag genooi om saam te gaan KNP toe. Toe se ek dankie maar baie nee dankie. Sy het my name genoem en probeer omkoop met breyani EN roti en kerrie as ons saamgaan. Ek het gese die oolfante is lus vir my en sy het gese geen oolfant sal marakas maak nie. Hulle is nie anc nie. Wel, vandag moes ‘n chinese toeris met ‘n helikopter na die naaste hosp vervoer word. Oolfant se kind het sy kar bestorm en omgekeer. Nee, se moer, oolfant het eenkeer doodluiters op kar waarin ek was afgestap en gevolg soos ons in trurat agteruuit geseil het. Eenkeer op kar afgestorm. Se maar ek is paranoies, ek bly maar weg. So ek wil gn oolfant in die wild teekom nie. Ek sal graag wildehonde wil sien. Solank hulle my nie sien nie.

17 04 2013
demoerin

Gorillas. Ek wil gorillas daar in bosse van Rwanda gaan bekyk. Pikkewyne in Antarktika sal ook cool wees om te sien.

17 04 2013
Xena Phoenix

Olga, ek sal self die wildehonde wil sien. Dit is een van die min goed wat ek nog nie in die wild gesien het nie.

Demoerin, ek gaan saam as jy die gorillas gaan soek.

Ek sal ook graag wolwe wil sien. En die oerang oetangs in Indonesie en die ysbere in die Noordpool.

17 04 2013
JWW

EK het al alles in die wildtuin (destyds toe dit nog ordentlik gemanage was) gesien. Luiperd, cheetah, BAIE ROOIBOKKE, leeus, rhino, en selfs wilde honde, so hele klomp. Deesdae al wat jy sien is dronk toeriste en 5 ster hotelle !

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: