No Retreat, No Surrender

9 04 2013

As iemand my in die middel van die nag wakker maak en vra wie die Britse Eerste Minister is, gaan ek antwoord Margaret Thatcher.

Nie omdat ek nie weet wie die huidige eerste minister is nie.  Dit is David Cameron en ek hou nogal van hom.  Nogtans gaan ek heel eerste aan die Ystervrou dink en dan onthou sy is al jare lank nie meer die leisels vas nie.  My kop het nog nie die skuif gemaak nie.

Ek dink nie haar dood gaan dit verander nie.  Margaret Thatcher was ‘n ysteraster en ek sal altyd respek vir enige ysteraster hê.

Dit blyk dat niemand koud gelaat is deur Margaret Thatcher nie.  Mense het haar of bewonder of gehaat.  Daar is tot mense wat verheug is met haar dood.  Dit 23 jaar nadat sy afgetree het.  Daar is natuurlik ook die ape wat geen idee het wie Margaret Thatcher is nie.  Jammer dat daar geen pille vir onkundigheid nie en nee, dit is nie iets om op trots te wees nie.

Margaret Thatcher het gestaan en geval waarin sy geglo het.  In 1974 het mynwerkers gestaak in protes teen haar vryemark stelsel.  Hulle het Britanje omtrent lam gelê, maar sy het vasgestaan by haar ideologie.  Ander voor haar het gevou.  Die staking was beëindig sonder dat sy een toegewing gemaak het.

Iets wat ek wens iemand in Suid-Afrika wil doen.

Deesdae word omtrent elke vrou in politiek as ‘n ystervrou besing.  Ek dink die een wat die opregte Ystervrou se skoene kan voorstaan, moet nog na vore kom.  Tot dan, is daar net ‘n paar swak na-apers.  Veral in Suid-Afrika.

Breinvasbrand:  Voltooi:  “If you want something said, ask a ___________; if you want something done, ask a _________.

Selene se vraag:  Olga was reg met Judge Dredd.


Aksies

Information

10 responses

9 04 2013
The Rider

Breinvasbrand- said- ask a man, done, ask a woman

15 04 2013
Xena Phoenix

Dit is die reine waarheid daardie

9 04 2013
Olga

The Iron Lady. Mag sy salig rus. Het nogal simpatie gehad vir Suid Afrika se apartheidsbeleid. As die res van die moervarke maar haar visie gehad het, het ons in Mp op heel paaie gery.

11 04 2013
gerdajansen1

ja, kyk sy het verstaan hoekom hier apartheid was. die nadeel van n demokratiese S.A word orals op elke vlak en om elke wyse ervaar. dom fokkers.

11 04 2013
d1rki3

Buiten nou al haar goeie hoedanighede, haar juwele, ek het altyd daarna gekyk – netjies en soms besonder.

15 04 2013
Xena Phoenix

Diamonds are any girls best friend. 😉 Ek sal moet gaan kyk watse juwele sy gedra het.

11 04 2013
gerdajansen1

uhmm, laat ek sien…. merrie, op wie se tone het jy nie getrap nie? toe ek gehoor het ta meggie is dood, het ek mos ook geweet waar om haar mini te kom kry.

15 04 2013
Xena Phoenix

LOL!!!!

As jy jou uitgee vir ‘n toffie . . .

11 04 2013
Olga

Ek het vanmiddag op die nuus gehoor iemand in die anc het haar destyds ‘n terroris genoem. Die einste mens word na die begrafnis genooi. Daarna sal hy/st darem weet hoe ‘n begrafnis moet geskiet. As die mens nou sal gaan om te sien hoe ‘n terroris te ruste gele word.

15 04 2013
Xena Phoenix

Niemand (wat weet wie sy is) is koud gelaat deur haar dood nie. Ek meen, regtig? Die BBC het ‘n krisis oor ‘n lied wat haar haters gesorg het nommer 1 die week is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: