Ek het die naweek ‘n klein probleem opgetel… wel eintlik het dit in my vasgehardloop!
‘n Man het in my motor in vasgehardloop terwyl dit nog in beweging was. Ek was besig om te stop, toe die man twee ander motors probeer vermy het deur in my motor in vas te hardloop! Ek het soos ‘n mens moet, gestop. Ek het hom gevra of hy ok is – hy het gevra ek moet hom hospitaal toe vat. Is dit ‘n nuwe hi-jack metode?? Nee hel, ek sê toe nee! Heel duidelik kan hy loop, so ek sê toe kry my by die petrol stasie (50m op) Ons wag toe daar vir die ambulans wat ek gebel het om te kom… vir 45minute! Nie Metro of iemand vd SAPS het OOIT opgedaag nie.
Die ambulans neem hom toe weg hospitaal toe… maar voor hulle hom weg vat, vra die paramedikus sal ek asb vir hom taxi geld gee! Ja ek was woedend en dink nog steeds ek moet hulle aangee… maar in elk geval, ek het toe die man R20 gegee omdat hy niks aan hom gehad het nie, en dat die hospitaal volgens die paramedikus amper 40km weg is? Die kan nou seker soos ‘n bribe lyk… dink ek eers NA die tyd! Ai mens kan so stupid wees in ‘n moeilike situasie waar jy net wil help!
Maar dit bring my tot my laaste punt… ek gaan meld die saak toe aan by my naaste SAPS kantoor. Terwyl ek die “Accident Report” invul word daar uit die bloute vir my gesê “NO!! This must be a reckless and negligent docket!” Ek sê toe nee, dit was ‘n ongeluk… “No, bring that docket! We are opening a reck and neg case!!” Dankie f*kken tog ek is nie gister gebore nie en ken die wet darem so bietjie… en met die hulp van twee ander SAPS lede (wat vir so 5sec ook maar lekker deurmekaar was) gesê nee dis ‘n “accident report!
Lang storie kort… WTF?
- Wie kan mens deesdae vertrou as so iets gebeur? Niemand het my gehelp toe die man in my motor vasgehardloop het nie! (neem hulle nie juis kwalik nie – mens kan vandag mos nie meer ander help nie)
- Niemand het geoffer om te help toe ek by die petrol stasie staan nie… en o my tog kan hulle staar!! Dog hulle oë en tonge gaan uitval!
- Die paramedikus het vir my gesê ek het die “accident scene” verlaat – EK KON NIE DAAR BLY STAAN NIE? En dis nie sy werk nie… waars die SAPS of Metro wat ook gebel was??
- Paramedikus vra vir geld vir die “victim” wat sy seer voet op homself gebring het…
- En laastens ken die SAPS nie die reëls en regulasies nie!!
My naweek kon baie anders uitgedraai het as ek nie ‘n clue gehad het nie! So moet ons as burgers nou almal gaan swot sodat IEMAND darem weet wat jy mag en nie mag doen nie??
Ken jy die wet so goed dat wanneer die k@k die fan sou strike, jy jouself kan help dat die Polisie jou nie nog verder en dieper gaan inkry nie?
Of het jy soos ek en my Tweeling ‘n prok op speed dial wat jou vinnig sal help?? Al is dit net om vir jou te sê “Ignore die idiot!! Hy het seker sy graad gekoop”
Wat is Judge Dredd (1995 fliek gespeel deur Sylvester Stallone) se naam?
Groete, Selene
Dis eintlik sickening dat ons so moet leef.
Fok hom, ry aan, as hy nie lê en bloei nie, ry aan !
Joseph Drekk. Of klim baie vinnig en astrant uit en klap die ding vuurwarm
Hulle is tog so arrogant. Dit maak mens woedend. Iemand anders het sowat ‘n maand terug ‘n ongeluk gaan aanmeld. Hy moes R2, 50 betaal vir die ongeluk verslag vorm. Maar toe was die dame wie die vorm geld kry nie daar nie. Hy moes die volgende die 13 km dorp toe ry, R2, 50 betaal en die ongeluk aanmeld. Toe was die dame wie die kwitansie skryf (ander een as die ontvanger) nie daar nie. Drie dae later moes hy dadelik dorp toe ry om sy R2, 50 kwi4kentansie te gaan haal.
skuus Joseph Dredd.
Belaglik, Tweeling! Besotlik.
Ja dit kon, my oudste seun is raak gery van n fiets af, die vorm wat ingevul was niemand het ernstig seergekry nie. Maar al sy bene is gebreuk. Hy het skaars n pols of hartklop gehad. Toe hy by die hospitaal kom toe sê die Dr my seun is brein dood en toe hy onder die x straal masjien uitkom toe bars al sy organe binne hom. Da is geen fotos geneem of mates geneem van die ongeluks toeneel nie. Maar da was net n inskrywing gemaak in n boek toe ek sê ek gaan koerante toe, toe spark hulle. Die incompetance is regtig verskriklik.
Gaan in elk geval koerante toe. Sulke onbevoegdheid moet uitgehang word vir almal om te sien. Om swart te wees MAAK NIEMAND BEVOEG OM ‘N WERK TE DOEN NIE. Dis tyd vir die wereld, wat Suid Afrika deur sanksies, boycotte en kak die nes van korrupsie en bedrog gemaak het, om te sien wat hulle gedoen het.