Die Vegatariese Vyand

28 03 2013

Daar was ‘n tyd wat jy ‘n kind van die duiwel was as jy rondgeslaap, gesteel of gemoor het.  Vandag nog is die steel en moor ‘n goeie aanduiding of jy hemel of hel toe gaan.  Jy mag egter slaap saam met wie jy wil, wanneer jy wil en hoe jy wil.  Niemand mag waag om na jou vingers te wys nie, dit maak hulle dan satan se kloon.

Daar het egter ander goed gekom wat jou dadelik die duiwel se witbroodjie maak. Rook is deesdae een van die grootste sondes ooit.  Selfs die geleentheidsdrinker binne perke word deesdae as ‘n alkoholis beskou.  Bewaar jou siel as jy nie emosioneel afgepers genoeg voel om ‘n dier van ‘n skuiling af te neem nie.  Die mens hou seker daarvan om skuldig te voel en hulle het doodluiters die blaam gedra.  Daar was egter een sonde waaraan hulle nie wou erken nie.

Vleis!  Mense hou daarvan om op ‘n gereelde basis hulle tande in ‘n vleiserigheid te slaan.  Die vermaninge dat dit sleg vir jou hart, cholestrol en bloeddruk is, gaan maar by die een oor in en by die ander uit.  Almal weet tog dat jy proteiene moet inkry en dat vleis ‘n baie goeie bron van proteiene is.  Die wreedheid teenoor diere het ‘n paar mense na hulle harte laat gryp.  Nogtans het ‘n tjoppie op die kole hulle gou van die dilemma laat vergeet.  Vir die hardnekkiges, is slagpale verplig om die diere met so min as moontlik trauma te slag.

Toe begin iemand van ‘n koolstofspoor te praat en daar word die vleiseters weer blameer.  Die keer probeer hulle die vleiseters met ‘n kwas heuning oorhaal.  Sny dit net op ‘n Maandag uit en red die aarde?  Wie kan so ‘n kreet weerstaan?  Vleiseters natuurlik.  Buitendien, danksy vleiseters het diere soos beeste, skape, varke en hoenders ‘n kans op lewe.  Was dit nie vir vleiseters nie, was daar geen mark vir hulle nie en geen rede vir hulle bestaan nie.

‘n Ander strategie was benodig.  Iets om mense finaal van vleis af te sit.  Vleiseters is redelik kieskeurig met wat hulle eet.  Natuurlik wil hulle nie donkies, perde of kangaroos eet nie.  Almal het hulle standaarde.  Nadat die aanvanklike gruwel verflou het, het hulle tog onthou dat vleis koning is.  Niemand is dood van perd, donkies, kangaroos of enige ander diere nie.  Wat die oog nie sien nie, het die hart nie seer gemaak nie.  Mens kan wegkyk en bid om te vergeet (dalk met ‘n bietjie alkohol waaroor mens nou minder skuldig voel).

Tog het die vegatariërs ‘n troefkaart gehou.  Vleis is vleis, maar mensvleis neig na kannabalisme.  En daar is mensweefsel in vleisprodukte gekry.  Skielik verloor vleis hulle roepkrag.  Toegegee, daar is mense wat meer van nut gaan wees op ‘n ander se bord, maar darem nie as jy dit moet eet nie.  Al reken die kenners dit is nie gevaarlik nie, is en bly dit mensvleis.

Gelukkig beinvloed dit net maalvleis.  En wors.  Steak en tjops is nog pure bees, nie waar nie?  As ons oumas en oupas kon wors maak, kan ons seker ook.  Dan weet ons wat daar in is.

Skielik klink vleisproduksie vir eie gewin na die beste idee ooit.


Aksies

Information

7 responses

28 03 2013
Son

Dis seker ‘n bleddie April’s Fool grappie!

28 03 2013
jagternw1976

Lank lewe VLEIS ! My mond kwyl nou vir ‘n T-bone, met uie gebraai en ‘n yskoue bier. Cheers !

28 03 2013
JWW

Ek sal nooit vleis los nie, dis absolute bog dat vleis en vet sleg is vir mens….

29 03 2013
Toortsie

Man, solank dit net GAAR is!!!😉
Ek hou baie van hierdie bloginskrywing!! (wens daar was ‘n ander woord vir bloginskrywing!)

2 04 2013
demoerin

Ek sal ‘n glas of twee of drie lig op Vleis! Heeehaaaaa

3 04 2013
Olga

Waar is my 5c Grieters?

5 04 2013
seegogga

sit my man mos nou die dag en kyk na sy duim. en verklaar dat dit nogal ‘n lekker happie behoort te maak – amper soos ‘n hoender drumstick…..

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: