Histerie oor Niks

23 03 2013

Partykeer kan ek net my kop vir die mensdom skud.  Regtig, daar is geen dier wat so vermaaklik soos die mens kan wees nie.

Die week was ‘n “ontsnapte” slang van Pretoria Dieretuin verskeie kere in die nuus.  Dit is onseker of die slang sy tasse gepak en geloop het en of iemand hom gesteel het.  Nadat die swart mamba se hok leeg ontdek is, het die diertuin die reptielpark vir 2 dae gesluit.  Nadat hulle slang se kind nie gekry het nie en alles daarop gedui het dat hy in die dak was, is die reptielpark oop gestel.  Die dieretuin het meer van hulle personeel in die publieke area gesit net ingeval die mamba sy gesig daar wys.  Hoewel die publiek veilig behoort te wees, het hulle ook voorsorgmaatreëls getref met een van die hospitale.

Intussen het die media agter die kap van die byl gekom en artikels is geplaas.  Niks om oor opgewonde te raak nie, maar die tipiese diereberiggewing tussen al die moord, doodslag en korrupsie.  Die slang is spoedig Houdini gedoop en het ook gou-gou met sy eie twitter rekening gespog.  Daar is met hittesensors na hom gesoek en die dieretuin het begin wonder of hy nie gesteel is nie.  Genoeg opgewondenheid om ‘n stadige week in te kleur.  Maar vir party mense is die nie genoeg nie.

Party is regtig paniek bevange.  Benewens die versekering dat die publiek veilig is, weier somiges nou om enigsins naby die dieretuin te kom.  Dit is nou tot Houdini aangekeer is.  Ander is bitterlik ongelukkig oor die dieretuin se sekuriteit.  :roll:  Daar ontsnap mos elke dag slange in die dieretuin.  Van die mense wat in die omgewing van dieretuin bly is selfs bekommerd oor hulle veiligheid.  Hulle is bevrees dat Houdini gaan inval vir koffie.

Ek meen, regtig?  Swart mambas kom in elk geval in die wild voor.  Daar kan ‘n paar van Houdini se familie in die dieretuin se tuin wees, waar hulle heel gelukkig in vrede woon.  Daar kan in elk geval swart en sommer ook groen mambas in enige lid van die publiek se tuin wees.  Slange word wel van tyd tot tyd gesien, maar verdwyn gewoonlik ook net so vinnig.  Ek is redelik verseker daarvan dat daar veel meer slange is as waarvan die mens bewus is.  Ook maar goed dat die mens nie elke slang in die omtrek sien nie.  Anders was daar verseker oorlog.

Ek wonder skielik of my mede Pretorianers almal skielik Amerikaans geword het.  Soveel paniek oor ‘n ou slang wat in elk geval wild voorkom.


Aksies

Information

2 responses

25 03 2013
demoerin

Dit was darem lekker om vir ‘n verandering oor iets anders as korrupsie te lees. Ek is so gatvol vir die korrupsie!

25 03 2013
Olga

Groot storm in a wynglas. Tog moet ek vra, hoe verloor ‘n dieretuin ‘n slang?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: