FU oomblikke

3 02 2013

Daar is sekere goed wat dood eenvoudig internasionaal is.  Ek dink nou byvoorbeeld aan STOP.  So ver my kennis strek is STOP stop in die meeste Westerse lande.  Met goeie rede ook.  Gewoonlik wanneer iemand dit skree is daar ‘n wesenlike gevaar.  Dit is dan nie die oomblik om in ‘n toeriste woordeboek vir ‘n verklaring te soek nie.  Jy kan dan nie agterna sê jy het nie geweet nie.

Vandag wil ek eintlik oor ‘n ander uitdrukking, aansienlik meer kras, praat.  Siende dat daar nie ‘n ouderdoms beperking op my blog is nie, sal ek maar by F U bly.  Almal weet wat die F woord is.   Nee, dit is nie fiets nie, maar mens is geneig om dit dikwels in konteks met ‘n arrogante fietsryer te gebruik.  Weereens ‘n woord wat redelik universieel is, ek het ‘n vermoede dat ‘n ruimtewese ook nie sal sukkel om dit mis te verstaan nie.  Dit is die kortste manier om ‘n boodskap hard en duidelik oor te dra.

Jy hoef nie eers die woorde te sê nie.  Ek meen my ma het my geleer dit is onbeskaaf om te skree.  Dit is boonop net goeie maniere om die dowes in gedagte te hou.  Hulle kan dalk dink jy beskinder hulle.  As iemand jou te nagekom het en hulle is bloot te ver om vir hulle te sis, kan jy enige een van verskeie tekens gebruik.  Een van die bekendste tekens is seker ‘n middel vinger, met jou palm na binne gedraai.  As die dominee dalk aanstoot gaan neem, kan jy dalk net vertel van die die skoolkamer.  Die juffrou staan in die middel en dan laat sy die kinders sit.

Al kan ‘n mens in Suid-Afrika die president die Californian Howdy of ‘n middelvinger saluut gee, is dit – wel, seker nie subtiel nie.  Ek is seker my tong of vinger sal afvrot as ek dit probeer.  Daar is natuurlik ander, meer gefynde maniere om die punt duidelik tuis te bring.  Op ‘n baie beskaafde manier, een wat elke mens moet erken en goedkeur.

Ek dink nou byvoorbeeld aan my gunsteling prostituut, Vivian.  Nadat sy met groot opgewondenheid Rodeo Drive binne gevaar het, het ‘n paar snobistiese tewe (jammer, winkelassistente) haar laat verstaan dat sy nie welkom is nie.  Sy het maar seergemaak ‘n lyn gesny.  Die volgende dag het sy geleer om ‘n kredietkaart te laat sing.  In ‘n meer verfynde uitrusting is sy toe terug na die winkel, waar daar skielik oor hulle voete geval is om haar te help.  Sy het eers seker gemaak dat hulle vir kommissie werk en haar van die vorige dag onthou.  “Big mistake!  Big!  Huge!”

FU dat hulle soos prostitute gevoel het wat boonop verniet gewerk het.

Wat is jou gunsteling FU oomblik?  Kan op die silwerdoek of in die regte lewe wees.  Vertel ons dat ons tone van lekker kry kan krul.

Breinvasbrand:  Wie was Vivian se woonstel maat in Pretty Woman?

Breinlosbrand:    Charlene was reg met First Rand Bank


Aksies

Information

9 responses

3 02 2013
Olga

Eerste. Kit de Luca. Ek sal moet dink vir ‘n ou f u oomblik.

3 02 2013
Olga

Ek sal maar vertel van die mees onlangse een. Ons het vir mis opgedaag. Arms vol blomme. Die kerk feestelik getooi toe het ons buite vir die padre gaan wag. En wag. En wag. Ek het later my foontjie uitgepluk en die een na die ander gebel, geen antwoord. Toe het die Bishop probeer. Met dieselfde gevolge. Toe het die voorsangster voorgestel ons gaan doen maar ons ding rondom die skriflesings. So gesê, so gedaan. Toe het ons weer huiswaarts gekeer. Na twee, bel die padre my. Eers wou ek ook die foon laat lui en lui en lui. Maar my wyse ou Moedertjie het my beter geleer. Ek het sy vrae oor Homer en my gesondheid geantwoord. Toe was daar
n stilte. Ek het aangehou. Toe maak hy verskoning en vra ek moet die ander gemeentelede bymekaar kry dan sal hy vir ons ‘n diens kom hou. Toe het ek gesê, dankie, maar baie nee dankie. Ons het goed gedoen, al was dit sonder nagmaal. Toe wou hy kom nagmaal, gee en weer het ek gesê dis nie nodig dat hy sy middag met sy “broers opoffer nie. Toe vra hy hoe kan hy regmaak. Ek het hom geantwoord dat hy mos niks verkeerd gedoen het nie. Dit was immers nie sy beurt om die diens te lei nie. Toe het hy losgebars dat hy alreeds sleg genoeg voel, hoekom maak ek dit erger. Dit was ‘n geval van mission accomplished. Toe kon ek sonder enige wrokkigheid of nyd vir hom sê om die res van sy dag te geniet en groete vir sy “broers.”

4 02 2013
jagternw1976

Is dit wat jy vir stortkoppie wil wys ? :

……………………/´¯/)
………………….,/¯..//
…………………/…./ /
…………./´¯/’…’/´¯¯`•¸
………./’/…/…./……./¨¯\
……..(‘(…´(..´……,~/’…’)
………\……………..\/…./
……….”…\………. _.•´
…………\…………..(
…………..\………….\

4 02 2013
Olga

Give this man a bells.

5 02 2013
jagternw1976

HA HA Olga. J&B sal gaaf wees🙂

8 02 2013
Eiertjie te lê | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

[…] ek net begin blog het, het ‘n jong skouperdjie, genaamd Herriemerrie, op ‘n afstand, in die donker, gesien dat hierdie gryskopantie net mooi niks weet van […]

13 02 2013
demoerin

LOL…daar was eendag by die 4 rigting in Rivonia Blvd, ‘n groot auntie met ‘n nog groter kar wat my amper in my maai ingery het, omdat sy nie gestop het nie (want almal doen dit mos) Toe het ek verbaal en in vingertaal my misnoë aan haar oorgedra.
Sal sy my toe nou agtervolg….langs my parkeer voor die Nedbank, en nogal aan my vra wat my probleem is. Sy was nie baie gelukkig met my antwoord dat sy seker haar lisensie saam met die groot blink kar by haar man gekry het nie, en dat sy liewers nie moet bestuur nie, en met loop sal sy ook bietjie gewig verloor…want as sy nie weet wat sy verkeerd gedoen het nie, hoort sy nie op die pad nie. Met ‘n rooi gesig, klik van haar tong en skreiende bande is sy toe daar weg.

Nou almal weet hoe lyk middagverkeer in Rivonia. Jy staal basies stil. En daar onder by die Spur, laat mense maar mense in voor jou by die stopstraat. So knit-one-skip-one effek. Ai shame..land die auntie toe nou agter my in Rivonia…karre staan bankvas so sy kan nie van baan verwissel nie. Sy is stuck agter my. My FU moment….ek het by daardie stopstraat vir elkeen van omtrent 15 karre kans gegee om voor my in te ry…..

5 05 2013
KarinaKrulkop se Trekjaar

Hallo Herriemerrie – lekker lag ek nou vir hierdie hele rits skryfsels. ps – ek het erens gelees dat jy behulpsaam is met ‘tagging’ en wat ookal om mens se leesplatform bietjie te verbreed. Ek sal raad waardeer. Is nie seker of mens kan privaatboodskappe stuur op wordpress nie.

5 05 2013
KarinaKrulkop se Trekjaar

Terloops, daardie uittreksel uit Pretty Woman is een van my absoluut spesiaalstes vir ‘n FU voorbeeld en ‘n fliek wat elke vrou, maak nie saak hoe sy lyk, haar innerlike prettigeid sommer wil gaan opgrawe – vir my in ieder geval. Dankie tog vir lipstiek en maskara – enige girl se redding.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: