Net toe ek van ENB begin hou . . .

27 01 2013

Die meeste inspirasie wat ek al ooit gehad het om van bank te verander was ‘n tweet wat verlede week rond gevlieg het.  As ek nou reg kan onthou was dit iets soos:  “FNB has offended the ANC.  What has your bank done for you.”  Dit was eenvoudig net een van daardie toonkrul lekkerkry oomblikke.  Daar is ‘n gesegde dat die waarheid seermaak.  Daar is ook ‘n gesegde dat daar uit die mond van ‘n suigeling groot waarhede kom.  Moet waar wees.  Watter beter bewys is daar dat die jeug reken dat die regering uitgestem moet word om korrupsie en wanpraktyke stop te sit en die ANC neem aanstoot.

Gelukkig is ek effens in die lui kant.  Kan julle dink as ek in die begin van die week met groot gejuig banke gewissel het om teen Saterdag weer stert tussen die bene terug te kruip?  Ek sal nooit die smet van vernedering kan afwas nie.  Teen Saterdag het ENB nie net die video’s verwyder nie, maar ook die ANC om verskoning gevra.  Hulle het die harde les geleer dat dit een ding is om jou stem dik te maak en ‘n heel ander rede om dit dik te hou.  Dit vat murg in jou pype om nou regtig die waarheid te praat.  As murg dan min is, kies ‘n teiken wat nie ‘n mes teen jou keel het nie.

Blykbaar sou ENB ‘n miljard van die ANC se geld verloor het as die hulle besigheid onttrek het.  Waar die ANC soveel geld gekry het, is ek nie seker nie, maar dit sluit seker al die ANC se gatgabbas se fondse in.  Ek kan sien dat dit ‘n swaar slag vir enige instansie kan wees.  Ek het ook fluisteringe gehoor dat dit was om die kinders wat die uitsprake gemaak het te beskerm.  Blykbaar het die ANC geen probleem om ‘n jong kind te vernietig wat teen hulle is nie.

Die ANC het hulle stem dik gemaak.  Jy is of vir die ANC of teen die ANC.  Geen wonder die ANC se president kan vir besigheidleiers voorspoed belowe as hulle ANC lede is nie.  Miljaarde rande moet van iewers af kom.  Geld is nog steeds ‘n goeie kommoditeit om mag te koop.  Duidelik het BBBEE iets gedoen om die ANC se posisie te versterk.

Maar ek wonder nou so liggies.  Net omdat ENB op een of ander manier gedwing is om verskoning te vra, dink die ANC nou regtig dat die waarheid verdwyn het?  Dit maak hulle nog lank nie ‘n party met integriteit nie.  Geen wonder hulle is so bang vir vryheid van spraak nie.

Breinvasbrand:  Wat is die beheermaatskappy van ENB?

Breinlosbrand:  Charlene was reg met Kate Beckinsale en John Cusack


Aksies

Information

9 responses

27 01 2013
seegogga

Jebo, jy slat hom daai spyker op hom kop

27 01 2013
Olga

Jy moes tog vandag in die rapport gelees het dat ikandla !00% deur die prossie befonds was. Al ek kan dink is ROTFFLMAO.
Jammerte was dat ek nie die veelbesproke video gesien het nie. 😥

27 01 2013
seegogga

Ek lees nie die Rapport nie, maar ek het die video opgegoogle en dit was vir my baie mooi. Di ANC moet hulle koppe laat lees deur hulle toordokters. Soek die video op Google, dalk kry jy dit.

27 01 2013
28 01 2013
charlene

Ek dink First Rand bank?

Elk geval – ek is so jaar en ‘n half by FNB en ek hou sommer baie van hulle. Maar ek kan ook nie glo dat hulle so vinnig jammer gesê het nie… Hulle het mos nie die kinders aangemoedig om die regering sleg te sê nie, hulle het gevra vir die waarheid. Daai ANC maatjies kan maar lekker roei op denial, die waarheid bly die waarheid.

Dis om van naar te word – ek voel heel disillunsioned.

28 01 2013
gerdajansen1

afrika tyd.
afrika logika.
AFRIKA GATKRUIPERS!!!

28 01 2013
Olga

Kyk maar na hulle beleid. Daar is geen “nie swart” tellers in een van die takke wat ek om die beurt besoek nie. So, ja, ek stem GATKRUIPERS!!!

29 01 2013
demoerin

Ongelukkig praat geld met ‘n baie dikker stem. Sad, but true. Maar soos jy sê, geen verskoning verander enigiets aan die waarheid nie. Nie almal in hierdie land hang aan die lippe en glo al die leuens en toesmeerdery van die ANC nie.

15 02 2013
kindvanafrika16

hoe kan ons jou help?????

die saadjie is klaar gesaai, of hulle nou onttrek het of nie, die woord is uit, en juis omdat ANC so bohaai gemaak het, gaan dit insink

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: