Almal het seker sulke dae. Ek praat van wanneer jy iets moet doen, maar net weet dit gaan jou geduld gene beproef. Volgens die wet van gemiddeldes gaan jy wag / sukkel / tandekners. Daar is natuurlik die kans dat alles seepglad gaan verloop, maar so gelukkig is jy nie gebore nie. Maar dan was jy tog so gelukkig gebore.
Is dit net jou gelukkige dag? Wat as jy verskeie sulke gelukkige dae het? Beteken dit dan dat jy ‘n pessimis of net ‘n besonderse gelukkige (soos in lucky) mens is? Vier jy dit of is jy maar net stilweg dankbaar?
Was jy al ooit so gelukkig gebore?
soos wanneer jy 12km dorp toe ry net om agter te kom die pakkie wat jy wou gaan pos lê steeds by die huis? eisj.
Ek beskou myself nie as lucky nie… en as ek dalk luck sou kry sal ek baie stil bly want net nou jinx ek dit! LOL
Ek glo dit gaan oor jou eie denke. Positiewe denke, en nie altyd die slegste verwag nie, gee jou ‘n ander uitkyk op wat jy daagliks teëkom. Dit help ook om jouself deurgaans te herinner, daar is altyd iemand daarbuite wat slegter daaraan af is….jy sit dalk vir 10 minute langer oor die gebreekte verkeerslig, maar iewers het ‘n trok omgeslaan en gaan ander mense 2 ure later vanaand by die huis kom. Perspektief.
Naturlik het ek baie verkeerdom dae. Ek verkies net om dit so gou as moontlik agter my te sit en heeltemal te vergeet daarvan.