Not born that lucky

22 01 2013

Almal het seker sulke dae.  Ek praat van wanneer jy iets moet doen, maar net weet dit gaan jou geduld gene beproef.  Volgens die wet van gemiddeldes gaan jy wag / sukkel / tandekners.  Daar is natuurlik die kans dat alles seepglad gaan verloop, maar so gelukkig is jy nie gebore nie.  Maar dan was jy tog so gelukkig gebore.

Is dit net jou gelukkige dag?  Wat as jy verskeie sulke gelukkige dae het?  Beteken dit dan dat jy ‘n pessimis of net ‘n besonderse gelukkige (soos in lucky) mens is?  Vier jy dit of is jy maar net stilweg dankbaar?

Was jy al ooit so gelukkig gebore?