Die Wasmasjien Monkey

20 01 2013

P1260835

Hallooooooo Maatjies!!!

Joh, joh, joh!!!  🙄  Hulle maak ‘n heksie dood by die skool.  Wanneer ek na die rekendingetjie kyk, dan moet ek skoolwerk doen.  😥  En myse ouma sê ekke kan nie blog as ek moet skoolwerk doen nie.  :mrgreen:  Ek het toe by Tannie Ougat gaan wegkruip en daar was ekke te besig om koekies te eet. 😯  Tannie Ougat kook amper net so lekker koekies soos ek.

Maar ek is ‘n slim heks en ek het ‘n paar toertjies by die kerkooms van Wasmasjien geleer.  😀  Daardie kerkooms wat lyk of hulle kerk toe gaan en drade in hulle ore het.  😆  Eintlik dink ekke nie hulle gaan kerk toe nie.  😯  Heeltemal te veel wolfstreke.  🙄  Ekke gaan lekker met julle kyk wanneer my ouma nie kyk nie.

🙂 Ek het ook onthou ek moet vir julle die Wasmasjien foto’s wys.  😀  Sien, hier is ek en die Wasmasjien Monkey.  Dit is oorkant die Kapsie Heuwel, daar doer onder.  Die presidoodle kan dit ook van sy huis af sien.  🙄  En as die klonkies vergeet in watter land hulle is, is daar ‘n spul vlae sodat hulle kan sien.

Ekke moet nou my tore gaat oefen.

Tata Maatjies 😆