Noodlot se toeval

17 01 2013

Ek is nie juis ‘n groot aanhanger van die noodlot, toeval of enige ander plan nie.   As alles in elk geval sal uitwerk soos dit moet, sou daar mos nie iets soos vrye denke of die mag van ‘n keuse wees nie.  Hoekom in elk geval enigsins iets probeer doen as jou impak teoreties geen invloed behoort te hê nie.

Ek is wel ‘n groot aanhanger van die mag wat in elke mens gesetel is.  Daardie krag wat maak dat elke mens hulle sterre kan verander.  Mits hulle natuurlik wil.  Dit is natuurlik nie maklik nie, maar niks wat groot beloning inhou is die moeite werd nie.

Ek moet egter met tye ‘n bietjie wonder oor “meant to be” of is dit nou eerder ‘n geval van “not meant to be”.  Dit is amper of die heelal alles oor jou pad gooi om seker te maak dat jy nie jou plan kan uitvoer nie.  Dit is amper asof jy gewaarsku word?  Vet weet of dit teen die plan of die manier is.  Of net dalk is dit ‘n poging om die beloning op die ou einde meer soet te maak.

Dit is tog nie asof die mens al die wysheid en pag het nie.  En helaas is daar net een manier om uit te vind.  Foeter voort en die eindresultaat sal wys wie laaste lag.  Jy of die noodlot.

Breinvasbrand:  Wie het die hoofrolle in die fliek Serendipity gespeel?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Engeland


Aksies

Information

6 responses

18 01 2013
Ding

Môresê!
Hmmmmm… lekker filosofiese onderwerp … Dit hang seker af vanuit watter fundamentele beginsels die onderwerp benader word. Indien dit is dat die mens se mag en vryheid van doen, late en denke; die mens se wysheid in pag, die opperhand het, dan is dit so dat die mens KAN wik EN beskik (noodlot se rugkant op die planke en klaar uitgetel tot tien).
Maar as die vertrekpunt is dat die mens wik, maar God beskik, lyk die prentjie moontlik anders.
Ding hou daarvan om te reken dat as daar ‘n vurk in die pad is, en die mens maak die keuse om bv. links te loop, beteken dit nie dat die regterkant van die vurk verdwyn het nie. Bloot omdat ‘n mens ‘n bepaalde keuse gemaak het, beteken dit nie dat die ander opsie nie bestaan of bestaan het nie, ja.
Vat vas en stap voor!

18 01 2013
charlene

Kate Beckinsale (ek dink…?) en John Cusack.

18 01 2013
Son

Die ou mense het gesê hulle glo aan die Voorsienigheid. Dis dalk daardie Voorsienigheid wat mens soms probeer keer om die grootste foute in jou lewe te maak, maar omdat mens steeds vrye keuse het, maak jy dit TOG wel soms en dra dan die gevolge.

18 01 2013
gina

Ek sê eerder dat God in beheer van jou lewe moet wees. As Hy aan die stuur is sal Hy als vir jou uitwerk. Ja dit is ons mense het Hy gemaak volgens Sy ewebeeld. Maar vandag sak Hy sy kop in skaamte want ons leef nie sy gene uit nie. Sit bietjie die eie ek agter jou en laat hy die Ek wees in jou lewe.

18 01 2013
OlgaOlga

HY is jou Leidsman. Sonder Hom sal niks, nie vrye denke of toeval moontlik wees nie.

22 01 2013
demoerin

Ons het die denkvermoë gekry om besluite te kan maak. Die truuk is om nie op te hou probeer nie, ‘n klein terugslag is dalk juis soos jy sê ‘n nuwe lewensles, of die kaneelsuiker wat aan die einde die pannekoek gaan soet maak.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: