Noodlot se toeval

17 01 2013

Ek is nie juis ‘n groot aanhanger van die noodlot, toeval of enige ander plan nie.   As alles in elk geval sal uitwerk soos dit moet, sou daar mos nie iets soos vrye denke of die mag van ‘n keuse wees nie.  Hoekom in elk geval enigsins iets probeer doen as jou impak teoreties geen invloed behoort te hê nie.

Ek is wel ‘n groot aanhanger van die mag wat in elke mens gesetel is.  Daardie krag wat maak dat elke mens hulle sterre kan verander.  Mits hulle natuurlik wil.  Dit is natuurlik nie maklik nie, maar niks wat groot beloning inhou is die moeite werd nie.

Ek moet egter met tye ‘n bietjie wonder oor “meant to be” of is dit nou eerder ‘n geval van “not meant to be”.  Dit is amper of die heelal alles oor jou pad gooi om seker te maak dat jy nie jou plan kan uitvoer nie.  Dit is amper asof jy gewaarsku word?  Vet weet of dit teen die plan of die manier is.  Of net dalk is dit ‘n poging om die beloning op die ou einde meer soet te maak.

Dit is tog nie asof die mens al die wysheid en pag het nie.  En helaas is daar net een manier om uit te vind.  Foeter voort en die eindresultaat sal wys wie laaste lag.  Jy of die noodlot.

Breinvasbrand:  Wie het die hoofrolle in die fliek Serendipity gespeel?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Engeland