Vraatsigheid vs Varklikheid

16 01 2013

Daar was ‘n rukkie terug ‘n artikel in die Beeld gewees oor ‘n man wat bitterlik ontstoke was nadat Wimpy geweier het om vir hom nog ‘n glas “Bottomless” koeldrank na sy 7de een.  Aan die een kant verstaan ek sy grief.  Bottomless is veronderstel om ‘n putlose bron van drinkgoed te wees.  Tog weet ek nie of ek koerant toe sal hardloop en erken dat ek 7 groot glase koeldrank in ‘n uur en ‘n half gedrink het nie.  Ek meen regtig?  7?  Sonder dat sy blaas bars?  Blykbaar was dit nog niks, die man het ‘n uitdaging aanvaar en 26 glase koeldrank in 2 uur gedrink.  Die blote gedagte maak my sommer naar.

Dit is seker ‘n geval van elke diertjie het sy plesiertjie.  Volgens die man hou hy van uitdagings en probeer hy gereeld sy vorige rekords oortref.  Hy is blykbaar nie die enigste wat wil kyk waar die bodem van bottomless is nie.  Daar is ook blykbaar mense wat wil kyk of hulle die kombuis kan breek met “Eat all you can” aanbiedinge.  Blykbaar is dit vir party mense niks snaaks om 9 keer te gaan skep nie.  Skielik kyk my oë vanself oor mekaar.

Kom ons erken dit maar, baie mense ooreet hulle self waar daar ‘n buffet is.  Jy gaan beslis nie na ‘n “Eat all you can” ding om matigheid voor die oë te hou nie.  Die doel hier is kwantiteit en gewoonlik is kwaliteit nou nie van die hoogste belang nie.  Nogtans dink ek dat daar iewers ‘n perk moet wees.  Daar is ‘n streep waar ‘n vraat voordeel uit so ‘n aanbod kan trek.  Daarna raak dit varksigheid.

So waar begin vraatsigheid?  Is ‘n tweede bord net ‘n verwagde voordeel wat jy uit so ‘n aanbod kan trek?  Dit is immers iets wat in die meeste huise wel gebeur en aanvaarbaar is.  Maak die derde bord van jou ‘n vraat?  Is dit aanvaarbaar as ‘n gemiddelde mens meer as 4 borde eet net omdat hy / sy kan?  Wanneer tree varkerigheid in?  Wanneer raak dit ‘n selfmoordpoging deur middel van ooreeting?

Vreet ons oor die algemeen nie te veel nie?  Is dit regtig nodig om nog meer te gaan soek?

Hoe voel julle?

Breinvasbrand:  Van watter land af het Wimpy ontstaan?

Breinlosbrand:  Olga was reg Nkandla.


Aksies

Information

10 responses

16 01 2013
MaanKind

Dis plein blerrie vraatsigheid.

17 01 2013
Xena Phoenix

Watter deel? 😉

16 01 2013
Dirkie

As ek hy is gaan ek my laat toets vir Diabetes .

17 01 2013
Xena Phoenix

Met so ‘n groot dors, is dit verseker ‘n moontlikheid.

16 01 2013
Barend van der Merwe

Oei, ek stem saam met Dirkie. Sulke mense moet oppas vir suikersiekte. Maar bottemless is bottemless. As jy nie kan by ‘n belofte hou nie dan’s dit beter jy maak dit nie. Ek weet van mense wat met sulke special aande al die vorige dag ophou eet en dan vas vir die hele dag. Hulle honger hulself uit vir ‘die groot aand’.

Daar is ‘n ou spreekwoord wat so iets lui – as jy jouself vir ‘n toffie vir uitleen moet jy maar gekou word! En in hierdie geval, dink ek, werk die ding in twee rigtinge, veral met betrekking tot suikersiekte.

17 01 2013
Xena Phoenix

Hi Barend.

Baie welkom hier.

Ons het dit ook op varsity gedoen voordat ons Boston BBQ toe is. “Uithonger” om reg aan hulle kos te laat geskiet. 😉

Ek stem saam dat bottomless bottomless is, maar ek moet erken dat ek die mens se vermoë om te sluk / eet ver onderskat het.

16 01 2013
Olga

Londaon, Engeland dus.
Wel, bottomless, is bottomless. Toe Spur in Sabie nog oop was, het hulle ook soms hulle “eat all you can” aande gehad. Dit het geloop tot drie porsies, dan was dit klaar. Ek was dikwels heel verbaas as ons in ander dorp by Spur gaan eet het en die “steak” was aansienlik groter en die skyfies aansienlik meer as in Sabie. Geen wonder hulle moes hulle deure sluit nie. Hulle het hulself van die mark af gerantsoeneer.

17 01 2013
Xena Phoenix

Besuinigingsmaatreels. Dalk sou hulle verder gekom het as hulle eerder op gasvryheid gekonsentreer het.

17 01 2013
Selene Phoenix

Ek verstaan hoekom hy so vies is. Jammer maar bodemloos is mos bodemloos? As jy sê bodemloos, maar in klein skrif sit tot en met 7 glase dan is dit nie bodemloos nie – so jammer maar dis dan verkeerd geadverteer en ek sal hulle sommer dagvaar!

Ja hy het ‘n vraat uitgedraai, maar maak dan eerder die koeldrank goedkoper of dra glasie vir glasie aan dat die man homself letterlik in ‘n koma in drink! Sit net by “we will not be held responsible for health issues due to vraatsigheid”

En dit was 27 glase Tweeling, die koerant is verkeerd.🙂

17 01 2013
Xena Phoenix

🙄 Mens kan deesdae niks meer glo wat jy lees nie. 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: