Toespraak Skrywer

15 01 2013

Ek het eendag lank terug die staaltjie gehoor.

Daar was die minister (parlementslid of so iets) wat jare lank iemand gehad het wat sy toesprake vir hom geskryf het.  Mooi toesprake – die belangrike goed is reg oorgedra en daar was net genoeg humor in gewees.  Die minister het hom soveel vertrou, dat hy later nie eers meer die toesprake vooraf gelees het nie.  Hy sou die eerste bladsy in die kar lees, dan met elke applous of lag van die gehoor, die volgende bladsy.

Eendag het die toespraakskrywer genoeg gehad en wou bedank.  Dit was hier te lank en daar te kort, maar die toespraakskrywer het klaar besluit:  hy was klaar.  Die minister oortuig hom toe om nog een laaste toespraak te skryf.  Hy willig in en die minister is met die getikte toespraak weg na die geselligheid.  Soos altyd was dit ‘n pragtige toespraak tot waar die minister tydens ‘n applous na die tweede bladsy gekyk het.  Daar was net een sin:  “Nou is jy op jou eie, blikskottel!”

Deesdae, elke keer wat Zuma sy mond oopmaak dink ek aan die staaltjie.  Ek wonder wat de hel het van die president se toespraakskrywer geword.  Begin hy ook die tweede bladsy met “Nou is jy op jou eie” of is hy besig om ‘n wêreldrekord vir die langste staking na te jaag.  Elke liewe keer wat Zuma sy mond in die openbaar oopmaak, sê hy iets wat eerder ongesê moes word.  Daar is altyd ‘n debat daaroor na die tyd met ‘n verklaring van die presidensie en die ANC dat Zuma ALWEER verkeerd verstaan is.

Kyk, ek voel half kaal as my voet nie in my mond is nie.  Ek is ‘n tipiese voorbeeld van “fools rush in where angels fear to thread”.  Daar is egter ‘n baie belangrike onderskeid.  Ek is nie die land se president wat homself vir eenheid onder sy mense moet beywer nie.  Ek moet myself uitdaardie gat uit grou en nie nog mense moeite aandoen om ALWEER  te verduidelik dat ek verkeerd aangehaal is nie.

In minder as ‘n maand het Zuma besluit dat dit nie ‘n Afrika tradisie is om na jou troeteldiere te kyk nie.  Blykbaar is dit ‘n euwel wat saam met kolonialisme die land binnegeval het.  Die week word daar weer vure doodgeslaan dat ANC lidmaatskap nie ‘n maatskappy vooruitstrewend maak nie.  Altwee blykbaar metafore wat die Anti-Zuma groep glo te dom is om te verstaan.

Ek betwyfel egter of Zuma self weet wat ‘n metafoor is.  Dalk moet hy daarvan weerhou tot hy dit kan oordra sonder enige verwarring.  Dit is tog nou nie of hy een of ander letterkunde prys najaag nie.

Breinvasbrand:  Wat is Zuma se privaatwoning se naam?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Weskaap.

Advertisements

Aksies

Information

12 responses

15 01 2013
Olga

eerste!!!!
Nkandla
Moenie kyk na sy toespraakskrywer nie, eerder sy toespraak voorsêer. Dalk praat hy soveel kak wanneer sy voorsêer in die stort is.

16 01 2013
Xena Phoenix

Iemand moes al lankal ingetree het om sy toesprake na te gaan. Dalk is dit net te lekker om te gaan marshmallows braai.

15 01 2013
Olga

Hy het ‘n goeie naam vir sy tuiste gekies. Teen hierdie tempo gaan hy al die land se fondse “Exhaust” om te wys wie is die main konyn.

16 01 2013
charlene

Darem maar ‘n maklike lewe as mens enige snert wat jy wil kan kwytraak en dit dan te blameer op misinterpretasie.

Maar aan die ander kant is dit seker net so moeilik as die hele wêreld ‘n vendetta teen jou het.

Almal.

Oral.

Die heeltyd.

Persoonlik dink ek hy moet eerder gaan wegkruip op NKANDLA (see what I did there?) waar hy lekker agter sekuriteitshekke oor sy skouer kan loer.

16 01 2013
Xena Phoenix

Ag shame, arme Zuma. 😉 Ek dink hy geniet die bohaai

16 01 2013
Griffels

ons bly hom mis verstaan want ons se donner net as ons donner meen. As iemand kwaad word omdat ons donner se dan lieg ons nie en set ons het die aktrise aangeroep nie. Watse verskoning gee hy aan die swart vroue wat
hy so beledig het deur te se geen velbleik rome en reguit pruike gaan hulle wit maak nie. En tog is hy met die meerderheid stemme weer verkies as president. Maar hy het in hulle gesigte gevroetel na mangaung.

16 01 2013
gerdajansen1

jy het ietsie vergeet griffels, hy se mos dit is net n “witmens-ding” om so liggeraak te wees. die swart vroue is seker hoogsgevlei dat hy hulle roompies en pruike raak gesien het.

16 01 2013
Xena Phoenix

Weet jy Griffels, jy kan my met ‘n veertjie omtik dat die ANC vroueliga een van sy grootste ondersteuners is. Ek meen, regtig? Die man het geen respek vir vrouens nie. Maar ja, respek vir vrouens is seker ook nie ‘n Afrika tradisie nie.

16 01 2013
Olga

Vroue en honde is saam in dieselfde plek op sy prioriteitsleer.

16 01 2013
gerdajansen1

wys jou nou net, lee blikke maak die meeste lawaai.

16 01 2013
Xena Phoenix

Nou dit is die reine waarheid.

16 01 2013
JWW

Ons is seker die enigste land ter wereld wat so ‘n dom P@#S van ‘n president het met sy std 3 en al…. fok nee kyk die land is nou vinnig op pad toilet af!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: