Rent-a-crowd

14 01 2013

Ek is nie ‘n mens wat juis oorloop met simpatie vir ‘n ander nie, maar daar is bloedweinig te spaar waar dit stakende massas van Suid-Afrika aangaan.  Daar is net te veel, te gereeld en die eise word by die dag wilder.  Dit is amper asof die een groep ‘n ander wil wys wat nou regtig gedoen kan word.  De hel met redelikheid, realiteit en waarde.

Tans is dit weer ‘n gesanik oor die plaaswerkers se loon.  Of eerder, as ek die storie nou reg verstaan, die voorgeskrewe minimum loon wat deur die regering voorgeskryf word, wat seisoen werkers ‘n dag verdien.  Volgens gerugte is dit ‘n skamele R69 ‘n dag.  Mens het nie gevorderde Wiskunde nodig om te besef dat R69 nie ver gaan nie.  Ek – as ‘n enkeling – sal nie op R69 ‘n dag kan oorleef nie.

Daar is tog begrip vir die mense se nood.  Tog, as ‘n boer se bedryfkostes in aggeneem word, is dit ook duidelik dat dit nie so maklik is om net ‘n verhoging van meer as 100 % toe te staan nie.  Veral nie as sy wingerde, pakhuise ens. sommer summier afgebrand word nie.  Dit sit geen baas in die bui om oor verhogings te praat nie.

Dit is egter net die punt van die ysberg.  Blykbaar is dit veral die seisoen werkers wat bitterlik ongelukkig oor die minimum loon is.  Dit is mense wat in elk geval die grootste gedeelte van die jaar met niks oor die weg moet kom.  R69 is dalk min, maar dit is aansienlik beter as niks.  Dan hoor ‘n mens ook van busvragte wat aangery word, stakers wat nog nooit eers ‘n voet op ‘n plaas gesit het nie.  Hard werkende mense wat vir hulle veiligheid en lewe vrees as hulle weier om aan die staking deel te neem.

‘n Heel skewe prentjie.  Geweldadige stakers wat nie eers op plase werk nie, maar verhoed dat ander gaan werk.  Duidelik gaan dit nie oor ‘n arme plaaswerker se lot nie.  Dit ‘n politieke speelbal, een waar dit oor mag gaan en waar niemand kan werk nie.

Want, niemand kan gedwing word om arbeiders te gebruik nie.  Veral as masjiene minder kos, nie jaarliks staak of verwoesting saai nie.

Waar gaan dit die seisoenwerkers los?

Breinvasbrand:  In watter provinsie is die plaaswerker staking?

Breinlosbrand:  Burry Stander


Aksies

Information

6 responses

14 01 2013
Olga

Wes Kaap.
EERSTE!!!!
Ek sê as die eerlike plaaswerkers nie tevrede is om geboelie te word om te staak nie, kan hulle die SAPD inroep of die rent-a-crowd opfok. Alternatiewiglik kan hulle parlement toe. Ek is seker hulle sal top poste daar kan bekom. Veral as hulle Gp toe trek of na enige ander ANC vesting.

15 01 2013
Xena Phoenix

Ek wonder hoeveel word ‘n mens betaal as jy deel is van rent-a-crowd? R150 ‘n dag?

14 01 2013
Olga

tjk. Vererg ek my nou vir die %^%$#

15 01 2013
charlene

Baie nader aan my eie vel… ons ouens word goed betaal. Maar agv ernstige probleme in die mark, sowel as ons (unfortunate) BRIC-lande konneksie, het ons in 2012 geen salaris verhogings ontvang nie. Die plant-werkers staak oor kersfees (ons besigste tyd van die jaar) en kos ons miljoene. Terwyl hulle buite staan en dans werk ons ons self suur. Toe kry hulle nou ‘n offer van ‘n lump sum + ‘n sekere hoeveelheid produk elke maand vir ‘n jaar lank.

Die res van ons wat ons werk doen en AANVAAR dat ons geen verhogings gekry het nie, word niks geoffer nie en trek aan die kortste ent.

Dit maak my die hoppende fok in.

15 01 2013
Olga

Waar is die UNITY dan in die beleid?

15 01 2013
Xena Phoenix

Dit is onregverdig! Daar is bloot net nie meer plek vir mense met integriteit nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: