Lily the Pink

13 01 2013

Sjoe!  Ek het lanklaas geblog.  Vir iemand wat op ‘n stadium 3 skrywes op ‘n weeksdag gehad het, het ek seker vir alle praktiese doeleindes opgehou blog.  Dalk moet dit eerder so bly, maar ek het nie regtig ‘n besluit geneem om te te stop nie.  So, hier is ek weer.  Tot die gebrek aan internet of my lewe weer kom inmeng.

So, hier is ons weer aan die begin van ‘n nuwe jaar en die einde van nog ‘n feesseisoen.  Met ‘n pad sterftesyfer wat enige normale mens laat sidder.  Natuurlik word daar nou optrede geëis.  Klaarblyklik het die koeltegoggas wat met hulle speelgoed in die lang gras wegkruip nie juis ‘n impak gemaak nie.  Ek hoop nogtans dat die vlooie in die gras feesgevier het, maar dit is net ek.

Die regering het gesweer om ‘n verskil te maak.  As ek nou mooi in die klas opgelet het, gaan hulle drank gebruik nou behoorlik vasvat.  Daar word gestreef na wetgewing wat ‘n 0% alkohol limiet gaan vereis van almal wat agter die stuurwiel inklim.  O ja, daar word ook gebrom dat enige bemarking van drank verbied moet word.

Persoonlik slaan ek maar net my oë op na die hemel.  Dit is amper soos poep teen donderweer of pis teen die wind.  Of om dit beskaaf te stel, gryp na strooihalms.  As iemand bereid is om stormdronk agter die stuurwiel in te klim, wel wetende dat hulle oor die bloedalkohol perk is, gaan ‘n verlaging in die alkohollimiet net mooi niks aan die mentaliteit verander nie.

Daar kan seker baie gesê word oor die menaliteit van die Suid-Afrikaanse publiek.  Mense weier om verantwoordelikheid vir hulle eie veiligheid te neem.  Dit is nie net die motoriste nie. As ek 5 c kon kry vir elke voetganger wat ek op die snelweg sien, kan ek aftree.  Voetgangers doen niks om hulleself meer sigbaar te maak nie en dronk loop is net so gevaarlik soos dronkbestuur.  Fietsryers is beslis ook nie die onskuldige feetjies wat hulle voorgee om te wees nie.

Net om ‘n paar probleme te noem.  Ek dink egter dit is tyd dat die regering hand in eie boesoem slaan.  Die toestand van ons paaie is haglik en versleg jaarliks.  Slaggate raak net meer en daagliks dieper.  Dit lyk nie of daar enige iets daaromtrent gedoen word nie.

Slaggate kan seker nie alleen die skuld dra nie.  Dit is egter iets daadwerkliks wat die staat kan aanpak.  Dit is buitendien vir almal makliker om beheer oor ‘n voertuig te behou as daar nie elke paar meter vir ‘n gat uitgeswaai moet word nie.  As die regering die balk uit hulle oog gehaal het en seker gemaak het hulle kant is skoon, kan daar na die splinters in die motoriste se oë gesoek word.  Iemand vind dalk in die tussentyd uit hoe om mense te leer om vir hulle self te dink.

As jy die balk uit jou eie oog moet haal betreffende veiligheid, wat kan jy doen om te verbeter?

Breinvasbrand:  Wie is die Suid-Afrikaanse fietsryer wat onlangs sy lewe in ‘n ongeluk verloor het?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Escherichia.


Aksies

Information

2 responses

13 01 2013
Olga

Eerste!!!!!!
Ai weet jy, die anc pak alles aan, maar voer niks deur nie. Solank hulle net “NIE SWART” kultuur kan squash en name verander is hulle gelukkig. Ek het vandag die slimste president wat die land nog ooit gehad het, op die radio hoor teem. Hy gaan “unity” in die land bring. Nou wonder ek, watse unity gaan hy bring met sy getewery oor BBBEE? Hello JZ…. Weet jy wat UNITY is? Vra een van jou adviseurs om vir jou uit die woordeboek te vertel wat UNITY beteken. Dan sal jy en die adviseur weet wanneer jy voor volk en Vaderland kak praat. Hou op om om swartes onverdiend in te stop! Wees regverdig eenoor almal.

14 01 2013
Toortsie

Ek dink daar is baie balke wat uit baie oë gehaal moet word. Sommer van die regering af regdeur tot by die padverbruiker, of dit nou ‘n motoris, fietsryer, of voetganger is.
Ons kanniewarriehouding, die ding van die pad gebruik om ons woede uit te haal, die ding van ek is beter as jy en jy gaan my nie voorsê nie, ek ry soos ek wil maak soos ek wil wanneer ek wil of ek wil….
Bly jy’s terug. Swak internet steel enige iemand se lus vir blog.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: