Legendes en Feëverhale

11 12 2012

As ek ooit sê Nelson Mandela is my held, jok ek.  Maar Madiba is ‘n man waarvan elke Suid-Afrikaner kennis neem.

Ek was Saterdag verbaas dat die presidensie so vinnig besluit het om Mandela se opname in die hospitaal bekend te maak.  Dit is buite die normale verwagting.  Gewoonlik ontken die Presidensie dit tot hulle laaste asem, ongeag van enige bewyse wat bekend is.  Dit alleen laat my dink daar is iets groots aan die gang.  Dit laat seker die wêreld dink daar is iets groots aan die gang – as ek so na almal se beterskap wense kyk.

Ek het so ‘n vermoede dat baie winkels ‘n skerp styging in hulle blikkiekos verkope sien.  Ek vermoed ook dat daar tans met nuwe oë na beveiliging en verdediging om die huis / plaas gekyk word.  Daar is niks fout daarmee om paraat te wees nie, maar ek hoop / glo / weet dat dit ‘n onnodige stap is.

Ek weet nie of lande net aan een gesig gekoppel kan word nie.  Ek meen, in ‘n land soos die VSA kan ‘n mens nie regtig Lincoln uitsonder sonder om eers aan Washington of Franklin te dink nie.  Tog in ons geval dink ek tog Nelson Mandela is die gesig van Suid-Afrika.  Hy word deur miljoene mense as die verlosser van Suid-Afrika gesien.  Ek dink ek kan met veiligheid sê die meerderheid van die wêreld.  Nie dat hy ‘n heilige is nie, maar dit is ‘n gesprek vir ‘n ander dag.

Ek wonder nogal wie is nog aanspraakmakers as die gesig van Suid-Afrika.  Ek gaan Jan van Riebeeck ook daarvoor nomineer.  Niemand hou daardie posisie vir 300 + jaar en word dan vergeet nie.  Desmond Tutu is seker ook ‘n goeie aanspraakmaker, sonder dat hy iemand doodgemaak het.  Daar is seker verskeie sportsterre wat mense ook kan nomineer.

Wie is vir jou die gesig van SA?  Met wie sal jy SA altyd verbind?


Aksies

Information

12 responses

11 12 2012
Gerda

EERSTE.

verbaas my die ou bliksem lewe nog.

11 12 2012
Olga

My feelings exactly. Of dis die waspop wat ons altyd op tv sien met hulle familie byeenkomste.

11 12 2012
Gerda

hulle kan elke jaar n ander gesig gebruik. maar ek dink dit sal altyd met lippe kom.

11 12 2012
Olga

Ek vra weer, wdf het die ou mens vir die land gedoen? Die deure tot bedrog en korrupsie oopgemaak. Ek wou gesê het F. W. De Klerk. Maar fok hom, hy het die tronkdeure oopgemaak wat al die bedrog, korrupsie, rassisme, misdaad ewettig het. Nee wat, wat dit ‘n vereiste vir leierskap in Suid Afrika gemaak het. Racheltjie de Beer.

11 12 2012
jagternw1976

Lmga Olga. Jy steel ook alewig my gedagtes.
My gesig vir SA .. ‘n Springbok !

12 12 2012
Sonlig

Ek dink nogal aan Leon Schuster. Hy het die vermoë om Suid-Afrikaners vir hulleself te laat lag, want sy rolprente kan ons gewoontes en unieke maniertjies van praat en doen so perfek vasvat dat mens nie anders kan as om trots Suid-Afrikaans te voel wanneer Leon met sy Springboktrui en rugbykouse die p.. uit ons vat nie.

13 12 2012
Onbekend is onbemind « Kouevuur

[…] keer was dieselfde, maar die keer was ook bietjie anders. Die eerste aand het Die Merrie my genooi en ek het vir Samantha en Nick ontmoet. Daar is nie woorde om te sê hoe lekker dit is om […]

13 12 2012
Selene Phoenix

Dis ‘n moeilike een… maar ek sal seker moet sê Mandela (omdat hy so in ons keelgat in gedwing word deur alles en almal!) Hy kom op met sy hemde en dansie… en al die Zulu dansers (al irriteer hulle my grensloos)

Maar as ek nou regtig mooi en diep dink… ons natuur. Ek koppel dit aan niemand nie!! Op die oomblik dink ek aan renosters en olifante as ek aan SA dink! Ons natuur is vir my so mooi!

LMGA @ Olga!!

17 12 2012
Olga

Dis in elk geval tyd dat die ou wetter betaal wat ONS wil hê.

17 12 2012
Louwie

Stem saam Selene, olifante en renosters. Daar is nie baie mense daar buite wat `n ewige, positiewe indruk gemaak het nie. Die lys van mense wat vir die slegte dinge wat hulle gedoen het onthou gaan word is myle lank.

9 01 2013
Olga

&^*& *&% $%%^# en fokkit Grieters. Hoeveel langer wil jy my laat kots????????

9 01 2013
JWW

Is amal nog op verlof?? geen nuwe post nie…..

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: