5 sekondes

29 11 2012

Almal het seker al van die  5 sekonde reël gehoor.  Party mense verwys na die 3 sekonde reël.  Dit is basies die aantal tyd waarin jy iets wat jy laat val het kan optel en weer eet.  Die teorie is dat kieme ‘n sekere aantal tyd nodig het voordat dit ‘n voorwerp bespring.  Die tyd is vasgestel op 5 sekondes.  So as jy jou broodjie laat val en binne 5 sekondes optel – van enige oppervlakte af – kan jy lustig verder eet sonder om oor kieme bekommerd te wees.

Dit is natuurlik op die heelbeste ‘n klomp snert.  Ons lewe nie in ‘n steriele omgewing nie en daar is kieme orals om ons.  Vloere, paaie en selfs jou lessenaar is vol kieme.  Die oomblik wat jou broodjie, lekker of self net jou hand daarmee kontak maak is dit vol kieme.  Daar is selfs kieme op die bordjie wat jy gebruik om te eet, hoewel – hopelik – aansienlik minder as op die teerpad.

Gelukkig maak elke kiem nie dood nie.  Elke kiem maak nie eers siek nie.  Die meeste is eintlik maar heel passief betreffende mense.  Baie mense sweer dood by die 5 sekonde reël en het niks daarvan oorgekom nie.  Dit is seker weer ‘n klassieke voorbeeld van wat ‘n mens nie weet nie, kan hulle nie seermaak nie.  As iemand getroos is om sy boereworsrol van die parkeerarea af op te tel en verder te eet, hoekom nie?  Solank sy ander kieme nie protesteer nie, maak dit seker nie saak nie.

Daar is natuurlik nog die gross faktor.  Die blote gedagte aan iets wat op ‘n sigbare vuil oppervlak geval het en dan geëet word, is genoeg om baie mense te laat vas.  Al was die 5 sekonde reël deur en deur bewys.  Daar is tog nie nut om te eet as jy jou dood daarvoor gril nie.

Dit is die twee kante van die munt.  Ek moet erken dat ek nie juis gepla is met kieme nie.  As dit nie uit-en-uit gross is nie, tel ek maklik op en eet verder.  Ek reken dit is deel van die rede dat omtrent nooit siek word nie.  Ek sal beslis nie elke keer wat my kind ‘n fopspeen laat val, hol om ‘n steriele een te kry nie.

Hoe voel julle daaroor?  Is julle bang vir kieme?  Of sien julle dit as ‘n verlore saak wat nie gewen kan word nie.

Breinvasbrand:  Waarvoor staan die E in E.coli?

Breinlosbrand:  Gerda was reg met Rizzo, Jan en Marty, maar sy het van Frenchie vergeet.


Aksies

Information

6 responses

29 11 2012
Olga

Escherichia????
Is ek eerste????

29 11 2012
Sonlig

Ja – dis aboslute snert! Dis ten minste 10 sekondes.

Aitsa Olga! En ek dog jy hou by plantname!

29 11 2012
brieweuitdievreemde

Kieme pla my ook nie – hoe meer hoe beter vir die bevordering van die immuunstelsel dink ek. Ek het ook al gelees van die skade wat al die sterk skoonmaakmiddels wat so mildelik gebruik word, in die omgewing aanrig. Ek dink mense maak in die algemeen te veel skoon. Dis nie nodig dat iets vieslik moet raak nie, maar alles hoef ook nie elke dag ge-domestos te word nie.

29 11 2012
Avontuur in die woestyn (3) | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

[…] Heksie onthou skielik van hoeveel heksemaatjies sy het, almal met besems om ons te beskerm! Die Merrie ken ook ‘n stal vol […]

30 11 2012
Toortsie

Ek probeer skoon leef maar is glad nie kiemverskrik nie. As iets in die parkeerarea val sal ej dit los. Maar in my eie huis met my eie kieme?🙂 ek word min siek, maar daar is dalk n genadefaktor ook by.

30 11 2012
Toortsie

Dis ongesond om heeltemal kiemvry te probeer leef. Deur in aanraking met kieme te kom, stimuleer jou immuunstelsel. Kyk maar mammas wie kiemverskrik is, hul kinders bly siek.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: