Laaste Nuus

27 11 2012

7 uur nuus is amper ‘n instelling.  So deel van ‘n mens se lewe as tandeborsel voor jy gaan slaap en piepie wanneer jy wakker word.  Iets wat gedoen word – outomaties en sonder om regtig daaroor te dink.  Dit is amper net.

Niemand beplan om die nuus te kyk nie.  As jy toevallig daardie tyd by die huis is, is die TV aan.  Indien nie – wel, daar is die internet, radio en koerante om seker te maak jy mis nie iets nie.  As daar iets is wat jou belangstelling prikkel, maak jy wel ‘n plan.  Nogtans was dit waarskynlik die internet, sosiale media, radio of ‘n koerant wat die saadjie geplant het.  Dit is nogtans ‘n kort termyn beplanning – ironies genoeg om iets te sien wat jy reeds weet.

26 November 2012 sal seker altyd die uitsondering bly.  Ek het sedert 2 November 2012 al beplan om die 19:00 Afrikaanse Nuus op SABC 2 te kyk.  Die laaste nuus uitsending wat Riaan Cruywagen aangebied het.  Ek moes self ‘n afspraak skuif om seker te maak ek is betyds voor die kassie.  Nuus met Oom Riaan is ‘n tradisie en ek sal van my kop af wees om die einde van ‘n instelling te mis.

 

 

 

 

 

 


Aksies

Information

5 responses

27 11 2012
Olga

Gelukkig was dit sy keuse. Dalk ‘n geval van “vaarwel Riaan die nuusleser en elo Riaan die filmster.” Leon Schuster, Willie Esterhuizen????? Ai, tog. Dit het gevoel soos begrafnis om te weet dis die laaste keer, Ek hoop nie hulle bring ‘n diklip, platneus, grootgat rugryer met n kak aksent om hom te vervang nie. Ook nie vir Waldie Carelse nie. 4k Olga, wie bluf jy?

27 11 2012
Natasha

Ek dink die “tribute” wat SABC gedoen het was stunning.
Net jammer hulle het oorgeskakel daarna voordat Riaan sy pen vir die laaste keer in sy hempsak gedruk het…

27 11 2012
Olga

Ek het lanklaas ‘n program geniet soos die “tribute.” Dit was net te vinnig klaar.

27 11 2012
Gerda

laaste nuus? gaan jy nie meer skinder nie?🙄 ons sal voortaan net moet leer om self ons taal in stand te hou. geniet jou aftrede riaan.

28 11 2012
seegogga

mooi footo van ou Riaan, Ek het jarrrre gelede ‘n storie vir Siembamba geskryf, jare voor daar so-iets so TV in SA was. Riaan Cruywagen het dit op die radio gelees. Hy het die mooiste stem as ‘n mesn net na hom luister sonder om te kyk. En ja, hy het dit BAIE mooi gelees en selfs soos ‘n padda gekwaak wat hy moes.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: