Voluit Pienk

21 11 2012

 

Nou skuld ek Toortsie nog haar dare.  Ek moet skryf oor pienk.  Ek verbeel my amper dat ek iewers al oor pienk gepraat het, maar nou ja.  ‘n Dare is ‘n dare.

Persoonlik is my gunsteling kleur groen, maar ek het ‘n baie sagte plekkie vir pienk.  Van kleintyd af het ek van pienk gehou.  Soveel so, dat as die Osse toe ek melktande gehad het in pienk gespeel het, was ek seker vandag ‘n lojale aanhanger.  Gelukkig het hulle nie, dus kan ek met ‘n oop gemoed ‘n WP ondersteuner wees.  Maar ek dwaal af.  Waar ek ‘n keuse betreffende kleur het, vat ek altyd pienk as groen nie beskikbaar is nie.  Daar is egter tye wat die pienk harder as die groen roep en met gemak wen ook.

Pienk is nogal ‘n veelsydige kleur.  Aan die een kant is dit die kleur van onskuld.  ‘n Kleur wat sinoniem met klein dogtertjies is wat droom van feetjies en prinsesse.  Dit is aan die ander kant ook die ander kant die kleur van rebellie.  Dink byvoorbeeld aan die Pink Ladies van Grease of hoe Dirty Dancing se tema kleur pienk is.  Dit is ook ‘n kleur wat die gay gemeenskap verteenwoordig.  Dalk nie so seer omdat dit ‘n kleur is wat hulle self gekies het as wat dit aan hulle afgesmeer is nie.  Dit is die kleur van borskanker en enige iets vrouliks.  Dit is die kleur van bloeisels en nuwe lewe.  Dit is die kleur van mens wees.

Pienk is nie ‘n kleur wat iemand koud laat nie.  Dit is bloot te kontrasterend en wyd om in ‘n blik gedruk te word.  Mense haat dit, is mal daaroor of haat dit omdat hulle mal is daaroor.  Pienk kan troos, pienk kan uitdaag en pienk kan beledig.  Pienk is ‘n fasinerende kleur.

Pienk is die kleur wat klein dogtertjies veilig en geliefd laat voel.  Dieselfde pienk kan groot uitgegroeide mans laat hardloop vir skuiling.  Alles deur net pienk te wees.

Het ek genoem dat ek van pienk hou?  Hou jy van pienk?

Breinvasbrand:  In Grease, wie was die Pink Ladies?

Breinlosbrand:  Natasha was reg met Romeo Montague en Juliet Capulet.


Aksies

Information

12 responses

21 11 2012
Loli Pretorius

Pienk is ook die kleur van rugby truie…..😉
Ek hou van pienk….fuschia, eintlik die een wat die beste pas by my….

21 11 2012
Gerda

rizzo, marty en jan. pienk is nice. ek hou ook van pienk.

21 11 2012
seegogga

Watter Gerdatjie is jy/

22 11 2012
Gerda

ekke seegog. wp gooi my elke dag met “log in.”

22 11 2012
gerdajansen1

soos nou.

22 11 2012
seegogga

ooo nou sien ie! Dog julle is twee verskillende Gerdas!

21 11 2012
gerdajansen1

ek gaan ook se soos ander dingetjie.
1
2
3
toets.

21 11 2012
JWW

I doesnt do pienk drienks !!! mmmm o’kay !

22 11 2012
pienkpantoffels

My ma was mal oor pienk. Ek verkies oranje …

22 11 2012
Toortsie

Well done!!!
Soms gaan ek deur pienk/pers fases, en dit word afgewissel deur ROOI fases…. Dit hang net af hoe STERK ek voel. Pienk is vir my die sagter weergawe van die 2.

22 11 2012
gerdajansen1

en met al dieselfde besonderhede is dit nou reg. magic. die donner weet …

27 11 2012
Gerda

is ons nog nie pienk genoeg nie?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: