Ek hoor vanoggend op Eye Witness News dat een of ander Karate Sensei skuldig gaan pleit op verskeie aanklagte van Seksuele en Onsedelike aanranding. Hy reken glo dat die die maklikste pad is om te volg, maar volstaan dat dit onmoontlik is om karate af te rig sonder om aan die studente te raak.
Vir ‘n verandering ‘n onderwerp waaroor ek persoonlike ondervinding het. Ek was immers jare lank ‘n karateka gewees. In die tyd het ek met tye klasse aangebied en dikwels juniors gehelp met hulle bewegings. Dit is seker nie onmoontlik om karate af te rig sonder om aan die studente te raak nie. Dit is bloot net makliker om ‘n liggaamsdeel reg te draai as om die klas op te hou van ‘n lang en moeilike verduideliking van presies hoe ‘n arm, been, heup, kop of skouers moet wees te deel.
Daar is egter een baie belangrike punt om in gedagte te hou. Die “aanraking” is bloot funksioneel. Ek is oor die algemeen nie baie gemaklik om aan mense te vat of om dat mense aan my vat nie. Dit het my egter nooit in ‘n karateklas gepla nie. Daar is ‘n doel met elke beweging en dit help die student om die beweging meer korrek uit te voer. Dit is amper soos om tafel te dek, alles moet presies reg wees.
Om eerlik te wees het ek nooit regtig voor vanoggend daaroor gedink nie. Dit was bloot net nie ‘n dink werd nie. Dit was ‘n “tap” met die voet dat die knie van die student ver genoeg vorentoe gestoot is. ‘n Vinnige draai van ‘n voet of van die heupe dat die posisie effektief is. Soms net ‘n vinger op ‘n vuis of op ‘n elmboog om die student te herinner hoe ‘n posisie moet lyk. Daar was soms grepe en skerm wat mense nader aan die ander liggaam gebring het. Tog was dit altyd met die doel om perfeksie na te jaag. Niemand het ooit gewonder of dit onskuldig al dan nie was nie. Dit was tog nie die doel nie.
Ek kan nie dink dat enige iets in ‘n karateklas wat voor ouers en medestudente gebeur as seksueel of onsedelik kan wees nie. Elke student het ‘n GI aan en vroulike studente het dikwels ‘n t-hemp en ‘n ski pants onder die GI aan. Punt wat ek wil maak is dat dit moeite vir ‘n afrigter is om onsedelik of seksueel te wees. Iets wat buite die konteks van ‘n karate instruksie sal wees. Iets wat nie per ongeluk verkeerd verstaan kan word nie.
Ek het natuurlik nie al die feite tot my beskikking nie, maar ek voel dat daardie sogenaamde instrukteur stront praat. As dit onskuldig was, het daar niks daarvan gekom nie of elke tweede senior student of instrukteur sou moes bond staan om te verduidelik.
My mening, maar wat dink julle?
Breinvasbrand: Die belde voor swart staan as kyu bekend. Wat beteken kyu?
Breinlosbrand: Gerda was reg met Sita.
EERSTE!!!!!!!!!!
Klas? Rang? So iets as ek reg onthou.
Ai weet jy!!! Mense kan tog so onnodig wees. Sien sex waar ander ‘n reghelp sien. Dan weer, hoekom skuld erken as jy nie seksueel was nie? Hy sal weet waarvan was hy aangekla en waarop hy skuld erken.
mense soek altyd drama in alles. maar n mens erken nie skuld n misdajmwat jy nie gedoen het nieg
ag nee! daar was dan nie eers n login nie.