Olga se post het my nou laat dink. Ons het lanklaas ‘n lekker tag gehad. Sooooooo . . . . . .
Kom ons speel ‘n bietjie truth or dare.
Vir die volgende 24 uur kan julle my enige iets truth or dare. Julle kan my iets vra en ek sal die waarheid moet vertel. Julle kan my dare om oor enige iets te skryf. Doen gaan dalk moeiliker wees, maar as jy bereid is om my woord te aanvaar, kan ons ‘n plan maak. 😉
Ek gaan net een reël instel. Geen “truths” oor identiteit, werk, adresse of wat net dom is om op ‘n openbare forum uit te blaker. Verder gaan vir goud.
En ek sal die dares afskop om vir Tannie Gypsie, Toortsie, Sonlig, Maankind, Olga en Selene te dare om dieselfde te doen.
Ek dare jou – skryf oor jou grootste liefde. Nie iets nie, IEMAND 😉
skryf oor pienk
beskou jy jouself ooit in die spieel as jy poedelnakend is?
Nee, ek sal naar word
Dankie vir die tag, maar ek is bietjie dun uitgesmeer op die oomblik, ek werk elke aand tot laat. Ag maar wat the hel… Antwoord sommer vir my die een: Word jy kwaad as jy koerante lees? Wat maak jy tot jy jou snippets doen (Of nie)
Nee, nie juis nie. Ek is bevrees ek het nooit by die empatie ry uitgekom nie.
Moenie hierdie approve nie, maar ek gaan nie speel nie, my naam en profiel is oop, en mens kan nie speel en dan nie wil antwoord nie.
Die comment approval was die heeleerste ding wat ek van die blog gedeaktiveer het. 😉
Ek neem kennis van jou beswaar.
Wa is my txt?
Ek sal nie weet nie. Kruip seker onder die tafel weg.
Dan vra ek weer….. Wanneer jy alleen sit en eet, sal jy sommer iets gryp en in jou mond prop?
Natuurlik – my hande is mos skoon.
En met jou hand in jou mond prop?
Ja, maar dit hang af wat dit is. Sal dit bv met ‘n stuk vleis of growwe groente doen – iets wat maklik met die vingers beheer word. Maar sal dit nie met rys of iets fyns doen nie.
As daar leke sous op die bord of poeding bak is, lek jy dit?
LMGA Olga. JY doen dit seker ? lol.
verbasend genoeg, Jagter, nee. 😆 Ek is te bang ek kry ‘n klap uit die niet.
[…] Die Merrie *SUG* het besluit ons is nie eerlik genoeg nie Toe daag sy ons uit om te waag […]
[…] vir Xena gelukkig te hou, nie omdat ek, die Toorts dit wil nie, mag julle van nou, 18 minute oor 11 in die […]