Skool van die toekomstige hede

14 11 2012

Olga het net nou die dag gepraat van hoe vinnig die tyd verby snel.  Ek dink dalk is dit die aantal gebeure / ontwikkelings wat in tyd gedruk word wat tyd laat spoed optel.  Iets wat ek vanoggend besef het toe ek gou vinnig deur die koerant geloer het.

Ek het die 90’s in ‘n bottelgroen rok en ‘n wit hemp deur gebring.  Dit was natuurlik met wit enkelsokkies en swart skoene afgerond.  ‘n Vreeslike omslagtige manier om te vertel dat ek toe op skool was.  Al was ek in ‘n plattelandse skool, was ons nie heeltemal agter die klip nie.  Ons het rekenaar laboratoriums op laerskool en hoërskool gehad.  Goed en wel, dit was meer ‘n luuksheid as ‘n noodsaaklikheid op daardie stadium gewees.  Ons het hier en daar met ‘n rekenaar in aanranking gekom, maar dit was meer vir die snaaksigheid daarvan as die noodsaaklikheid.

Ek sal reken ek het in ‘n moderne tyd skool gegaan.  Ons het groenborde gehad en nie swartborde nie.  Wel, daar was ‘n paar swartborde in die hoërskool, maar hoekom iets uitgooi wat nog heel goed werk?  Ons het dikwels van transperante af klas gekry en ons het met drukpotlode of penne in skrifte geskryf.  Ons het wel – veral in die laerskool – soms op leie gewerk of is dit gespeel.  Dit was net soms ‘n maklike manier om te kyk of die klas iets begryp het.  Een of ander onderwyser het iewers die blink plan gehad om wit teëls en witbord penne te gebruik.  Ons was toe al st. 4.  Maar die leie en die teëls was eerder die uitsondering as die reël.

En dit klink seker vandag net so vreemd as die gedagte van plaaslyne.  Ek lees vanoggend dat Hoërskool Waterkloof tans besig is om tablette as ‘n onderrigmedium in te rig.  Aanvanklik net vir handboeke vir Gr 10 leerders.  Dit sal van daaraf seker vlam vat.  Hoe spyt is ek nou dat ek nie meer skool gaan nie.  Die onderwyser sal onmoontlik kan sien wat ek voor my oop het. 😉 Net omdat ek Aardrykskunde het (ja, ek het nog Aardrykskunde gehad) beteken dit nie dit is Aardrykskunde op my iPad nie.

Transperante het seker al lankal plek gemaak vir Powerpoint.  Die swartborde word seker stadig maar seker met witborde vervang.  En nou is handboeke oppad uit.  Binnekort sit kinders seker nie eers meer op skoolbanke nie.  Dit laat my nogal wonder of banke skuur nog ‘n straf kan wees.

Dit is seker alles verbeteringe – veral die witbord, maar dit is meer as net ‘n verandering.  Dit is ‘n omwenteling.  Gaan dit tot beter onderwys lei?  Dit het verseker die potensiaal.  Dit het ook die potensiaal om in ‘n nes te ontaard, een waar die armer kinders nog slegter af gaan wees.  Dit is nie asof tablette net ‘n paar rand kos nie.

En ek weet nou nog nie wat die groot bohaai oor ‘n tablet is nie.

Breinvasbrand:  Wie het die baie ou storie (was selfs in my tyd antiek) “Uit Juffrou se Dagboek” geskryf?

Naskrif:  Is Harry Potter en Twilight al voorgeskrewe boeke?

Breinlosbrand:  Selene was reg met Indonesie.


Aksies

Information

2 responses

14 11 2012
gerdajansen1

sita de koc
eerste.
met ander woorde, elke swartgat gaan n tablet gratis kry en elke non swarte gaan deur die ore gewerk word om n tablet te kry. wat is verkeerd met n goeie outydse blienking boek?

14 11 2012
Olga

Hoekom ‘n tablet as hulle reeds toegang tot rekenaars en die internet het? Dis mos belaglik. Gebeur seker maar oral ter wereld daarom dat hulle ook op die bandwagon wil spring.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: