Katte en Honde

12 11 2012

Nadat ek in die afgelope week se Rekord gelees het hoe troetelhonde en -katte soms ‘n maaltyd vir Pretoria se dakloses word, was ek eerlik gewalg.  Aan die een kant is dit mense wat uit honger gedwing word om die troeteldiere te steel en te slag.  Dit vra immers altyd of jy genoeg doen om ‘n ander se nood te verlig.  As ‘n mens is jy tog verplig om ander te help waar jy kan.  Aan die ander kant – dit is honde en katte wat hulle eet.  Om hond en kat te eet is amper so goed as om mens te eet in my nederige opinie.

Tog moet ek myself afvra hoekom ‘n mens so gewalg is deur die idee van kat- en hondvleis?  Ek praat nou nie van Kietsie op die bed of Wagter voor jou deur nie. Hulle is immers deel van die huisgesin en dus net so verhewe bo ‘n pot is as Boet of Sus.  Ons eet tog vark en hoenders, wat netsoos katte en honde omnivore is.  Daar is min diere so afgryslik soos ‘n hoender.  Hoe het katte en honde taboe geword?  Siende dat baie kulture wel geen probleem het om dit te eet nie?

Daar is duisende weggooi honde en katte, wat weinig meer nut het as om elke mens wat al ooit eienaarskap oorweeg het se gewete te bewerk.  Baie van hulle gaan dood gemaak word, hoekom nie die karkasse beskikbaar stel vir diegene wat bereid is om dit te eet nie?  Dan het hulle lewe immers ‘n doel gedien.  Dit is nou natuurlik as die karkasse wel geskik is vir menslike gebruik.

Hoekom kan honde en katte nie kommersieel verbou word sou daar ‘n ontvanklike mark vir hulle wees nie?  Dit kan nie wees omdat baba katte en honde te oulik vir ‘n bord is nie.  Het julle al gesien hoe oulik lammetjies en kalfies is?  En hulle word soms juis vanweë die kwaliteit van hulle vleis geslag en hulle vleis kos amper soveel soos ‘n hele plaas.  Daar is seker geen rede hoekom katte en honde nie onder dieselfde kam geskeer kan word nie?

Behalwe natuurlik nou die goeie ou aanvraag-aanbod stelsel.  Ek twyfel sterk of daar ‘n mark ontwikkel sal kan word.  Ek vir een raak eerder ‘n vegatariër as om kat of hondvleis te eet.  Dit sal te veel voel soos om mens te eet.  As die idee ander aanstaan, sal ek wel nie in hulle pad staan nie.  Mits hulle my diere uitlos.

Hoe voel julle daaroor?  Sal julle kat of hondvleis eet?  Kan dit maar kommersieel verbou word?  Is die eet van kat en hondvleis gelykstaande aan die eet van mensvleis?  As ons so van die ongewensde diere ontslae gaan raak, is dit net ‘n kwessie van tyd voordat dieselfde lot ongewensde mense tref?

Breinvasbrand:  Watter land is die grootste uitvoerder van paddas?  Soos in om geëet te word?

Breinlosbrand:  Ek moes die vraag duideliker gestel het.  Sonlig het die antwoord wat ek gesoek het, HF Verwoerd, gegee, maar Olga is heeltemal reg dat die hospitaal in die 90’s ook Pretoria Akademies geheet het.


Aksies

Information

5 responses

12 11 2012
Selene Phoenix

Indonesia

Ons het seker al iewers hond of kat geeet – mens kan nooit seker wees met take away restaurante nie. As die nood druk, is ek seker mens sal kat en hond eet.

Ek het nou die dag ‘n artikel gelees oor hoe katte en honde in China en daai lande doodgemaak word… ai tog! Maak die dier tog net dood, nie die arme goed mishandel en torture nie! Dan kan mens seker maar eet wat julle wil! Los net troedeldiere wat deel van ‘n mens se huishouding geword het uit!

En soos jy sê, ons eet lammetjies want dis mos lekker sagte vleis! So dan kan ons seker enige iets eet!

12 11 2012
Sonlig

Nee, ek word ook eerder ‘n vegetariër! Ek kan nie eers my kop daar rondom kry om ‘n haas te eet nie. Alhoewel, ek dink as dit ‘n saak van oorlewing is en die oerdrang skop in, sal mens enigeiets eet.

Het jy dalk al Savages gelees? Ek hoor die boek is besig om verfilm te word.

12 11 2012
Olga

Die bybel noem nie honde en kattevleis as rein of onrein nie. Dit noem net nie honde en kattevleis nie. Punt. Nee, ek sal nie honde of kattevleis eet nie. Sover ek weet is dit onwettig in Suid Afrika om hond of kat te slag vir vleis. Die chinese het nog net nie die regte palms geolie nie. Of ons prossie het net nog nie gedink hoeveel geld dit vir sy “dorp” en eie persoonlike huis kon genereer nie.

12 11 2012
JWW

Hmmmm so lekker groot stuk kat of hond fillet op die kole, met so lekker lemon butter en feta kaas sous !! 😉

13 11 2012
kindvanafrika16

ek is vreeslik lief vir my honde, moet bieg ek heti juis ‘n plekkie vir katte in my hart nie, hulle gevreetjies is dierbaar maar ek dink my snoekie baba sal my vir ewig verwyt as ek ‘n kat in ha huis bring……. toe ons kinnes was was daar so groot ou swartman wat katte geeet het……eeeuuuuwwwwww, nee wat dan bly ek eerder honger, of ek stel ‘n wip vir voeltjies, dit het ek al gedoen, toe die honger erg geknaag het

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: