Mandela Geld

7 11 2012

Ek onthou toe ek in die laerskool was hoe dat Jan van Riebeeck vir die Groot 5 moes plek maak.  Natuurlik was my mening nie gevra nie, die oom moes van die geld af.  Hopeloos te koloniaal vir die Nuwe Suid-Afrika.  Ek was nogal redelik bitter daaroor.  Veral omdat die nuwe dieregeld vir my lelik was.  Ek het net mooi niks daarvan gehou nie.  Diere op geld het so half laerskoolagtig gevoel.

Nou is ons ‘n paar dekades later en gister is daar weer nuwe geld in die land vrygelaat.  Die renoster, olifant, leeu, buffel en luiperd gaan nou blykbaar saam met Riaan Cruywagen aftree.  Die afgetrede Nelson Mandela neem nou hulle plek op die note in.  En ek is weer bitter daaroor.

Sien, iewers het ek gewoond geraak aan die diere op die note.  Ek het ‘n bietjie geld van ander lande en streke gesien en besef ons geld is nie so sleg nie.  Ek  het ook iewers ‘n bietjie meer wysheid gekry en besef dat die diere niemand aanstoot gee nie.  Eintlik het die Groot 5 meer waarde vir Suid-Afrika as enige gesig wat op die geld gesit word.  Hulle is in elk geval gerespekteerd en geliefd onder die meeste mense.  En sou een van hulle jou pad kruis, gaan hulle jou nie ongeërgd laat nie.

Baie mense sal aanvoer dat dieselfde van Nelson Mandela gesê kan word.  Behalwe dalk dat hy gerespekteerd en geliefd onder almal is.  Daar sal seker ook die uitsonderings betreffende die diereryk.  Tog, Madiba is alreeds soveel kere vereer.  Daar is hoeveel strate in Suid-Afrika na hom vernoem, daar is selfs ‘n Nelson Mandela Metropool en ek dink amper ‘n universiteit ook.  Dan praat ek nie eers van al die pleine en ander lokale nie.

Daarbenewens reken ek dat die verandering om die diere af te skop nie goedkoop was nie.  Daar was niks fout met die geld nie, hoekom de hel moes dit verander word?

Dit laat my weer dink aan die aanvanklike veranderinge wat aan die Nuwe Suid-Afrika gebring is.  Eers was daar ‘n daadwerklike poging om alles apolities te hou.  Dink byvoorbeeld aan die lughawens, die name is verander om die stad te verteenwoordig waar dit geleë is.  So het Jan Smuts byvoorbeeld Johannesburg Internasionaal geword.  Dieselfde het met hospitale, damme ens. gebeur.  Toe die stof gaan lê het, is dit skielik – ek wil amper sê wederegtelik – ver-ANC.  Johannesburg Internasionaal het OR Tambo geword en Pretoria Akademies het Steve Biko geword.

En as ek my vir ‘n oomblik kan verstout?  Wat het die ANC gedoen dat hulle monumente en instansies kan steel om hulle self te verewig?

Ja, ek weet.  Galbitter.

Hoe voel julle?

Breinvasbrand:  Wat was die Steve Biko Hospitaal in die 90’s se naam?

Breinlosbrand:  Selene was reg met ABSA, FNB, Nedbank en Standard Bank.


Aksies

Information

15 responses

7 11 2012
gerdajansen1

nelson mandela. wie de fok was hy?

7 11 2012
Olga

Die ou man / pop / beeld wat altyd in ‘n bont hemp op die verre agtergrond is van enige “Nelson Mandela” gebeurlikhede is.

7 11 2012
JWW

Gmpf !!! As jy iets self bou/maak/stig kan jy hom benoem…. die is niks anders as steel ander mense se goet nie….. maar nouja…. wat kan mens verwag in die donker barbaarse kontinent.

7 11 2012
Olga

Die vermetelheid om sommer nuwe name te gee, maak my so kwaad, ek kan ‘n donnerse ….. vrekskop.

7 11 2012
Sonlig

Die diere is steeds op die agterkant….so die wat nie lus is vir Nelson se gevreet nie, kan maar sy beste kant na bo draai!:mrgreen:

7 11 2012
Olga

Sal die lippe in ons beursies pas? Bastards!!! Wat het mandela al vir die land gedoen? Grieters, ek weet jy reken hy het destyds gekeer dat die swartes die wittes uitmoor. Maar destyds het elke witmens ruggraat gehad en twee uit drie wapens en hulle sou dit gebruik ook. Swartes het dit besef. So wat het Mandela vir Suid Afrika gedoen? Net die donnerse deure na korrupsie en oneerlikheid oopgemaak.

7 11 2012
Olga

Pta Akademiese Hospitaal????

8 11 2012
Sonlig

HF Verwoerd Hospitaal

8 11 2012
Jan Twak

Wonder hoe sal Malema op ‘n noot lyk?

8 11 2012
Selene Phoenix

Ek spring ook nie op en af nie. Ek verstaan ook nie hoekom mense NM verafgod nie – goeie hel, daar is mense wat al baie meer vir die land gedoen het as hy! Ja ek het ook suurdruiwe…

Malema op ‘n noot? Mense sal dink dis monopoly geld!

Ek weet ook nie hoekom alles verander moet word nie… los uit die goed wat werk! Dit kos net miljoene en miljoene om die blerrie goed die hele tyd te verander!!!!

8 11 2012
Natasha

Ek wil net weet hoeveel geld dit nou weer die belastingbetaler kos om die geld te laat verander…. dit vat immers geld om geld te maak.

8 11 2012
jagternw1976

Toe die masjien hierdie “geld” uitspoeg weet ek …. Hier kom nog ‘n Zim.

9 11 2012
Selene Phoenix

Hou die R50 noot in die lig met NM se gesig op… dan kom die leeu se kop deur! LOL Dan sê julle my soos wat dit lyk!

9 11 2012
Olga

He he he ek het vanmore gaan koffie drink toe sê die waitress dit sal 18 ……. wees, dankie.

10 11 2012
Toortsie

Als was nog oraait tot ek Jan Twak se opmerking gelees het….. NAGMERRIE!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: