Maklik of Boelie

1 11 2012

Ongeag of dit Steve of Werner die dag is.  Almal was van meet af geirriteerd oor Biep Bank se arme client retention officer wat geen haar kan afmaak teenoor FNB nie.  Geirriteerd, maar almal het deeglik kennis daarvan geneem.  Blykbaar doen naarheid iets aan jou aandagspan.  Saam met Werner en Steve het ons gehoor hoe maklik dit is om oor te skakel.  So maklik dat niemand dit kan weerstaan nie.  Die versoeking is bloot net te groot.

Wat arme Steve en Werner nie besef nie, is dat die maklik en stoomroller twee heeltemal verskillende konsepte is.  Soos ek nou die dag teen my sin uitgevind het.

Ontmoet vir Thembi, stoomroller agent van FNB.  Aanvanklik was ek heeltemal bereid om my ore aan haar uit te leen.  Ek kla al jare lank oor my bank, maar die tyd en lus het nog altyd ontbreek om na ‘n nuwe een te gaan soek.  Buitendien kan dit ‘n mens mos nie skade doen net om te luister nie.  Nie dat sy my enige iets anders vertel het as wat ek saam met Steve en Werner moes aanhoor nie.

Eerlike mens wat ek is, het ek haar vertel dat ek dit graag met van die ander produkte op die mark wil vergelyk.  Noudat ek terugkyk, was dit dalk die fout.  Dalk was dit my beleefde, effense belangstellende vrae.  Ek meen, dit doen seker nie skade om te weet wat in die mark is nie.

Ek moet erken dat FNB my asem weggeslaan het – meestal weens paniek.  Sonder dat ek dit eers gevra of gesoek het, is ek vir ‘n oortrokke fasiliteit van amper 3 keer my salaris toe gestaan.  Ek kon ook ‘n krediet kaart kry wat meer as dubbel die waarde van my huidige krediet kaart.  Ons praat hier van 6 syfer bedrae.  Ironies – toe ek destyds vir ‘n krediet kaart aansoek gedoen het, het ek heeleerste by FNB probeer.  Hulle het my sonder om twee keer te dink af te keur.  Duidelik het iets iewers verander.

Ek het Thembi vir haar inligting bedank en (hard en duidelik) gesê ek sal daaroor DINK.  Eers word ek gedreig dat ek nie weer so ‘n goeie oortrokke aanbod sal kry as ek later weer aansoek doen nie.  Dankie tog daarvoor.  Dit het ‘n ruk gevat, maar ek het haar uiteindelik van die blerrie foon afgekry.  5 minute later het ek amper ‘n lepel in die dak gesteek toe ek weer na my selfoon kyk.

Skielik het ek selfoon en internet bankdienste by FNB. :shock:  Kort daarna het die koerier maatskappy my bloed begin soek.  Thembi het besluit dat ek ‘n FNB rekening sal kry – of ek dit wil hê of nie.  Ek praat nie eers van die smse oor my salarisse en debiet orders nie.  Terwyl ek nêrens gesê het dat ek ‘n rekening soek nie.

Maklik – seker.  Maar maklik teen my sin is nie ‘n goeie ding nie.  Ek het nog nie eers kans gekry om daaroor te dink nie.  Ek was te besig om te verseker dat ek die besluit oor waar my rekening gehou kan neem.  Ek laat my nie stoomroller nie.

Breinvasbrand:  Wat is Suid-Afrika se groot 4 banke?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Katrina.  Het julle geweet Amerika was in 1981 oor deur ‘n Orkaan Katrina getref?


Aksies

Information

7 responses

1 11 2012
Olga

EERSTE!!!!!!!!!!!

1 11 2012
Selene Phoenix

As ek moet raai… ABSA, Std Bank, FNB en Nedbank?

Ek kan regtig nie meer die advertensies vat nie! Ek sit sommer ‘n cd in as die goed op kom! My sus se man het FNB gekontak, en hulle kon hom nie dieselfde offer as Std Bank nie – en glo my hy was VERBY KWAAD met Std Bank, wou regtig oor gaan na ‘n ander bank!

1 11 2012
Olga

Standardbank, ABSA, FNB, Nedbank, Capitec
Be that as it may, met FNB is dit net so maklik vir enige skelm om ‘n ongemagtigde aftrekorder teen jou rekening te kry. Julle onthou nog die Genesis ding met my? Wel, nadat Jaco, die bestuurder van Graskop/Sabie my belowe het dat hulle die kak sal stop op my rekening, kty Genesis nog elke maand R30 uit my rekening wat ek dan in die tak moet laat terug skryf. Fok FNB. Jaco, die bankbestuurder van Graskop/Sabie het my in die gesig gekyk en gesê hulle, m.a.w FNB, kan nie elke aftrekorder nagaan voordat hulle dit uitbetaal nie. ELO?????? Hoekom is hulle dan daar?

10 11 2012
Toortsie

Hulle kan dit wel vir 6 maande keer…. maar dan, as Genesis nog nie dit self gestop het nie, gaan dit weer aan. Dan moet jy dit WEER vir 6 maande keer…..😦

1 11 2012
lekkerjeuk

Dit klink nogal skrikwekkend.

1 11 2012
JWW

Ja nee kyk…. banke… is soos versekering…. S.K.E.L.M. verby, maar ongelukkig ‘n “neccesary evil”

10 11 2012
Toortsie

Ek HAAT dit ook om gestoomroller te word. Ek is my lewe lank by FNB en was wel vir 3 dae by ‘n ander bank voor ek weer terug is FNB toe. Dalk is ons maar net gelukkig met ‘n plattelandse tak? Hulle diens is goed en hulle Ebucks werk fantasties. Ek kom net agter dat die ebucks wat jy verdien al minder raak….. Die beperkings raak al meer. Maar ek is gelukkig daar. Jammer jy is gestoomroller.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: