Tyd beinvloed baie dinge oor tyd. Insluitende natuurlik morele waardes en sedes. ‘n Vrou kon byvoorbeeld nie ‘n 100 jaar terug haar pols in die openbaar wys nie. Moue het natuurlik korter geword, some hoër en onderklere minder. Goed wat ‘n 100 jaar terug heeltemal taboe was en wat jou selfs in die tronk kon kry, maak bloot nie meer vandag saak nie.
Dit laat my wonder. Kan iemand in vandag se tyd en ruimte nog ‘n slet wees? En wat is die definisie van ‘n slet?
Wat dink julle?
“n Slet, is ‘n vrou wat met al die mans behalwe ek slaap ! 😆
En as sy met al die mans en met jou slaap?
Hier is die verduideliking…
http://boekemakranka.wordpress.com/2012/10/29/lekker-gelees/
Ek sal eerder prostituut met jou skrywe in verband bring. Ek dink nie ‘n slet verdien geld nie. ek weet ook nie.