Ek gaan ‘n presidoodle word

20 10 2012

Hallo Maatjies😀

Ekke was lanklaas hier, maar ek het baie lank op ‘n vliegboot gevlieg.  :shock:  Nou is ek in ‘n plek waar alles in papiere kom en die ooms aan die verkeerde kant van die pad seil. 🙄

Ekke was by ‘n mummie en daar was ‘n lang lys van ooms wat gedink het hulle is Koning Rosedoring.  :)  Ekke het op die TV gesien dat twee ooms daarvoor baklei om Presidoodle te word.  :twisted:  Myse Ouma Heldina seg altyd dat as twee katte oor ‘n kerneelsie baklei, gaan die derde kat die Kerneelsie opeet.  :)  Ek dink ek gaan die volgende Presidoodle word.  :lol:  Sien julle hoe mooi gaan ek in daardie ry word.

:shock:  Merriegriet het gesê ek sal nie slegter kan werk as die ander ooms nie.  En sy sê nooit iets goed oor my nie.  :evil:  Maar toe ek vir ‘n tannie wou vertel om vir my te stem, toe gooi Merriegriet my in ‘n sak en sê sy gaan my vir tannie Ougat Fedex.  :mad:  As ek in my nuwe huis gaan bly, gaan sy nie vir my kom kuier nie.

Tata Maatjies


Aksies

Information

4 responses

20 10 2012
gerdajansen1

EERSTE! Viga ek sal vir jou stem.

21 10 2012
Olga

Ek sal jou campaign manager word. Dan sal ek saam met jou in jou nuwe huis woon en as ou Grieters inbars, dan gee ons haar bitter koffie uit ‘n pampier beker en niks beskuit daarby nie. Ek dan minister van arbeid word en die Suid Afrikaanse slapgatte wys hoe om stakers goed op hulle herrie te gee.

22 10 2012
Sonlig

Voor jy ‘n presidoodle kan word moet jy eers ‘n Jantjie word en dan moet jy sing en ‘n geel kaart kry. En baaaaaaiiiiiie hamburgers eet. Ek hou nie van hamburgers nie – net kaasburgers. Kom liewers huistoe dat ons kan groen koeldrank drink en blasies kry.

29 10 2012
Toortsie

Viga! is jy daar? daar ver? rerig? Sjoe!!
Maar ek sal vir jou stem, hoor. Ek stem klaar vir jou. Want jy is ons slimste mooiste oulikste heksie in blogland!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: