Hallo Maatjies 😀
Ekke was lanklaas hier, maar ek het baie lank op ‘n vliegboot gevlieg. 😯 Nou is ek in ‘n plek waar alles in papiere kom en die ooms aan die verkeerde kant van die pad seil. 🙄
Ekke was by ‘n mummie en daar was ‘n lang lys van ooms wat gedink het hulle is Koning Rosedoring. 🙂 Ekke het op die TV gesien dat twee ooms daarvoor baklei om Presidoodle te word. 😈 Myse Ouma Heldina seg altyd dat as twee katte oor ‘n kerneelsie baklei, gaan die derde kat die Kerneelsie opeet. 🙂 Ek dink ek gaan die volgende Presidoodle word. 😆 Sien julle hoe mooi gaan ek in daardie ry word.
😯 Merriegriet het gesê ek sal nie slegter kan werk as die ander ooms nie. En sy sê nooit iets goed oor my nie. 👿 Maar toe ek vir ‘n tannie wou vertel om vir my te stem, toe gooi Merriegriet my in ‘n sak en sê sy gaan my vir tannie Ougat Fedex. 😡 As ek in my nuwe huis gaan bly, gaan sy nie vir my kom kuier nie.
Tata Maatjies
Wie runnik saam?