1 Week as ‘n vlieg

17 10 2012

Jy kan vir een week ‘n vlieg op iemand se muur wees. Wie sal jy kies en hoekom?

Ek kies die Jolie-Pits. Hoekom? Wel met ses kinders wil ek graag sien wat in daai huis houding aangaan! Hoe laat word hulle wakker… eet hulle saam ontbyt? Wanneer is aandete? Is daar orde in die huis! Waar slaap almal… is hulle netjies!? Kom hulle oor die weg… want oor die algemeen sukkel boeties en sussies met mekaar, en as jy van verskillende dele van die wêreld af kom met baie geld en roem agter jou… laat dit mens wonder hoe hulle as kinders is.

Hierdie was glo ‘n huis wat die groot gesin gehuur het… ek sal LOVE om net deur die mansion te stap, wat nog van daar te bly!

PS: Dit kan enige tyd wees… so as jy wil weet wat in Paul Kruger se huis gebeur het donkie jare terug, mag jy! Want die genie het vir jou die wens gegee vir ‘n week! 🙂 Vra sommer asb vir die oud Pres waar sy Kruger rande weg kruip? 😉

Advertisements

Aksies

Information

6 responses

17 10 2012
Olga

klink leke. Maar asb nie ‘n huis met kinders vir my nie. Veral nie huis met ses stoute kinders nie.

17 10 2012
JWW

Ek kan nie minder omgee wat in “celebs” se lewens aangaan nie. Ek lewe my eie lewe, ek is nie so bored om heeldag en aldag te perv oor mense wat ek nie eers ken se doen en late nie.

17 10 2012
brieweuitdievreemde

Ek sou ook graag wou sien wat in Brangelina se huis aangaan 🙂 Hulle fassineer my nogal…
My bydrae is nou nie ‘n vrolike onderwerp nie, maar as ek kon kies sou ek graag ‘n vlieg wou wees teen die muur van die man wat destyds (1) vir my gelieg het oor sy huwelikstatus en (2) daarna vir my gelieg het oor sy ‘egskeiding’ en (3) toe sy vrou uitvind, vir haar gelieg het oor sy verhouding met my. The oldest trick in the book. And I fell for it. 😦
Dis alles reeds lankal verby, maar ek sou steeds graag ‘n vlieg teen die muur wou gewees het met (3).

17 10 2012
Olga

veral ‘n steek vlieg. Nee, ‘n mangovlieg. ‘n Donnerse muskiet. Ja, ek sien dit.

18 10 2012
brieweuitdievreemde

@ Olga 😆

18 10 2012
Sonlig

Ek wil sien wat in Lady Gaga se huis aangaan. Dis nou die nuuskierige in my wat wil weet….dans sy regtig om die vuur? Is die vrou mal of regtig net van die duiwel besete.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: