Pad Veiligheid

16 10 2012

In my Jetsetter Tweeling se afwesigheid gaan ek ‘n kort post doen.

Na die berig in die Beeld, waar ‘n 8 jarige skoolseun raak gery was het ek begin wonder of vandag se kinders nog steeds padreëls geleer word op skool?  Op skool het ons het elkeen ‘n wielietjie gekry, en so was jy die bestuurder van ‘n voertuig die een dag, en die volgende dag was jy weer die voetganger. Ek dink dit was in Std 1. (vandag graad 3)

By die huis was ons nooit alleen in die strate toegelaat nie. Wanneer ons oor ‘n stopstraat / verkeerlig geloop het was ons hande altyd vasgehou… gelyk soos eendtjies in ‘n ry. Ons moes altyd uitkyk vir motors. Ons was geleer dat jy nie agter ‘n motor verby loop nie want jy is so kort niemand sal jou da sien as hulle uit ‘n parkeering ry nie. Loop altyd op die sypadtjie, en oor zebra strepe. (in die goeie dae toe mense nog daar gestop het dat jy kan oorloop)

Die Ma van die 8 jarige seun kon nie genoeg kla oor hoe gevaarlik die kruising is nie. Sy blameer die skool, die staat, die Metro… almal en als! Maar waar was sy toe haar seun raakgery was? 3 Sekondes weg! Sy het aan die ander kant van die gevaarlike kruising vir hom gewag! Die seun het net ewe skielik weg getrek en met een helse spoed oor die pad gehol sonder om links of regs te kyk!  Ja die bestuurder van die motor kon seker stadiger gery het, of beter gekyk het – sy is tog by ‘n skool. Vandag se bestuurders voel ook soms ‘n veer, jaag oral en maak al wat ‘n stop straat is ‘n komma!

Dit bring my by my vraag. Hoe kan dinge verbeter word? Gaan nog padtekens help? Hobbels by stopstrate sit? Mense beboed wat by skole jaag. Spesiale klasse oprig om kinders (en selfs ouer mense) behoorlik te leer hoe om die pad te gebruik? Dit gaan bietjie moeilik wees, veral as die taxi’s ry net waar hulle wil!

Wie weet wat die teken beteken? (Dis nie ‘n Suid Afrikaanse teken nie) Hint: Die teken kom in Kanada voor.


Aksies

Information

6 responses

16 10 2012
MaanKind

Attitude. Dis wat moet verander, mense se attitude. EGO.Can’t be me? Mense moet verantwoording begin dioen vir hulleself, dis te maklik om alles en almal anders te blameer.

16 10 2012
Dirkie

Daardie teken in Kanada .. boompie? Koringgerf…lyk soos op plase vasgemaak , darem bly dit is vriendelike teken en nie waarskuwings een nie.

16 10 2012
gerdajansen1

kinders kan van vroeg af padtekens en padreels geleer word. by hulle ouers en die skole. spoedhobbels by skole is nie n slegte plan nie.

16 10 2012
verons

Hallo julle! Jis ek was lanklaas hier gewees wie van ons ou klompie kuier nog hier?
Ek onthou toe ons laerskool kinders was het ons elke jaar ‘n uitstappie na die verkeers departement gehad, daar het ons op fietse en die wat nie kon fiets ry nie het ‘n driewiel fiets gekry (nogals ‘n cool ding gewees) dan het hulle ons op paadjies laat ry met allerhande verkeerstekens robotte ingesluit terwyl van die kinders op die fietse gery het, het die ander dan rondgeloop asof dit die groot strate is. Hulle het dan die kinders geleer hoe om oor die straat te loop en waarna om op te let en sommer ook die verkeerstekens vir ons geleer… My kinders was nooit op so ‘n tipe uitstappie nie ek dink dis die tipe ding wat die skole weer moet inbring want so leer almal die regte manier om die pad te gebruik as voetganger of as fietsryer of motoris..

16 10 2012
Olga

Dis mos in die eerste plek die ouers se verantwoordelikheid om hul kinders te leer. Ek het myne leer lees ook. Ek dink die persoon wie voorgestel het dat die laitie se gat moes brand ook, verdien vol punte. Die ma se gat ook. Maar wys net hoe maklik mens jou verantwoordelikheid op ander kan afskuif. Hoe kan dinge verbeter word? Deur oortreders stywe boetes op te lê. Die bestuurder vir roekelose bestuur. By ‘n skool waar kinders elke oomblik van die sypadjie af oor die straat kan hol, vertel logika jou mos om stadig te ry en op die uitkyk te wees. vir die ma ook. Omdat sy nie daar was om haar 8 jarige kind oor die pad te begelei nie. Vir die skool omdat daar nie padpatrollie aan diens was nie. Vir die verkeersafdeling is dit seker net te veel moeite om buite ‘n skool te gaan kamp in die wind en weer as hulle kan gaan kuier met hulle pelle of bribes kan kry van mense wie op sel fone in hulle karre praat.

17 10 2012
Loli Pretorius

Ons laerskool het ok nie padpatrollie nie, dis blykbaar te gevaarlik vir die skoliere self, wat aan diens moet staan!
Ja, ons kan ons kinders nie genoeg leer van ‘defensive driving and looking’ nie….my man sê : Mens moet NOOIT aanvaar die padgebruikers weet hoe om te bestuur nie…ry seker met ‘n t.v. lisensie!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: