Attie Rudolph (44), ‘n Skoolonnie was Vrydagaand by Hoërskool Secunda erg aangerand deur 5 leerlinge (4x seuns en 1x dogter) van ‘n ander skool. Hulle wou glo ‘n vriendin by die skool se sokkie kom haal het toe Rudolph hulle gevra het om die perseel te verlaat – net ouers kan kinders kom haal.
Herbert Emil Brizee (45) is oorlede nadat hy met sy motorfiets kop aan kop met ‘n minubus-taxi gebots het. Dit het naby die Mount Grace-hotel in Magaliesburg om ’n draai gebeur. Glo is daar elke naweek tussen 3 en 4 sulke ongelukke in die area.
Johannes le Roux (63) en vrou, Magdaline (57), was deur ‘n fratsgolf getref op die Pipeline-strand in Amanzimtoti. Le Roux se vrou kon uitkruip, maar hy is deur ‘n tweede golf die see ingetrek en hy het verdrink.
Plaasaanvalle: ‘Syfers is hoër’ “Die syfers is bespiegeling. Almal stem wel saam dit is skokkend hoog,” het Ernst Roets, adjunkhoof van AfriForum, gesê. Almal is dit eens dat die oorsprong van die probleem lê by die feit dat die polisie sedert 2007 nie meer statistieke oor plaasaanvalle en -moorde publiseer nie. Ek kon dit ook vir hulle gesê het!
Vrou ry kind by skool raak. Ek weet nie of julle die video gesien het nie… maar ek stem nogals saam met die berig! Die kind het met ‘n spoed oor die pad gehardloop… sy Ma blameer die skool en Metro dat dit ‘n baie gevaarlike kruising is… maar tog wag sy vir hom aan die ander kant van die pad?? Helllooooo vat jou lui bas en gaan haal jou seun aan die ander kant! Ghf! Hoe voel julle hieroor?
Kyk asb uit vir die vermiste 5 jarige kleuter. Sy is sedert Vrydag weg nadat sy in ‘n parkie gespeel het. Sy het ‘n peink hemp met blou pajama broek aan.
Kauthar Bobbs (Missing Children SA)
Ksd: | 15-20°C | ![]() |
Pta: | 14-26°C | ![]() |
Jhb: | 13-21°C | ![]() |
Bfn: | 16-28°C | ![]() |
Dbn: | 19-28°C | ![]() |
PE: | 16-19°C | ![]() |
Is dit nou regtig soveel moeite om oor die pad te stap om jou kind te gaan haa.? Jy (ma, pa, OUER) weet mos of jy jou kind padveiligheid geleer het. Tog vra ek ook “Hoekom de fok was daar nie ten minste padpatrollie nie?