Ken sexy grootte?

11 10 2012

Daar is ‘n gesegde in Afrikaans wat ek graag hier wil misbruik.  Al dra ‘n aap ‘n goue ring, bly hy nog steeds ‘n lelike ding. 

Ek het in die Beeld ‘n gesprek opgetel oor die versugting van sexy onderklere vir die voller figuur vrou.  Daar is baie dames wat vol dat al dra hulle ‘n paar kilogram ekstra gewig rond, wat as sulks ekstra bulte en rolle beteken, is hulle ook geregtig daarop om sexy te kan voel.  Dit is waar die sexy onderklere nou veronderstel is om ‘n verskil te maak. 

Moet my nie verkeerd verstaan nie – ek dra beslis hopeloos te veel gewig saam.  Ek val verseker onder die vandel van vetsug en ek het nog die gesig nog die persoonlikheid om daarvoor op te maak.  So wat ek ookal hieroor kwyt raak is heeltemal van toepassing op myself ook. 

Die gewone, gemiddelde beeld van ‘n sexy lyf, dril gewoonlik nie.  Die regte klere of gebrek daaraan verbeter of verswak die beeld, maar die beeld self bly wat dit is.  Toegegee, verskillende mense het verskillende idees omtrent wat sexy is.  Sexy sit dalk ook meer in die houding as die verpakking.  Tog, kan ek nie sien hoe die nodige onderklere iemand skielik sexy gaan maak nie.  Onderklere is ‘n hulpmiddel, dit is nie ‘n towerstaf nie. 

In ‘n mate laat dit my weer dink aan die moderne mens se neiging om verantwoordelikheid te vermy.  In plaas om jou heil in jou eie hande te neem en iets omtrent die saak te doen, word iets anders blameer.  Dit is tog soveel makliker om dit iemand anders se probleem te maak as om hand in eie boesem te slaan. 

Hoe voel julle hieroor?

Breinvasbrand:  Wanneer was die Wonderbra Handelsmerk gestig in Amerika, al was dit later in Kanada verder ontwikkel?

Breinlosbrand:  Chicago

Advertisements

Aksies

Information

8 responses

11 10 2012
Dirkie

Ek het ‘n ou pellie… met rolletjies,nes ek…. sy sê altyd sy is ook seksie..seksie 1 seksie 2 seksie 3 ..ens. afhangende van hoeveel seksie rolletjies daar is om te benoem!!

11 10 2012
charlene2714

Om sexy te wees is ‘n onbewustelike ding. Om sexy te voel is ‘n brein ding. Soms het mens ‘n spesiale paar skoene of ‘n fyngoedjie nodig vir bietjie ekstra brein-oemf.

Ek dra nie (meer) ekstra kilo’s rond nie, maar ek het al.

My probleem is – en hier identifiseer ek met die skrywer van daardie Beeld brief – bra’s.

Ek is kort en redelik klein, maar het ‘n paar natuurlike Dubbel D’s. Weet jy hoe sukkel ek om ‘n 34DD bra te kry? Wat pas, wat stut, wat sexy lyk, wat goed lyk onder my klere? Ek het al van afdeling winkel tot afdeling winkel gestap en baie mismoedig en met ‘n vol beursie huiswaarts gekeer!

Behalwe nou vir La Senza. En daar betaal jy nie onder R400 vir iets ordentliks nie. Dis nogal rof vir een bra!

Maar daar is goeie nuus vir iemand soos ek. (Ek weet nie van vir groter dames nie, though.) Maar ek het so paar maande gelede by Edgars ‘n twee-pak (een wit, een swart) bra’s gekoop vir R130. Hulle pas pragtig, perfek!

Hulle lyk goed onder ‘n t-hemp en waar ek ‘n lae hals top of rok dra, gee hulle my die cleavage wat ek met trots met my saamdra.

There is hope still…

11 10 2012
lekkerjeuk

Ek weet nou nie watter onderklere hulle dra en hoe hulle daarsonder lyk nie, maar ek het al oorgewig vroue gesien wat ek dink vir mans sexy sal wees. Dis meer in die houding en selfvertroue as in die voorkoms. Maar hulle (ons!) moet natuurlik dan ook goed versorg wees.

12 10 2012
Loli Pretorius

Ek stem met lekkerjeuk…dis houding…wat vin binne uitkom na buite, al is dit op die rolletjies ook!! Die mooiste ding is ‘n vrou wat lief is vir haarself. Kyk bietjie op die strand bv. Die vrouens wat vrede met hul rolle gemaak het, het die meeste pret

11 10 2012
Olga

Ek verpes dit om onderklere te koop. Nee, ekskuus, broekies is maklik. Ek kry ‘n valskerm daarvoor maar, eisj, die bra’s is ‘n pes. Ek het nou letterlik jare lank katoen bra’s gedra. Die wat ek die afgelope twee, drie jaar gekoop het, kom sommer na die eerste (hand) was met gaatjies droog. Dis nie soseer die die grote van die klere wat pla nie, eerder die donnerse mode neigings. Hokom moet ek ‘n laë broek dra omdat mode dit voorskryf? Hoekom moet ek ‘n stywe bloes of hempie dra omdat mode dit voorskryf? Maar erug na die onderwerp, “Sexy (like beauty) is in the eye of the beholder. Ek kan my nie voorstel dat …. “Tula Olga.”

12 10 2012
eelt

Ek dink die meisie op jou foto lyk glamorous maar nie juis sexy nie.
Sexy is eintlik iets persoonliks – iets wat tussen ‘n man en vrou gebeur ongeag daarvan of sy vet is of nie.

‘n Professionele fotograaf en ‘n onderklere model sal dit nooit kan vasvang nie.

Sommige vet meisies en vroue is van die sexystes wat daar is.

12 10 2012
brieweuitdievreemde

Ek stem saam met eelt oor die glamorous / sexy onderskeid. Vir my is sexy is ‘n ding wat met persoonlikheid en selfvertroue te doen het en die selfvertroue word weer aangehelp as jy goed voel oor jouself. Hoe om goed te voel oor jouself is ‘n persoonlike ding. Vir my help oefening en die regte gewig en so aan – maar beslis het ek nog nooit skielik ‘sexy’ gevoel oor omrede die onderklere wat ek dra nie (en wat ek deesdae meestal by PEP Stories koop – dis goedkoop en dis al wat daar is hier op my dorp.)

12 10 2012
JWW

Kyk, seksie, is baie relatief. Wat ek seksie vind is nie vir die volgende ou dieselfde nie. Maar een ding is vir my, en baie BAIE ander mans verseker – ‘n geraamte is NIE seksie nie….. so effe mollig en kurwes op die regte plekke is baie seksie, dit gaan ook oor hoe die persoon haar self uitdra, mens kan sommer net sien as ‘n girl na haarself kyk en dis moeilik, nee, amper onmoontlik, om te pen wat ek as seksie beskou…. Een van die seksieste vroumense vir my is die aktrise Michelle Botes…. ek kan nie sê hoekom nie, maar sy straal net iets uit wat ek baie onweerstaanbaar vind… en sy word mooi oud ook !

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: