Te ver

10 10 2012

Ek dink ek kan met veiligheid sê dat bittermin mense vandag al hulle vriende en familie in dieselfde munisipale distrik het.  Ons werk dan nie eers noodwendig in dieselfde distrik as waarin ons bly nie.  Almal in dieselfde provinsie klink half absurb.  Deesdae bevind ons onsself as wêreldburgers en meer en meer mense se vriende en familie is oor die wêreld versprei. 

Wat ‘n familie ete op ‘n Sondagmiddag nogal kan kompliseer. 

Dinge soos Facebook en Skype maak seker dat familiebande en vriendskappe sterk staan, maar dit is nie persoonlike kontak nie.  Daar word mylpale bereik en gevier wat samekomste beteken.  Babas word gebore, die kleinspan word groot (Tannie Laurika se liedjie), daar is verlowings en troues.  Les bes is daar begrafnisse.  Alles goed wat Facebook en Skype erg onpersoonlik maak. 

Goed en wel, mens kan seker ‘n vliegtuigkaartjie koop en ‘n hotel bespreek vir elke bakatel.  Hoewel, ‘n verantwoordelike mens moet seker ‘n wakende oog op die finansies hou.  Nogtans kan finansies soms ‘n tweede plek inneem vir sekere gebeure.  Daar kan gespaar en beplan word as iemand regtig wil.  Dit is ook so dat sekere geleenthede swaarder weeg as ander?

Dus, wat bepaal die nodigheid om vir ‘n geleentheid te reis:  Is dit die mens, geleentheid of afstand?  Watter geleenthede is ononderhandelbaar?  Watter geleenthede is goed, maar finansies praat dalk net harder?  Watter geleenthede is ‘n totale mors van geld en tyd?  Is daar dalk vriende of familie wat ‘n totale mors van geld of tyd is? 

Hoe voel julle?  Hoe ver sal jy reis vir ‘n braai?  Vir ‘n verjaarsdag?  Vir ‘n troue?  Vir ‘n begrafnis?

Breinvasbrand:  Waar is Boeing se hoofkantoor?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Mexico.


Aksies

Information

7 responses

10 10 2012
Olga

EERSTE!!!!!
Seatle?
In elk geval, die daarkom is blykbaar ook nie die grootste struikelblok nie. As almal daar is, dan wil iemand weer nie ‘n brug oor hom of haarself bou nie. Dis te veel moeite om ‘n das aan te sit vir jou dogter se troue? Hoe 4ken kan ghif kan jy wees? Of mamma weier om ‘n rok aan te trek of haar hakskene weg te bere in ‘n paar toe skoene. Of Ouboet weier om ‘n langbroek te dra. Ekskuus??? Is dit jou dag? Is jy die enigste mens wat tel? Bou ‘n brug! Kom oor jou 4ken ego! Op die dag, is jy een van die menigte. Jou dogter en haar man is die enigste wie tel. Olga, hou jou bek.

10 10 2012
se moer

hie hie hie. Hy gaan seker ooral in sy kakies en velskoene om te wys wat se groot awb boertjie hy is. Dan meti heildronk gaan die dom drol staan met n black lable want di shampers ini glas is te
min. Arme dosie. As hy enige regte boere en awb fokers geken het het hy mos geweet hule salie vrek gesien word op n wedding of funeral sonder hule armani suits en silk tie en die skerpint gucci loafers nie.

10 10 2012
Olga

Ek doen nie troues nie. Net naaste familie en baie goeie vriende. Maar, as jy op “stand by” is vir my seun se troue, sal ek onbeskikbaar wees vir al jou kinders sn. What u do to me…… Olga, die brug, bou, mens bou.

10 10 2012
Olga

Ai, ek dink soms die mense wie so gul nooi, vergeet dat ander ook onkoste gaan hê om daar te kom. Dan moet jy nog jou EIE akkommodasie betaal en nog ‘n geskenk ook koop. As dit ver genoeg is om te moet oornag, sal ek maar ‘n geldjie vir ‘n geskenk stuur. Alhoewel, ek het al op die bus geklim en Namibia toe gegaan vir ‘n 40ste verjaardagpartydjie.

10 10 2012
Sonlig

Ek dink die moeite word soms deur die mens en soms deur die geleentheid geregverdig.

Vir ‘n koffie sal ek 50km ry.
Vir ‘n braai sal ek 200km ry
Vir ‘n troue van naaste familie sal ek 1000km ry, my akkomodasie betaal, ‘n rok aantrek EN ‘n geskenk koop.
Ek’s nie hoog op begrafnisse nie en vermy dit as ek kan, maar vir nááste, nááste familie sal ek seker ook ver reis.

10 10 2012
lekkerjeuk

Vir troues sal ek ver, ver reis. Ek dink dit maak ‘n statement. Vir begrafnisse net as die persone wat daardeur geraak word devastated gaan wees as ek nie daar is nie.

10 10 2012
JWW

Kyk, my familie, dis nou die “extended” lot, wil nie veel van my weet nie, so ek gaan geensins moeite doen om hulle goed by te woon nie, seker so 20 kilos ry maks. Maar ek sal baie BAIE ver gaan om my beste vriende, wat ek self gekies het, en wat bereid is om my kak op te vreet, se dinge by te woon.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: