Binne of Buite

8 10 2012

Dit is seker maar Sneeuwitjie en Aspoestertjie se skuld.  Ek bedoel nou dat mense dink trou is vreeslik romanties.  Ons het die prentjie van jy ontmoet jou prins, hy red jou en dan deel jy sy lewe vir ewig en vir altyd.  Dit is dalk waar die eerste jakkalsie kop uit steek.  Vir ewig en vir altyd is ‘n mite.  Selfs al doen jy jou uiterste bes om deur te druk tot die dood jou skei, bring die dood tog ‘n einde aan vir ewig en vir altyd. 

Ek sal myself nie ‘n kenner van romanse noem nie, maar ek weet darem dat syfers nooit in die verband gebruik word nie.  Die prinse wat hulle paleise en die helfte van hulle koninkryke uitdeel, weet die prinses gaan waarskynlik wegkyk as hy onder die gespuis vry nie.  Waar het jy al ooit gehoor dat die nuwe prinses die prins uitskop en sy koningkryk met die nuwe prins deel?  Of dat die prins die emmer skop en sy ma al sy goed kom opeis?  Erger nog, dat die administrateurs alles vries terwyl hulle kyk wat presies het die prins met al sy goed gemaak? 

In die moderne lewe pluis slim mense hulle goed uit voordat daar ringe geruil word.  Dit is seker maar sinisme wat praat, maar dit kom volgens my op die volgende neer.  Binne gemeenskap van goedere:  Jy is beter af as ek en ek wil seker maak ek kry my pond vleis as daar iets gebeur.  Buite gemeenskap van goedere:  My goed is my goed en ek deel nie graag nie. 

Natuurlik is dit nie so wit en swart soos ek dit skets of baie mense glo dit is nie.  ‘n Slim prokureur kan gate deur elke ooreenkoms of gebrek aan ooreenkoms skiet.  Dit laat ‘n mens wonder of dit enigsins die moeite werd is om ‘n poging aan te wend.  Dit troos seker en dit laat ‘n mens twee keer dink oor wie en wat jy mee trou.   Hoewel ‘n mens nie alles wat jy bymekaar geswoeg het aan ‘n ander se gierigheid wil afstaan nie, het jy tog ‘n sekere verantwoordelikheid aan iemand wat alles vir jou opgeoffer het.  Siende dat die opoffering minimaal is in sekere omstandighede, kan die verantwoordelikheid ook minimaal wees.  Tog, as daar kinders is, is daar verantwoordelikheid. 

Toegegee, die besluit hoef nie noodwendig net op ‘n moontlike egskeiding te berus nie.  Die lewe gebeur ook.  Besighede word gestig en gaan onder.  Ongelukke gebeur en die dood tree in.  Dit alles het ‘n invloed op die gesamelike boedel.  Sou die krediteure aan die deur kom klop, wie se bates kan hulle gryp?  Syne, hare of hulle s’n?  Net die een wat skuldig is of moet die hele gesin daaronder ly.

Dit is dus nie so maklik as om emosie te laat besluit op watter voorwaarde mense trou nie?  Snaaks hoe die sprokies nooit die voorwaardes van die huwelik uitgespel het nie.

Breinvasbrand:  Wie was met ‘n 100 jaar slaap oorval nadat sy haar vinger geprik het?  Sy was vervloek omdat haar pa nie die slegte feetjie genooi het nie.

Breinlosbrand:  6 Februarie 1838

Advertisements

Aksies

Information

5 responses

8 10 2012
charlene2714

Raponsie.

8 10 2012
lekkerjeuk

Jip. So gaan dit maar, en ons spring maar weer elke keer vol vertroue in ‘n verhouding in. Selfs donkies weet glo beter. Maar donkies weet seker nie van hoopvol wees nie.

8 10 2012
gerdajansen1

derde

8 10 2012
gerdajansen1

n mens is die domste wese op aarde.

8 10 2012
Olga

ek dink mens is heeltemal te egosentries van aard. Almal dink hulle kan ‘n ander mens by hook or rook verander. Die goeie na vore bring. Die ideale man / vrou in die ander mens uitbring.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: