Kom Koos

5 10 2012

Ek het al voorheen genoem dat ek nie ‘n voorstaander vir “goeie” tradisionele name is nie.  Ek kan seker ‘n boek skryf oor hoekom nie, maar een van die voorhandliggendste redes is dat daar baie ander mense met dieselfde naam kan wees.  Dit help nou nie juis om ‘n identiteit te vestig nie.  Ken jy vir Koos?

Aan wie het jy heel eerste gedink?  Dalk Koos de la Rey, wat volgens dr. Jackie Grobler, geskiedkundige van Tukkies, die grootste Afrikaner van alle tye was.  Jy sien dalk ‘n onverstrokke leier, of te wel die leeu van die Wes-Transvaal.

As jou wortels eerder in die kunste lê, dink jy dalk aan Koos du Plessis.  Swerwers sonder rigting, soekers wat nooit vind, maar hulle kan swart riviere volg om dalk ‘n brokkie son te vind.  Ek hoop nie die Koos se aanhangers het nou ‘n beroerte gekry vir my verdraaiing nie.

Daar is ook die beroemde, of is dit nou berugte Koos Kombuis.  Hy kan nie sy ma blameer vir sy naam nie, hy het dit immers self gekies.  Dalk toe hy ‘n bietjie te lank saam met Lisa gekuier het en die boemelaars se smaak verfyn het.

Geen verslag oor Koos sal volledig wees sonder Koos van der Merwe nie.  ‘n Bekende aan almal wat al ‘n Afrikaanse grap gehoor het.  Dit is seker nie sy skuld dat hy so beskaaf is dat hy in die apteek sal sluip om nie die slaappille wakker te maak nie.  Voorbeeld vir baie.

Daar was verseker ‘n Koos of drie saam met jou op skool.  Jy is dalk vandag nog met ‘n Koos bevriend.  Dan praat ons nie eers oor al die Kose wat soos hulle agterente ry nie.  Ja, Koos.  Wat sal ons sê.  Suid-Afrika kan seker nog ‘n paar dra.  Wees net versigtig om nie met ‘n ander een verwar te word nie.


Aksies

Information

3 responses

6 10 2012
lekkerjeuk

My een kinnertjie kon nie ‘n “k” uitspreek toe hy klein was nie. Dan roep hy die buurseuntjie heeltyd om te kom speel: “Pom Poos.”

7 10 2012
Olga

Ek is dol oor mooi name. Ongewone name. Ek dink dit is net my BB wie ‘n tradisionel naam het. Die ander se name het ek geknoei totdat dit vir my “mooi” was.

8 10 2012
charlene2714

Ek noem my arme oudste dogter Bob.

Hie hie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: