Afrika Leierskap

4 10 2012

Verskeie gesaghebbendes reken Suid-Afrika se probleem is ‘n gebrek aan leierskap.  Zuma is nie ‘n slegte leier nie, hy is doodeenvoudig nie ‘n leier nie.  Nou nie ‘n stand van sake waarmee mens rustig in die aande kan gaan slaap nie.  Hoewel, dit is ook nie juis iets nuut nie.

Dit is altyd half ironies hoe die leiers van die verlede altyd as vrome en opregte mense gesien word.  Kom ons wees blatant eerlik.  Selfs (of is dit veral) die VOC leiers wat die Kaap kom stig het, was tot in hulle laaste vesel korrup.  Hulle was daar om hulle eie sakke te vul en as ‘n mens vandag na Constantia kyk, was die Van der Stels meesters van korrupsie.  Iets wat baie mense heimlik weet, maar verkies om nie aan te dink nie.  Buitendien het die Britte van die VOC ontslae geraak en die Boere was net so verdruk gewees deur die VOC se amptenare. 

Dit is veral die Boere wat as die opregste van alle opregheid voorgehou word.  Die arme mens wat aan die een kant so besteel is van die Xhozas en aan die anderkant deur die Engelse verdruk was.  Dit was ‘n keuse van tussen ontplof of pak jou goed en trek.  Vir vredesonthalwe was daar getrek en die Voortrekkers het die lig deur donker Afrika versprei.  Mense sonder ‘n klad op hulle naam. 

Hoewel, mense sonder sonde bestaan nie op die aarde nie.  Ek het gister ‘n baie interessante artikel omtrent Piet Retief (die man) raakgeloop.  As ‘n oud-Pietie weet ek dat Piet Retief die Voortrekkers se leier was en dat hy die manifes geskryf het oor hoekom die Voortrekkers in die pad geval het. 

Wat ek nie geweet het nie, is dat Piet Retief ‘n geskiedenis van slegte skuld, lieg onder eed en onbetroubaarheid gehad het.  Hy het selfs sy vrou uit al haar geld bewimpel.  Skielik klink hy vir my baie soos ‘n sekere huidige president van Zuma.  Ek wonder net wat het die Voortrekkers besiel om van hom die leier te maak in Thaba ‘Nchu?  Sal nie weet nie, maar hy is beslis nie ‘n goeie voorbeeldige leier nie.  Dit is nou as die stukkie geskiedenis nie net ‘n goeie storie is nie. 

Dit bring my tot ‘n ander interessante artikel wat ek van ‘n Afrika leier gelees het.  Joyce Banda het president van Malawi geword nadat Bingu wa Mutharika die tydelike met die ewige verwissel het.  Sy het aangekondig dat haar en die visepresident se salarisse met 30% gesny gaan word.  Hulle gaan ook ‘n jet vir die kabinent verkoop, omdat dit ‘n verkwisting van geld is.  Dit is alles deel van ‘n program om die regering se uitgawes te verminder. 

Klink vir my na ‘n plek waar Zuma, sy maatjie Bob en die koning van Swaziland kan gaan aanklop vir lesse.

Breinvasbrand:  Wanneer het Piet Retief gesterf?

Breinlosbrand:  Gerda was reg met twee dae.


Aksies

Information

2 responses

4 10 2012
gerdajansen1

ek het eendag toegekyk hoe n paar uitlanders se bekke oopgehang het toe iemand aan hulle genoem het wat aanlyding tot die boere oorlog gegee het. leierskap in ons land suig omdat onbekwame mense die land lei. maar wie gee om? hulle is mos swart.

4 10 2012
Olga

Jy het in elk geval die regte kleur hande gekies, net daardie kleur mag moor, steel en op4k. By Joyce Banda gaan leer? Mensig, hulle sal haar ‘n les of twee kon leer. Dis dan so lekker om te gryp wat jou nie toekom nie. Dink wat jy van jou eie persoonlike huis sou kom maak as die staatskoffers tot jou beskikking was.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: