Dis my geld wat ek kan nalaat soos ek wil

1 10 2012

Ek het die naweek gelees hoe die appèlhof beslis het dat Daphne de Villiers van Stellenbosch se laaste wens kan bly soos dit is.  De Villiers se laaste wens was dat beurse aan blanke studente toegeken word wat oorsee hulle PhD in organiese chemie wil gaan doen.  Met die klem op blanke studente.  Sou die geld nie aan blanke studente mag gaan nie, moet die geld aan liefdadigheid gaan.  Ons praat hier van ‘n bedrag van R250 000 ‘n jaar. 

Die betrokke universiteite (US, UP, UVS en UK) is nie van plan om daardie geld af te skryf nie.  Terselfde tyd gaan dit teen hulle grein dat net blanke studente voordeel hieruit kan trek.  Dus het hulle die hof genader om die bepaling te verwyder.  En sover sukkel hulle nog daarmee.  Ek is seker die onderskeie prokureurs kyk alreeds na die grondwet hof en De Villiers se testament gaan nog lank vat om afgehandel te word. 

“All animals are equal, some are just more equal than others” het nog nooit vir my gewerk nie.  In ‘n ideale wêreld sal ras nêrens ‘n rol speel nie.  Beurse sou op meriete uitgedeel word aan die mees verdienstelike studente.  Velkleur behoort nie ‘n faktor te wees nie.  Feit is egter ons bly in Suid-Afrika, nie in Utopia.  Hoewel geen haan daarna sou kraai as De Villiers se testament net swart studente (of selfs indiër studente) bevoordeel het nie, is dit amper doodsonde dat net blanke studente bevoordeel kan word.  ‘n Blanke student moet op eie stoom vorder of vir die aalmoese bid. 

En dit is vir my onregverdig.  Toegegee, op een punt kon net blanke studente bevoordeel word, maar twee verkeerds het nog nooit in die lewe ‘n reg gemaak nie.  Mens is tog juis veronderstel om uit die foute van die verlede te leer om dit nie te herhaal nie.  Die les behoort te wees dat voortrek op grond van ras (en geslag) dom is.  Dit lei na onmin en haat.  Dit gaan lei dat meer en meer mense hulle eie gaan beskerm, wat op die einde tot ‘n verlies vir die hele gemeenskap gaan lei. 

So waar laat dit die gemiddelde redelike mens?  Sou meer mense De Villiers se sentimente deel (en die geld het vir hulle sentimente) gaan die voorheen benadeeldes sukkel.  Nie omdat daar nie swart geld is nie, wit geld is net meer vrylik beskikbaar.  Verder is daar vandag baie swart studente wat elke voordeel denkbaar vanaf geboorte geniet het.  Is dit regverdig om hulle die voordele van voorheen benadeel te laat geniet?  Tog moet ons ook erken dat die gemiddelde voorheen blanke skool, aansienlik (dramaties selfs) beter as die gemiddelde voorheen swart skool is?  Tot die dag dat die voorheen swart skool kwaliteit onderrig gee, gaan die leerders benadeel bly.  Dit bring net niemand iets in die sak om die blanke kind se kanse te ontneem nie. 

Catch 22?  Of tyd om velkleur vir eens en vir altyd af te skryf en die gemeenskap help om elke kind sy / haar droom te laat najaag?  Is dit ooit moontlik?

Breinvasbrand:  Wanneer is Martin Luther King Jr gebore?

Breinlosbrand:  Gerda was reg met hoogtes.


Aksies

Information

3 responses

1 10 2012
seegogga

Ek is bly dat die hof in die testament se guns beslis het, nie oor blank of nie-blank nie, maar dis so jou opskrif noem: Sy kan met haar eie geld maak soos sy wil. Indien nie, sou alle testamente in die toekoms waardeloos wees, want dan kan die hof besluit wat met die geld gemaak moet word. En as Swart studente deesdae deur beurse ens bevoordeel mag word, waarom nie ook wit studente nie? Wat my beterf het die universitieit klaar afskeid geneem van die geld. Hulle moes beter gedink het voordat hulle die gegewe perd so in die tande gekyk het.

1 10 2012
Olga

15 Jan 1929
Hulle sal erder al die geld in die boedel aan regskoste sien verlore gaan as dat ‘n wit mens daaruit voordeel trek. Die “POLITIES KORREKTEHEID” is regtig besig om ape van al wat mens is te maak. My Oumsie het buitendien geglo ” A FOOL AND HIS HER MONEY ARE EASILY PARTED” wat elke dag waarder blyk te wees. 4ken spul slapgattige drek.

1 10 2012
Jan Twak

Oor voorheen benadeel weet ek ook nie altyd lekker nie. Miskien kan ek my siening op ‘n baie eenvoudige manier illustreer:

Saartjie bly op ‘n verlate dorpie en weet nie wat is ‘n suigstokkie nie. Sy het dit nog nooit gehad of gesien nie, dus ook nie gemis nie.

Elize kom by die klein dorpie woon. Sy het tien suigstokkies wat sy met harde werk self gekook en gemaak het. Sy besluit om drie van die tien suigstokkies vir Saartjie te gee.

Saartjie is egter jaloers omdat Elize sewe suigstokkies het en sy net drie en voel sy is erg benadeel.

Die jackpot vraag: Is Saartjie werklik benadeel?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: