Dis nie ek nie

28 09 2012

Persoonlik dink ek dat perfeksionisme niks is om oor opgewonde te raak nie.  Of soos ons in ons beste slang sal sê:  perfeksionisme is overrated.  In my ervaring is perfeksioniste nie baie effektiewe mense nie.  Daar word hopeloos te veel tyd en aandag aan onbelangrike besonderhede vermors wat geen verskil aan die uitkoms gaan maak nie.  Dit gaan net die perfeksionis beter laat slaap. 

Ek is nie ‘n perfeksionis nie, allermins.  Ek hou daarvan dat my werk (doen en late) reg is, maar gaan nou nie ‘n halwe dag daaraan spandeer om al my t’s se strepies in te trek of seker te maak al my i’s het kolletjies nie.  Dit is waarskynlik reg (ek meen, wie trek nie dadelik die streep deur die t en sit die kolletjie, kappie ens waar dit hoort nie?) en daar is ander mense wat dit geniet om goed te politoer.  Ek is nie een van hulle nie.  Solank die beginsels en gevolgtrekking reg is, is die res – volgens my – net kosmeties. 

Nee, ek is nie ‘n perfeksionis nie.  Ek het bloot nie die tyd daarvoor nie.  Ek moet egter erken dat daar goed is wat die wit waks uit my kan irriteer.  Goed wat my mal kan maak as ek nie iets daaraan doen nie. 

Soos ys wat lukraak uit die bak geneem word.  Gate orals sonder dat daar ‘n defnitiewe simmetrie, patroon of orde is.  Dit maak nie sin nie en moet as sulks reggemaak word.  Ek kan daarmee lewe as my passasier hulle sitplekke in my kar skuif vir hulle gemak, maar dit pla my as ek alleen ry en die sitplekke het nie dieselfde hoek of afstand nie.  Die sonskerm moet ook toegevou wees as niemand anders dit gebruik nie. 

Kyk, daar is ‘n tyd om dinge te meng, maar dit strek nie tot DVD’s en CD’s nie.  Daar moet elke DVD en elke CD in hulle eie houer wees.  Ek haat dit om twee verskillende tipes te meng.  Ek meen, mens sit tog nie rooibostee en gewone tee in dieselfde houer nie?  Hoekom sal ‘n mens dan pennetjies meng?

Ek kan my hare uit my kop trek as iets wat reguit moet wees, nie reguit is nie.  Ek het nie regtig ‘n probleem met die toilet nie, maar die toiletpapierrol moet reg in die houer wees.  Die “los kant” moet voor die rol wees en nie agter teen die muur nie.  Verder is my plek, my plek en ek gaan omgesukkel wees as iemand dit vat.  En as iemand wat van beter moes weet hulle feite verkeerd kry – toemaar, kom ons los dit daar. 

Ek weet nie wat maak dit van my nie.  Dalk ‘n klein bietjie Obsessief, maar solank dit iemand nie skade doen nie . . .

Het jy sulke irritasies?  Dryf dit jou en / of ander mal?

Breinvasbrand:  In Pretty Woman, waarvoor was Edward bang?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Jeanna Giese. 


Aksies

Information

7 responses

28 09 2012
gerdajansen1

vir hoogtes. eerste.

28 09 2012
gerdajansen1

waslappe op die bad se rand teen did muur. sies. wat skuil alles daar?

28 09 2012
MaanKind

Goed wat skeef staan. of nie rég skeef nie…

29 09 2012
Toortsie

Ek dink ons het almal maar iewers ‘n “perfekte” streep, iets wat elkeen hou van moet reg wees. Ekself is maar baie deurmekaar, so die netjiese huis perfeksioniste sal horries in my huis kry, maar my werk, as ek dit doen, moet reg wees. NIEMAND werk op my rekenaarprogramme nie en al is die melksyfers 3 weke laat, werk NIEMAND steeds daarop nie. punt.

1 10 2012
Twilight

My man is ‘n perfeksionis en sy perfeksionisme dryf my soms teen die mure uit. Want as ek my boeke van groot na klein (beginnende onder, natuurlik) gerangskik het en hy herrangskik hulle in vier hopies van ewe groot boeke verspreid oor die hele tafel…. grrrr! Of hy maak hopies skottelgoed in die wasbak sonder om hulle summier in die skottelgoedwasser te pak – waar hulle hoort. Ens. ens.

2 10 2012
charlene2714

Ek is die baas van OCD.

My kinders (Thilo se oudste) LOVE dit om – wanneer ek in die omtrek is – die toiletpapier te gaan omruil sodat die los gedeelte (soos voorgeskryf deur etiket) NIE bo-oor hang nie. Hulle weet dit maak my gek! Wanneer ek by enige plek na enige toilet toe moet gaan en dit hang nie reg nie, help ek hulle graag reg. Is dit kompulsie? Is dit obesessief? ABSOLUUT!

Soms create ek vir myself so ‘n klein bietjie chaos. Byvoorbeeld, my tafels, banke en stoele moet simmetries presies wees, maar die boeke in die rak kan maar effe deurmekaar staan.

As ek by dag twee nog daarmee kan saamleef dan weet ek ek gaan dit maak 😉

2 10 2012
colourmecrazee

ek is most definitely erg so – en het ook ocd. ek dink ek dryf maar die ander teen ‘n muur op, maar ek moet se – ek is nou amper 3 jaar getroud en my man het nogal baie soos ek geword … he he. ek dink dis vir hom lekker dat goed netjies skoon en op hulle plek is.

maar as ek overwhelmed is en over-sensitised is, dan skop die ocd erg in – my man weet dadelik as iets my pla of dinge te veel is … hy kyk net wat ek doen in die huis. 🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: