Hondsdolheid

27 09 2012

Kyk daar is siektes en siektes.  ‘n Paar wat jy so in die verbygang optel en verloor sonder om jou testament na te gaan.  Daar is die waarvan mens met respek praat, innig bid dat jy nooit ‘n slagoffer word nie, maar as dit jou tref, is dit maar die verloop van die lewe.  Jy probeer jou bes, maar een dood is ons almal skuldig.  Dan is daar die siektes wat die blote gedagte ‘n mens laat gril en waarvan jy hard probeer om nie prentjies te sien nie.  ‘n Voorbeeld daarvan is hondsdolheid, wat natuurlik nie net honde tref nie. 

Dit klink half verkeerd dat ‘n mens hondsdolheid kan kry.  Tog sterf tot 55 000 mense ‘n jaar aan die siekte en amper die helfte van die sterftes kom van Afrika.  Dit is beslis nie een van die maklikste dode wat ‘n mens kan hê nie. 

Die siekte is deel van die Rhabdo familie virusse.  Dit word gewoonlik deur die speeksel van ‘n besmette warmbloedige organisme oorgedra na ‘n ander warm bloedige organisme.  Soos wanneer jy die oulike meerkatjie se koppie wil krap en die mal ding byt jou.  Of die simpel hond lek die wond op hand.  Alles natuurlik net van toepassing as die dier binne ‘n paar dae mal is of iewers stokstyf bene in die lug gevind word. 

Hondsdolheid kan wel in ‘n groot mate voorkom word deur troeteldiere daarteen in te ent.  Sover my kennis strek moet honde en katte elke 3 jaar ingeënt word in Suid-Afrika en jaarliks in die gebiede wat ‘n hoë voorkoms van hondsdolheid het.  Dit beskerm die diere teen moontlike infeksie, veral omdat mens hulle nie kan oortuig om van diere wat vreemd optree weg te bly nie. 

Mense word gewoonlik beskerm deur ‘n bietjie verstand te gebruik wanneer hulle met diere omgaan.  Diere, selfs geliefde troeteldiere, wat skielike gedragsveranderinge ondergaan moet nie hanteer word nie.  Dit is gewoonlik ‘n skielike aggressie, maar nie noodwendig nie.  Sou iemand deur ‘n dier gebyt of gelyk word, wat dalk hondsdolheid het, moet enige oop wonde vir 10 – 15 minute met seep en warm water gewas word.  Mense moet binne die eerste 10 dae van moontlike infeksie met die entmiddel behandel word.  Die oomblik wat die simptome ontwikkel, is dit gewoonlik verby. 

Die virus wys gewoonlik eers griepagtige simptome, maar dit word binne dae opgevolg met angs, verlamming, verwarring, slapeloosheid, irritasie, paranoia en lei dan op die einde na malheid.  Baie mense (en diere) raak ook bang vir water en dus word die siekte dikwels na verwys as hidrophobia.

Daar is wel mense wat Hondsdolheid oorleef het en agterna die storie kon vertel.  Die behandeling staan bekend as die Milwaukee Protokol.  Dit is omtrent 8 % effektief.  Mense wat hondsdolheid opdoen word hiervolgens in ‘n koma geplaas en dan met verskeie middels behandel.  Die idee is dat die skade aan die brein tydelik is, en ter syde gestel kan word as brein funksie tydelik gestop kan word. 

Voorkoming bly egter nog steeds beter as genesing.

Breinvasbrand:  Wie was die eerste mens wat in 2005 hondsdolheid oorleef het en wie se behandeling gelei het tot die ontstaan van die Milwaukee protokol? 

Breinlosbrand:  JWW was reg met Prime Circle.


Aksies

Information

10 responses

27 09 2012
Olga

EERSTE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

27 09 2012
Olga

Jeanna Giese

Tog vee die staats veeartse hulle gatte af aan versoeke vir die entstof. Die donner wie in Graskop gespuit het wou nie entstof gee sodat ons self kan spuit nie, hy het gesê hy gaan omkom en die diere kon spuit. Dit was Maandag. Ja, die vakansiedag Maandag. Nou nog nie hier uitgekom nie.

27 09 2012
MaanKind

Dis een van daardie goed wat mens net van hoor, maar niemand ken wat dit gehad het nie.

27 09 2012
gerdajansen1

ek bid en hoop om niemand te ken wat dit gehad het nie.

27 09 2012
Xena Phoenix

Ek het op skool iemand geken wat deur ‘n hondsdol hond gebyt is. Sy moes vir 18 dae elke dag ‘n inspuiting kry en sy het toe gelukkig nie siek geword nie.

28 09 2012
vecksy1

Toets 1 2 3

30 09 2012
brieweuitdievreemde

Giese, was die meisie se naam wat in 2005 hondsdolheid oorleef het.

30 09 2012
brieweuitdievreemde

PS: Ek het gedink meerkaaie is almal draers van die virus, al toon hulle nie self simptome nie… het ek iets gemis? Ook gewonder hoe lank na die simptome ontwikkel (in ‘n mens) tree die dood in? Wonder of iemand kan help? (Die prentjie van die hond by die wikipedia inskrywing oor ‘Rabies’ is nogal grim.)

1 10 2013
djd88

hondsdolsheid ek het ‘n twee vriende wie se naam dadowayn veloen is wat die siekte oorleef het gerald swartbooi het dit egterr nie gemaak nie

1 10 2013
tokkie270

hondsdolheid-hy was my beste vriend toe loop ons saam in die pad toe byt n hondsdolheid hond vir-hoe weet ek dit?…ek het die simptome gesien en gemaak laat ek wegkom maar my beste vriend het dit nie gemaak nie.skuim het by sy bek uit gekom en hy het in sy broek gepis en sy laaste woorde aan my was…wek dood dado ek dood dado ek dood dado

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: